Menu terloops
In Gons [30 Sep 2024]

‘Diepe Waters’: Derde seisoen begin en twee nuwe akteurs sluit aan


Seisoen drie van die gewilde kykNET-telenovela ‘Diepe Waters’ begin vandag (Maandag, 30 September 2024), en in die nuwe seisoen ontmoet ons vir die ma en seun, René en Lucas. 

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’: Derde seisoen begin en twee nuwe akteurs sluit aan

Een is geen vreemdeling wanneer dit by TV-reekse kom nie en die ander is ’n jong man met ’n inspirerende lewensverhaal, en vandeesweek maak Marijke Coetser en Caleb Swanepoel hulle buiging as deel van Diepe Waters se permanente rolverdeling as René en Lucas, ’n ma en seun. 

Diepe Waters
Caleb Swanepoel en Marijke Coetser se karakters in Diepe Waters is as ma en seun, René en Lucas. Foto: Verskaf

Marijke is veral bekend vir haar rol as Maryke in Getroud met rugby. Caleb, wat in 2015 sy been in ’n haai-aanvaal verloor het, het al alles van Shakespeare op die verhoog tot romantiese flieks gedoen. 

Hulle vertel ons meer oor wat ons van hul karakters kan verwag. 

Marijke, vertel ons meer van René. 

“René is ’n enkelma en haar hele lewe draai om haar seun. Sy het baie seergekry toe sy in haar twintigs was en loop met ’n groot geheim rond. Sy is ’n sterk vrou, is fiks en lewe gesond. Sy wy haar lewe aan haar seun, Lucas, se swemloopbaan. René wil net die beste vir hom hê. Sy is hardwerkend en het ’n sagte hart, maar sy laat nie sommer iemand te na aan haar toe nie.” 

Diepe Waters
Marijke Coetser as René in Diepe Waters se derde seisoen. Foto: Verskaf

Caleb, jy het al Shakespeare op die verhoog gedoen, in flieks gespeel en nou ’n telenovela. Wat geniet jy die meeste van hierdie nuwe hoofstuk in jou lewe? 

“Dis baie opwindend om deel van hierdie rolverdeling en storielyn  te wees. Só ook om vir die eerste keer deel van ’n langformaat-reeks te wees. Om in Johannesburg te woon, is ook vir my ’n nuwe ervaring, aangesien ek nog altyd in die Wes-Kaap gewoon het.”

Diepe Waters
Caleb Swanepoel as Lucas. Foto: Verskaf

Marijke, waarna het jy die meeste verlang om voor die kamera te wees? 

“Om in ’n nuwe, uitdagende karakter te klim en om deel te wees van ’n familie by die werk. Om amper elke dag te kan speel en my passie uit te leef, om te groei in ’n nuwe karakter en lewe daarin te blaas, is iets waarna ek gesmag het.”

Caleb, jy is Engelssprekend, hoe jy voorberei om Lucas te speel?

“Ja, ek is Engelssprekend, maar ek het in Prins Albert grootgeword. Ek was in Afrikaanse skole en het heelwat Afrikaanse vriende. Om voor te berei, het ek baie met hulle in Afrikaans gepraat en ook baie Afrikaanse reekse en flieks gekyk. Die spelers en span agter die kameras, het my baie gehelp om my voete te vind. Nou praat ek elke dag Afrikaans en dis ’n baie goeie ervaring. Ek leer elke dag nuwe woorde.”

Vertel ons meer van Lucas. 

“Hy is 21 jaar oud, ’n talentvolle swemmer en kom van Durban. Maar hy en sy ma trek Johannesburg toe sodat hy sy rehablitasie daar kan doen ná ’n traumatiese gebeurtenis. Sy pa is dood toe Lucas nog baie jonk was… Altans, dít is wat sy ma vir hom vertel. 

Caleb, wat is jou lewensleuse? 

“Bly nuuskierig. Dit laat jou vrae vra en na antwoorde soek. Ook om dag vir dag te lewe. Dit is iets waarmee ek soms kan sukkel, maar ek probeer fokus op die hier en nou.”

Diepe Waters
Glimlagte agter die skerms. Foto: Verskaf

Marijke, wat geniet jy die meeste om saam met Caleb te werk? 

“Om daardie oomblikke saam met hom te vind; daardie oomblikke wat elke toneel lewe gee en spesiaal maak. Ons kom baie goed oor die weg en dis so lekker om saam met Caleb in ons karakters te groei en dit met so ’n fantastiese storielyn. Dis ongelooflik. Ons is gemaklik met mekaar en het ’n band gevorm wat ons help om teenoor mekaar te speel en die storie te vertel.” 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies