Menu terloops
In Gons [11 Mar 2024]

Kyk nou: Adrenalien pomp in lokprent vir Deon Meyer se ‘Heart of the Hunter’


Een man. Een missie. Een teiken. Dis aksie-satisfaksie al die pad in die lokprent vir die plaaslike fliek, ‘Heart of the Hunter’, wat op die bekroonde skrywer Deon Meyer se gelyknamige boek gegrond is.

Kyk nou: Adrenalien pomp in lokprent vir Deon Meyer se ‘Heart of the Hunter’
Kyk lokprent

Verlede jaar het Deon Meyer se topverkoperboek Devil’s Peak sy weg na die kleinkassie gevind en later vandeesmaand maak kykNET se Plan B, wat op van Meyer se vroeë karakters gegrond is, asook Netflix se fliekweergawe van Heart of the Hunter sy debuut. 

Uit die lokprent, ons eerste kykie na dié fliek met die span van Scene 23 as vervaardigers aan die stuur, dui als daarop dat dié ’n adrenalienbelaaide vertelling is wat Meyer se boek gestand doen. 

Die storie volg ene Zuko Khumalo (Bonko Khoza), ’n familieman wat eintlik ’n hele paar geraamtes in die kas wegsteek. Maar nes hy dink hy kan ’n rustige lewe met sy gesin lei, kom klop die verlede aan sy deur en dié voormalige sluipmoordenaar moet een laaste missie onderneem. Maar dis nie net sy familie se veiligheid op die spel as hy nie in sy taak slaag nie – ook Suid-Afrika se demokrasie kan finaal in duie stort… Die bad guys gaan egter gou wens hulle het nie Zuko se dodelikheid onderskat nie.

Onder die rolverdeling tel skermlegendes soos Connie Ferguson, Milan Murray, Deon Coetzee en Masasa Mbangeni. Ook met Tim Theron, Sisanda Henna, Peter Butler en Connie Chiume. Die regie is deur Mandla Dube met Meyer wat as uitvoerende vervaardiger leiding gee. Meyer het ook die draaiboek, tesame met Willem Grobler, geskryf. 


Heart of the Hunter is vanaf 29 Maart 2024 op Netflix beskikbaar om te stroom.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies