Menu terloops
In Wat om te kyk [29 Sep 2024]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Oktober 2024


Gaan Tracy dinge met haar ma uitsorteer? En wie speel kamma-verloofdes? Dít en nog meer wag vir ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand. Hier is jou kykgids vir Oktober.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Oktober 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Dinsdag, 1 Oktober 

Elise sukkel om Uys en Annetjie se emosies te hanteer, en LJ gee vir Conrad goeie raad. Tertius wil hê Tracy en haar ma moet dinge uitsorteer.

Woensdag, 2 Oktober 

Tracy verspeel haar kans om spoke uit die verlede ter ruste te lê. Elise begaan ’n enorme fout – al is dit met goeie bedoelings. Conrad gee vir Delia die groot aand wat sy nooit gehad het nie.

Donderdag, 3 Oktober 

Elise skarrel om ’n plan met ’n kat te beraam, en Conrad en Delia is hoogs verlief. Thalia kan nie uitgepraat raak oor haar matriekafskeid nie, en Tracy is bekommerd oor haar ma.

Vrydag, 4 Oktober 

Tertius is moeg vir Tracy se hardkoppigheid, en neem sake in eie hande. Uys vind uit wat sy hooikoors veroorsaak. Annetjie sien iets wat ongemaklikheid tussen haar en Delia veroorsaak.

Maandag, 7 Oktober 

Annetjie vind Uys se optrede baie vreemd en maak die verkeerde afleiding. Lukas waarsku Delia oor haar verhouding met Conrad, en Tertius kry skokkende nuus oor Rentia se verlede.

Dinsdag, 8 Oktober 

Elise onderskep ’n poskaart van Karen, en dit beland in Annetjie se hande. Conrad en Deli

Woensdag 9 Oktober 

Elise besluit dit is tyd dat Annetjie en Dricus mekaar ontmoet. Tertius vra Lukas om hom te help, en Tracy hoor interessante nuus. 

Donderdag, 10 Oktober 

Tracy neem ’n besluit wat teen Tertius se grein gaan. Delia moet walgooi wanneer nóg ’n groot besluit voorgestel word. Elise is dankbaar dat beide haar vriende se harte weer heel is. 

Vrydag, 11 Oktober 

Joe voel vir ’n pasiënt wat aangerand is, en Sally verwar Ella met Marissa. Tracy is kwaad vir Tertius, en Uys vryf Nicolette verkeerd op. 

Maandag, 14 Oktober 

Uys voel skuldig wanneer hy uitvind Nicolette se ouma is siek. Sally weier om te aanvaar Ella is nié Marissa nie. Max voel hy moet Joe harder druk – maar Joe is nie seker of hy ’n chirurg wil word nie. 

Dinsdag, 15  Oktober 

Tracy gee Tertius al sy dae met haar bekommernis oor Leah se olikheid. Nicolette byt Uys se kop af as hy na haar probeer uitreik, en Sally plaas nog meer druk op Ella.

Woensdag, 16 Oktober 

Ella vind meer uit oor Sally se verlede, en Nicolette soek desperaat na ’n man wie sy as haar verloofde kan voorstel. Tracy is steeds oortuig dat Leah iets makeer.

Donderdag, 17 Oktober 

Tracy probeer uitvind of Leah by Kristien kan oorbly, en Uys stem in om Nicolette te help. Ella wil haar suster se briewe lees.

Vrydag, 18 Oktober 

Ella is onseker oor Yvonne se voorstel, maar besluit om tog met Sally te ontmoet. Uys geniet sy nuwe rol as “verloofde”, en Tracy sukkel met Leah, maar weier om vir Tertius te sê.

Maandag, 21 Oktober 

Tracy is al meer desperaat om ’n oplossing rakende Leah te kry, en Nicolette is onrustig oor Uys se volgende uitstappie saam met haar pa. Ella kry goeie raad by Delia, maar LJ is geskok wanneer hy besef waarmee sy tannie besig is.

Dinsdag, 22 Oktober 

Delia vryf Tracy verkeerd op. Uys sê iets wat Tertius aan die dink sit. Nicolette raak al dieper in die skuld by Uys, en Ella maak amper ’n fout.

Woensdag, 23 Oktober 

Tertius toets die waters oor rolspel met Tracy. Die plan om voor te gee Uys is Nicolette se verloofde, neem ’n verrassende wending. Joe kom met ’n voorstel na Ella.

Donderdag, 24 Oktober 

’n Woedende Yvonne dwing Joe om sy planne te laat vaar, en Nicolette en Uys sukkel om hulle vriende te oortuig. Tracy en Tertius probeer die liefdesvure stook.

Vrydag, 25 Oktober 

Conrad is woedend as Delia hom van Sally vertel, en Nicolette is nie seker wat haar broer dink nie. Tertius en Tracy maak nog ’n afspraak.

Maandag, 28 Oktober 

Louis begin die penarie geniet en maak ’n voorstel wat Nicolette dwars in die krop steek. Nuwe verwikkelinge, wat LJ betrek, stoot Ella tot op breekpunt. Thalia kom tot ’n skokbesef oor Tracy.

Dinsdag, 29 Oktober 

Thalia kry nog bewyse oor Tracy, en Bonnie is opgewonde oor die nuwe suster wat by Binneland gaan werk. Louis geniet Uys en Nicolette se ‘verlowing’ al hoe meer. Ella voel sy begin al meer kop verloor.

Woensdag, 30 Oktober 

Iemand uit Uys se verlede daag op, Thalia kry die kat aan die stert beet, en kan nie verstaan hoekom LJ haar ignoreer nie. Ella wil dinge tot ’n punt laat kom, maar dan loop iets lelik skeef.

Donderdag, 31 Oktober 

Kaptein Olivier se lewe hang aan ’n draadjie. Ella maak seker Sally kry ’n duidelike boodskap, en Tertius en Tracy se rolspel neem ’n onverwagse wending.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies