Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Sep 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Oktober 2024


Geheime is volop onder ons gunsteling-karakters in ‘Suidooster’ hierdie maand… Boonop word Ruiterbosch deur onheil (teen ’n stink spoed) getref… Kykers kan na dít en nog (baie) meer drama in Oktober uitsien. Hier is ons kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir Oktober 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Dinsdag, 1 Oktober 

Riaan besef hy was dalk weer verkeerd gewees oor Imelda. Kate is geskok oor Siya se sexy foto, terwyl Wade uiteindelik eerlik met Angie oor sy gevoelens is. 

Woensdag, 2 Oktober 

Wade en Zoë is seker oor wat hulle wil hê, maar gaan die res van Ruiterbosch dit aanvaar? Gary en Riaan het elk hul eie probleme met Imelda, terwyl ’n geheuestokkie met Siya se oefenfoto’s soek raak…

Donderdag, 3 Oktober 

Riaan is steeds agterdogtig. Zoë probeer na Angie uitreik, terwyl Siya koorsagtig op soek is na die geheuestokkie met die foto’s op. 

Vrydag, 4 Oktober 

Angie bly Zoë se knoppies druk. Imelda doen iets wat Riaan en die hele JPD-span onkant vang. Gary beland in ’n lewensgevaarlike situasie.

Maandag, 7 Oktober 

Aiden probeer uitpluis waar sy broer kan wees. Bridgette gryp in as Angie vir Zoë konfronteer en die kerk se kalender is onverwags ’n treffer. 

Dinsdag, 8 Oktober 

Aiden en Riaan is op Imelda se spoor, terwyl Wade en Lee-Ann oor Zoë vassit. Gary is desperaat en doen iets drasties. 

Woensdag 9 Oktober 

Zoë word gedwing om vir Wade van haar verhouding met Nazeem te vertel. Kaashifa gee vir Riaan ’n leidraad as Imelda inderhaas uit Ruiterbosch wil padgee. 

Donderdag, 10 Oktober 

Imelda se ware kleure wys, maar Kaashifa verdedig haar. Nazeem gee vir Carlo ’n plan om Bridgette se tuin te red. Siya is verras oor Brendan se nuwe vriend. 

Vrydag, 11 Oktober 

Nazeem se woorde veroorsaak moeilikheid tussen Zoë en Wade. Kaashifa kry ’n gulde geleentheid, maar kom dan voor ’n struikelblok te staan. Susan en Siya wil vir Mo help, maar gaan sy dit aanvaar? 

Maandag, 14 Oktober 

Bridgette klap die sweep by JPD. Zoë is bekommerd omdat Wade haar nog nie gekontak het nie. Mymoena plant ’n saadjie in Kaashifa se kop. 

Dinsdag, 15  Oktober 

Susan probeer vir Siya oor Mo gerusstel, terwyl Rhafiek se verlede aan hom knaag. Die Jacobse staar hartseer, spanning, leidrade en teleurstellings in die gesig. 

Woensdag, 16 Oktober 

Riaan kom deel skokkende nuus met die Jacobs-familie. Rhafiek gaan oorboord met Kaashifa en Mo laat die kat uiteindelik uit die sak. 

SUIDOOSTER
Aijaijai, geliewe Wade… Foto: Skermgreep

Donderdag, 17 Oktober 

Onheil tref Ruiterbosch en die Jacobse se wêreld stort in duie. Die Samsodiens kry groot nuus, terwyl Siya en Susan probeer om vir Mo te help. 

Vrydag, 18 Oktober 

Siya en Susan het goeie nuus vir Mo. Bridgette is vasberade om agter die kap van die byl te kom, terwyl Rhafiek instaan vir Mymoena, en Kaashifa help met Mufti Badr se ete. 

Maandag, 21 Oktober 

Bridgette en Lee-Ann soek leidrade. Kaashifa se idee om ’n nuwe restaurant oop te maak vat weer vlam, terwyl Mo daarop aandring om Siya se kaste reg te pak. 

Dinsdag, 22 Oktober 

Lee-Ann steek iets vir haar familie weg. Siya neem ’n moeilike besluit om Mo te ondersteun, terwyl Kaashifa ’n onverwagse aanbod kry. 

Woensdag, 23 Oktober 

Mo hoop hulle sal haar tannie kan opspoor, terwyl Kaashifa iets vir Rhafiek en Mymoena wegsteek. Lee-Ann sukkel om die werklikheid in die gesig te staar. 

Donderdag, 24 Oktober 

Kaashifa is gefrustreerd met Rhafiek en Siya ontdek iets skokkend oor Mo se tannie. Debbie gee vir Lee-Ann stof tot nadenke, terwyl Bridgette vasberade is om wraak te neem.  

Vrydag, 25 Oktober 

Speurder Malherbe is glad nie beïndruk met Wade en Bridgette nie. Kaashifa vind die perfekte plek vir haar nuwe restaurant, terwyl almal bitter jammer vir Mo is. 

Maandag, 28 Oktober 

Debbie onthul iets skokkend aan Lee-Ann, terwyl Kaashifa weer moed het vir haar restaurant. Mo is op ’n wolkie…

Dinsdag, 29 Oktober 

Bridgette laat Debbie goed verstaan wat haar pligte is. Die Jacobse kry nog skokkende nuus. Kaashifa gebruik `n familie-ete om haar sin te kry, terwyl Lee-Ann se aanvallers vrygelaat word. 

Woensdag, 30 Oktober 

Bridgette vra haar familie en vriende se hulp. Kaashifa se voorstel vir ’n naam vir die nuwe restaurant word afgekeur, terwyl Kate haar jong huurders uitoorlê. 

Donderdag, 31 Oktober 

Lee-Ann sukkel om haar woede in toom te hou. Kate het nuwe reëls vir haar huurders. Kaashifa probeer die dag rustig vat, maar dinge werk nie so uit nie. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies