Menu terloops
In Gons [23 Aug 2024]

En toe gebeur die ondenkbare in ‘Diepe Waters’: Gys en Zelda. Verlief.


Nee, jou oë lieg NIE vir jou nie… ‘Diepe Waters’ se aartsvyande het toe inderdaad liefde gevind… by mekaar!

En toe gebeur die ondenkbare in ‘Diepe Waters’: Gys en Zelda. Verlief.

In gisteraand se episode van Diepe Waters het Gys en Zelda, wat vanaf die begin van die reeks vyande is, hul liefde aan mekaar verklaar. Dít nadat hulle al meer as 48 uur saam in ’n hysbak vasgekeer is, met die wete dat hulle moontlik dit nie gaan oorleef nie.

Vroeër vanjaar het kykers van Diepe Waters uitgevind Gys (Justin Strydom) is die pa van Zelda (Sandi Schultz) se dogter, Pam (Tracey-Lee Oliver), en dat hulle ’n verlede het wat lang skaduwees oor die hede gooi. Daar steek dus veel meer as net ’n botsing van persoonlikhede agter die vyandigheid tussen hulle.

Gys en Zelda het egter saam aan ’n projek begin werk en meer oor hulle verlede begin praat. En toe word hulle saam in ’n hysbak vasgekeer en daar vind boonop ’n ontploffing plaas. Met die ingewikkelde reddingspoging wat volg, begin beide vrees vir hulle lewe. En toe maak hulle harte oop, en Gys erken dat hy nog altyd lief vir Zelda was.

Kan hierdie twee vyande die strydbyl begrawe en hulle liefde weer laat blom? Ou liefdes roes mos nie…

Wat dink Justin en Sandi van dié verwikkeling?

Diepe Waters, Gys en Zelda
Saam in die ding… Foto: Skermgreep

“Ek dink ou liefde roes dalk nie, maar dit kan wel verander,” sê Justin. “Dit bly altyd deel van jou, en die herinneringe en gevoelens kan verweer, maar dit bly altyd iewers binne jou.”

“Eerste liefdes het altyd ’n deel van jou hart,” sê Sandi op haar beurt.

Diepe waters is nie die eerste reeks waarin Justin en Sandi tenoor mekaar speel nie.

“Ek en Justin ken mekaar sedert 2005 toe ons saam in Binnelanders was,” sê Sandi.

“Ons is baie gemaklik met mekaar. Ek hou van die feit dat hy, soos ek, totaal verbind is daartoe om die storie te vertel en dat ons soveel pret het deur dit te doen.”

“Ek geniet die dinamiek en vonk tussen ons karakters,” sê Justin.

“Sandi bring iets besonders na die tafel, en dit is altyd ’n plesier om saam met haar op stel te wees. Haar professionele houding en diepte in haar vertolkings maak elke toneel ’n avontuur.”

Hoe lyk die toekoms vir Gys en Zelda?

“Dis altyd moeilik om te sê, want in die wêreld van telenovelas kan enigiets gebeur,” sê Justin.

“Gys en Zelda het al baie deurgemaak, en dit lyk of daar nog baie uitdagings voorlê. Die toekoms hou beslis interessante wendinge vir albei in.”

“Mens kan net hoop dat hulle ewige geluk vind, maar net tyd sal leer,” sê Sandi.

Diepe Waters
Iets sê vir my daar gaan meer van hierdie soene in hul toekoms wees… Foto: Skermgreep

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies