Menu terloops
In Recaps & Resensies [21 Des 2023]

‘Die brug’: Twyfel verjaag vertroue!


Soos die einde van ‘Die brug’ al nader kom, begin die spelers vertroue in mekaar en hul alliansies te verloor.

Deur Bouwer Bridges

Stroom nou aanlyn

‘Die brug’: Twyfel verjaag vertroue!
Kyk lokprent

Hoe nader ’n mens kom aan die van die pad vir die spelers, hoe meer word vertroue en fisieke bydraes noukeurig bestudeer. Dit is egter die strategiese speletjies wat stadig maar seker hul tol op die groepie begin eis. Wie weet reeds wat die uiteinde van die spel gaan wees? 

Melanie en Larry se onbaatsugtige besluit tydens die kampvuurspeletjie “Bou of Brand ’n Brug” het hulle waarlik in die watsenaam kom byt. Dié twee moet nou alleen besluit wie volgende uitgestem gaan word. Hul kriteria gaan oor wie hulle kan vertrou, maar ook wie hulle die meeste as deel van die span sal kan help met die maak van die vlotte om by die eindbestemming (Die Eiland) te kom. 

Larry en Melanie, die brug
Dié twee moes ’n taai besluit neem… Foto: Skermgreep

Dit is dan nou ook nie vreemd of heeltemal buite weste dat hulle besluit om vir Jamie die trekpas te gee nie. Van almal wat nog oor is, is Jamie seker die mees gewilligste, maar beslis die swakste speler as dit kom by fisieke krag. En daarom sien ons haar dan nou haar goodbyes sê. Met ’n wuifende hand, en ’n paar laaste woorde aan elke oorblywende speler, is dit die einde van Jamie se pad.

P-p-p-poker face

Daar is ’n hele paar trane wanneer die fraai vroutjie haar exit neem. Larry skok almal egter so effens wanneer hy begin rally om die een te wees wat gekies word om oor die brug te stap.

Die brug, Jamie groet
Dit was ’n tranerige vaarwel vir Jamie. Foto: Skermgreep

En ook met ’n amperse waarskuwing. Larry vertel dat hy en Melanie nie die persoon kon identifiseer wat hulle dink ’n poker face dra nie. Hulle is van mening dat hierdie persoon nie noodwendig gaan oorstap en die geld met almal gaan deel nie. Larry se Freudian slip laat ’n mens ook dink, nes die kamerawerk van die vorige episode se einde, dat hy beslis nie vertroue het in Geo in hierdie verband nie. Larry is nie die enigste een wat dink dat Geo nie noodwendig die geld met almal gaan deel indien hy die een is wat gekies word om oor die brug te stap na die jackpot nie. 

Tina, Die brug
Tina het uiteindelik besef wat kykers nog heeltyd geweet het: strategie help nie veel nie, want dis die speletjie self wat als beheer. Foto: Skermgreep

Tina is ook een wat stadig maar seker oor Geo begin wonder. Sy het ’n band met Geo van die begin af, maar soos sy ander mense in die groep leer ken, begin twyfel groter van ’n rol speel – veral as sy fyner kyk na hoe Geo die spel speel. Sy spreek dít dan ook teenoor hom uit deur vir hom te vertel dat sy dit van nou af dag vir dag gaan neem. Sy besef dat met die manier hoe die spel uitgelê is, niemand eintlik in beheer van die spel kan wees nie. En dit maak nie saak hoe strategies ’n mens daaroor dink nie. 

Vrouekrag

Vroue, die brug
Die vroue besef dat hulle sal moet saamstaan. Foto: Skermgreep

Die drie vrouens in die oorblywende span begin ook al meer dink dat hulle dalk eerder kragte moet saamsnoer, want dit wil ook voorkom asof die mans geneig is om die vrouens eerste uit te stem. So ver, behalwe vir Arnold, is net vroue uitgestem.

Sam se leierskap word vir die eerste keer in twyfel getrek deur Iana as hulle ’n pakkie met lekkernye en ander voedselhulpbronne op die kombuistafel kry. Die brug gee, maar neem ook. Vir elke item wat hulle uit die pakkie neem, verloor hulle ’n uur se boutyd. Sam wil dit op ’n baie diplomatiese en demokratiese manier uitsorteer deur almal se mening te kry oor watter items behou moet word. Iana voel dít is ’n langdradige proses wat hulle ook dan nog meer boutyd kos. 

Die maskers kom af

Larry en Sam
Geselsies maak… of probeer Larry stemme koop? Foto: Skermgreep

Larry begin ook sy veldtog om oor die brug na die jackpot te loop in alle erns. Hy begin klein, vinnige, intensiewe gesprekke met van die deelnemers – maar nie almal nie. Iana dink sy motiewe is fishy. Dít terwyl Jacques dink dat die man nou begin wys dat hy ’n gevaarlike speler is. As Larry dan met Sam gaan praat oor sy veldtog, is dit nie soseer Larry se skimpe om die een te wees wat oorloop wat skok nie. Dit is Sam se idee dat indien jy die een is wat oorloop en die jackpot eis, is dit up to you oor hoeveel geld jy vir wie gaan gee. Larry meen weer dat die persoon wat die jackpot eis, almal dieselfde bedrag sal gee – ingesluit vir die lieflike Nonnie. Sam stem glad nie saam met hierdie een nie… 

Elders is Tina en Iana besig om ook te praat oor wie die persoon is wat oorgestuur sal word. Albei stem saam dat dit nie Geo moet wees nie. Hulle begin dan ook wonder of Geo en Rob vir een van hulle twee sou kies of eerder net vir mekaar sou stem. 

Iana en Tina
Tina en Iana bespreek hul vertrou (altans, wantroue) in Geo en Rob. Foto: Skermgreep

Geo begin ook wonder oor die drie meisies in die groep, en of hulle nie dalk mekaar sal kies vir hierdie uitgesoekte posisie nie. Dit laat Rob nogal senuagtig. En net sodra almal begin rustiger raak oor die besluite wat nog gemaak moet word, gaan daar ’n fakkel af. 

Die brug weet wraggies alles

Tina is die een wat oorloop om die Melkkan te gaan haal. Larry wil nog met Melanie praat oor sy veldtog – maar dan is Tina terug met die Melkkan… En natuurlik met ’n ominious boodskap. Die brug weet mos alles. Die boodskap spreek dus dan die groep se vertroue in mekaar, en hulself, aan – as iemand besluit om die groep self te verlaat, kry hulle ’n gewaarborgde R100 000. Maar daar’s ook ’n ekstra kinkel, want hulle moet in die geheim stem. En, indien daar meer as een persoon is wat self besluit om die spel te verlaat, moet hulle daardie geld met mekaar deel. 

Niemand is van mening dat enigiemand uit vrye wil die spel sal verlaat nie, maar omdat niemand met mekaar oor die besluit kan praat nie, is daar nou baie twyfel in almal se harte.

Geo
Geo gaan moet werk aan daai poker face… Foto: Skermgreep

Geo is die enigste een wat dink dat Larry dalk hierdie uitweg sou kies om sy pond vleis te eis. Hy dink dat Larry so gretig is om ’n bietjie geld te kry – en ’n eweredige verdeling daarvan daarby – dat hy beslis sou kies om die spel te verlaat. Larry self erken dat dit die beste keuse sou wees om ’n eweredige gedeelte van daardie geld te kry…

Nog ’n blerrie cliffhanger

Larry gaan haal die stembus om almal se geheime besluite bekend te maak. Maar dan kondig die rasperstem van die verteller hierdie week se lastige cliffhanger aan: daar is nog drie dae om 21 vlotte te bou om 42m te voltooi om by Die Eiland uit te kom. En nou sal ons moet sit en wag om te sien wie die spel uit vrye wil gaan verlaat… Of nie!


Die brug saai Donderdagaande uit om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar. Ons resensent, Bouwer Bridges, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies