Menu terloops
In Gons [18 Sep 2024]

Pasgetroud! Pragfoto’s van Elana en Susan se spesiale dag op ‘Suidooster’


Elana en Susan se verhouding op ‘Suidooster’ het ons soms laat voel asof ons op ’n helse tuimeltreinrit is… Dan’s dit op en dan’s dit af; van brandwarm na yskoud en als tussenin. Maar dit blyk dié twee se liefde het wraggies al dáái shenanigans oorwin. Kyk saam na Gys Loubser se pragfoto’s van dié karakters se troue.

Kyk nou 'Suidooster'

Pasgetroud! Pragfoto’s van Elana en Susan se spesiale dag op ‘Suidooster’

Die Suidooster-karkaters, Elana (Esther von Waltsleben) en Susan (Natasha van der Merwe), het wéér ewig trou aan mekaar beloof. Om jou geheue te verfris: Die twee was jare terug getroud en na Ruiterbosch verhuis om ’n kuierplek, Die Anker, oop te maak. Maar toe het Susan vir Elana met Justin (Eden Classens) verneuk. Susan en Justin was vir ’n ruk saam voordat hulle besluit het om eerder net vriende en sakevennote te wees as mede-eienaars van Radio Dassie.

Maar Susan en Elana het nog altyd ’n magnetiese aantrekkingskrag gehad en het uiteindelik weer liefde by mekaar gevind. En nou staan hulle saam voor die kansel!

Al die foto’s is deur Gys Loubser geneem.

Die bruide

Dit was ’n besonderse troue gewees, so reg in Elana en Susan se styl. Die Kaapse mode-ontwerper Adri Andrews het Elana en Susan se trouklere ontwerp.

Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster

Die dekor

Die troue het ’n cowboy-tema gehad en ’n spesiale stel is by Atlantic Studios, die tuiste van Suidooster, daarvoor gebou.

Die gaste

Spesiale gaste in dié episode het Elana se ma, Nelia (Joanie Combrinck), en Susan se suster, Linda (Melissa Willering), ingesluit. Mrs J (Theresa Sedras), wat onlangs na Tulbagh verhuis het, het ook ’n draai kom maak. 

Suidooster
Suidooster

Agter die skerms

Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster
Suidooster

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies