Menu terloops
In Recaps & Resensies [28 Mar 2022]

‘Halo’-videospeletjie nou ’n TV-reeks…maar kykers gaan moet kophou


‘Halo’ hoop om die eerste Xbox-videospeletjiereeks te word wat ’n suksesvolle sprong na televisie maak.

Deur André-Pierre du Plessis

Kyk nou

‘Halo’-videospeletjie nou ’n TV-reeks…maar kykers gaan moet kophou
Kyk lokprent

Sedert die begin van die Halo-videospeletjiereeks met Halo: Combat Evolved in 2001 het dit van krag tot krag gegaan.

Dis egter ’n amperse wonderwerk dat die herverwerking van die videospeletjiereeks Halo uiteindelik vrygestel is. Planne vir die TV-weergawe is immers reeds in 2013 aangekondig. In die nagenoeg dekade wat intussen verloop het, het verskeie regisseurs, skrywers en showrunners by die projek aangesluit, net om later te onttrek.

Diesnieteenstaande, dit is nou hier. For better or for worse. 

Uit die staanspoor is die verskil tussen die oorspronklike narratief en die TV-vertelling duidelik. Die storie speel af in sy eie tydlyn en bestee tyd om konteks vir dié sterrestelsel in die 26ste eeu te skep.

Op die planeet Madrigal, ’n woestynwêreld in die grootse ruim, veg mense vir onafhanklikheid van die Aarde en die regerende United Nations Space Command (UNSC). Maar dan word die planeet en sy rebelle deur ’n uitheemse mag bekend as die Covenant binnegeval. Die UNSC se supersoldate, die Spartans, daag té laat op. Hoof van die Spartans, Master Chief, en sy troepe wis wel die drie meter lange moordende monsters uit… Maar nie vinnig genoeg nie. Daar is slegs een oorlewende: ’n tienermeisie, Kwan Ha (vertolk deur die 21-jarige Yerin Ha). Sy word egter gevangene geneem, pas nadat sy almal en alles verloor het.

Wie is Master Chief nou eintlik?

Pablo Schreiber as Master Chief, Halo Season 1, streaming on Paramount+ 2022. Photo credit: Paramount+
Pablo Schreiber as Master Chief in Halo. Foto: Paramount+

Kort-kort word ons herinner dat Master Chief die hoofkarakter van beide die TV- en speletjie-uittogte is met tonele wat uit die perspektief van dié soldaat uitgebeeld word. Die eerstepersoon-formaat van die speletjie – en die tonele in die TV-reeks wat só uitgebeeld word – onderskraag ook dat Master Chief (hier vertolk deur Pablo Schreiber) meer as net ’n karakter is.

Master Chief, óftewel sy perspektief, is ook een wyse waarop die storie aangedryf word. Dit laat jou voel asof jy besig is om een van die Halo-speletjies te speel. Boonop laat dit die storie toe om tussen ’n eerste- en derdepersoonsverteller te spring.

Ook – anders as in die videospeletjie, waar jy nooit Master Chief se gesig sien nie, haal hy reeds in die eerste episode sy wapenrusting af. Die onthulling? Hy is ook maar net ’n mens; sy naam is John-117. ’n Groot deel van die reeks word daaraan gewy om ’n beter begrip van sy kinderjare te skep, asook ’n verduideliking van hoe hy die 117de Spartan geword het.

Natascha McElhone (onthou jy Californication?) vertolk die rol van dr. Catherine Halsey, ’n wetenskaplike wat die hele Spartan-program namens die UNSC begin het. Reeds in die eerste episode ontdek jy dat daar ’n tipe replika van haar in haar kantoor is (baie vreemd). Wat hierdie tweede weergawe van haarself beteken, vind ’n mens eers later uit. Dít is net een van tientalle verskuilde elemente in die eerste episode wat later dividende lewer.

Halsey het direkte kontak met haar span Spartans. Terwyl hulle op Madrigal is, sien sy iets deur ’n kamera op Master Chief se wapenrusting wat sy met geen van haar owerstes deel nie. Hy ontdek ’n tipe metaalvormige gedoente in ’n grot. As hy daaraan raak, kry alles rondom hom ’n blou-lig energie (dis dan natuurlik die halo van die titel).

Jen Taylor as Cortana in Halo Season 1, streaming on Paramount+ 2022. Photo credit: Paramount+
Jen Taylor as Cortana in Halo. Foto: Paramount+

In die Xbox-weergawe van Halo is daar ook ’n alomteenwoordige stem genaamd Cortana wat jou help om jou weg bo-oor en rondom verskillende halos te vind. In die televisiereeks word ons egter aan ’n regte mens voorgestel, ook met die naam Cortana (vertolk deur Jen Taylor). Of sy wel alleenlik die rol van ’n virtuele assistant gaan vertolk (soos in die speletjie) vind ’n mens eers later uit.

Groot verwagtinge

In Amerika is daar groot verwagtinge rondom wat Halo verteenwoordig vir ’n nuwe generasie van stroomdienste. Dis die jongste oorspronklike reeks op Paramount+, wat besig is om ’n noemenswaardige mededinger vir Netflix in Amerika te word.

Tydens die onlangse SXSW-fees in Texas was meeste van opwinding gefokus op honderde hommeltuie wat in die droeë lug bo Austin Halo uitgespel het. Meeste mense wat by hul vensters uitgekyk het, het nie heeltemal verstaan waarna hulle kyk nie.

Ek dink meeste mense wat Halo vir die eerste keer in televisievorm ontdek, sal waarskynlik dieselfde reaksie hê. Dus, verwardheid is jou voorland as jy nie met die videospeletjie vertroud is nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies