Menu terloops
In Gons [1 Okt 2024]

Hou dié 5 ‘Diepe Waters’-storielyne in Oktober dop


Oktober bring groot uitdagings in ‘Diepe Waters’ – van donker wraakplanne tot emosionele oomblikke wat die karakters se verhoudings en toekoms toets.

Hou dié 5 ‘Diepe Waters’-storielyne in Oktober dop

Die lewens van die Swartmarlyne en hul geliefdes is in Oktober vol drama en onverwagte wendings. Hou hierdie Diepe Waters-storielyne dop.

1

Theresa word deur iemand uit haar verlede geteister, en Jacques is bereid om enigiets te doen om haar te beskerm. 

2

Charity se verhouding met Shane word op die proef gestel. En nie hoe nie!

3

’n Geheimsinnige besoeker daag by die Swartmarlyne op, en dit veroorsaak groot onsekerheid.

4

Die spanning neem toe tussen Lucas en Rene oor sy toekoms. Gys deel dan ’ opwindende aanbod wat skielik gestuit word deur onverwagte hindernisse. 

5

Sanet stoei met haar verdriet oor Wim se dood en haar geheueverlies, terwyl sy probeer om haar lewe weer op koers te kry. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies