Die brug het verlede week op ’n hoë noot afgesluit met ’n cliffhanger wat my senuwees hierdie week getoets het. Nonnie, Tina, en Iana is deur Sam aangewys om op ’n avontuur te gaan. Die groep het gehoop dat die driemanskap van dapper stappers ’n skatkis van lekkernye en ander vogtiger bederfies sou terugbring – maar die dapper stappers is beloon met een van die wreedste keuses tot dusver in die realiteitsreeks.
Aan die einde van die episode het ons die dapper stappers by ’n kopbeen-bedekte deur van ’n berghuisie gelos, waar hulle wel ’n krat met lekkernye gekry het – maar die briefie op die deur het aangekondig dat vir een van hierdie drie dit die einde van die pad was. Vir wie dit die einde van die pad was, is aan die dapper stappers oorgelaat om te besluit.
Bitterbessie dagbreek
Tina kondig aan dat sy die reeks kan verlaat, want sy het reeds meer rykdom ontdek tydens die spel as wat sy aanvanklik gedink het daar sou wees – maar dat sy nie juis gretig is om dit te doen nie. Iana verduidelik in ’n off-camera onderhoud dat sy nie haarself opgeoffer het nie, want sy glo vas dat haar skill set die ding is wat die groep nou meer as ooit gaan benodig – en dat, alhoewel Nonnie al baie vir die groep gedoen het, sy voel haar bydrae meer van waarde is as die oulike blomtuin-tannie.
Nonnie besluit dan heldhaftig om haarself op te offer, al huilend en snikkend. Iana en Tina wil eers nie haar opoffering aanvaar nie, maar doen dan wel omdat hulle beide nie Nonnie se onbaatsugtige daad in haar gesig wil gooi nie – en ook seker heimlik happy is dat hulle nie die keuse moet maak nie.
Dit is dan die einde van die oulike Nonnie. Sy herinner Iana en Tina dat hierdie ’n speletjie is, en waarsku hulle dat dit nog moeiliker gaan raak wanneer hulle by die einde van die Die brug kom. Nonnie maak ’n laaste ou grappietjie wanneer sy vir Iana en Tina vra of hulle nou gaan loop, en of sy hulle dan nou moet wegjaag. Met baie swaar harte neem Iana en Tina dan afskeid van Nonnie, group hug en al.
Bitterbessie son
Terug by die kamp is die res van die deelnemers baie opgewonde wanneer hulle die dapper stappers op die horison bespied, maar raak skielik baie bekommerd waneer hulle net twee figure sien in plaas van die verwagte drie. Die opgewondenheid verander gou in ’n rou tranedal wanneer Iana en Tina vir die res moet verduidelik wat tydens hul avontuur gebeur het.
Iana en Tina se ysteraster-maskers val wanneer hulle verduidelik dat Nonnie nie weer terugkom nie. Dit raak almal baie diep dat Nonnie haarself opgeoffer het ter wille van die ander twee.
’n Spieël het gebreek
Iana se backstory verduidelik dan hoekom sy so erg is op lojaliteit, vriendskap, en vertroue, en hoekom sy so graag die een wil wees wat oor die brug stap om die jackpot vir almal te eis. Iana voel ook dit is haar en Tina se skuld dat hulle vir Nonnie daar moes los.
Tussen my en hom
Vir Larry is dit ’n baie groot verlies om vir Nonnie so te verloor. Hy voel dat hulle al die ander mense wat verwyder is, kon groet – en dat Nonnie beslis verdien om gegroet te word. Hy skryf ’n briefie vir Nonnie in haar afwesigheid om haar te groet, en ek hoop regtig hy gee vir haar daardie briefie wanneer hy haar weer te siene kry…
Maar dit is baie duidelik dat Nonnie ’n ongelooflike geliefde speler was in hierdie groep, want daar is amper niemand wat nie bietjie afgehaal voel oor haar exit nie. Gaan die span haar Nonnie-grootte holte kan vul? Is daar enigiemand soos Nonnie nog oor in die groep? Nonnie se skielike vertrek knou aan almal se senuwees, want die onvoorspelbaarheid van die speletjie is nou ingebrand in die harde werklikheid.
Soek ek na die grootpad
Op dag 11 moet die deelnemers eers vergeet van hul hartseer oor Nonnie want daar is nog net agt dae oor om 138m te bou. Die helfte van die speeltyd is reeds verstreke, en hulle is nog nie by die vlot wat die halfpadmerk is na Die Eiland waar die jackpot gemaklik sit en wag om opgeraap te word nie. Daar is nou net een ding om te doen, en dit is om hul hartseer om te sit in harde sweetwerk – want Die brug gee terug, maar dit vra ook baie…
Jacques, Rob, en Geo bespreek die onverwagte exit van Nonnie, en wat dit vir hul spel beteken. Onmiddellik is die drie baie bekommerd oor wat volgende kan gebeur, en begin dan name rondgooi indien daar dalk nog ’n verwydering gaan plaasvind so kort op die hakke van Nonnie. Jamie se naam word genoem, omdat dit reeds op ’n kol uitgegooi is, maar Geo voel ook dat daar bietjie harder na Larry gekyk moet word.
Geo voel dat Larry ’n baie strategiese speler is, en vertel dat hy dink Larry is die een wat ’n groepie bymekaar wil sit (met Jamie en William as lede). Dit wil voorkom of Geo eintlik net ’n bietjie suur is oor die feit dat Larry ’n paar mense genader het om Avril uit die spel te kry: almal behalwe vir hom. Geo voel dit is genoeg rede om Larry nie te vertrou nie.
Geo praat later met Tina en Iana oor wat dalk volgende gaan kom, en die verskillende scenarios wat kan ontstaan. Tina is vir die eerste keer ’n bietjie teenstrydig met Geo se ‘leiding’ wanneer sy in ’n off-screen onderhoud verduidelik dat sy begin twyfel of hierdie groepies of alliances waarin hulle hulself bevind die moeite werd is – want hulle het nog nie een keer as ’n groep nodig gehad om iemand af te stem nie. Dit was tot op hede nog net sekere verkose individue wat die uitstemmery behartig het. Maar Tina vergeet dat indien dit nie vir die group think was nie, het hulle dalk nooit vir Sam as ’n uitstekende leier gehad nie.
Om daarlangs te draf
Die Posvlot is 125m weg van die oewer, en die spannetjie besluit om ses vlotte ter water te lê om te probeer om die halfpadmerk te bereik. En raai wat? Hulle doen dit! Die groep klap hande en die euphoria van daardie oomblik word so mooi vasgevang met victory cries, en uitgelatenheid. Rob bereik die Posvlot per voet, en ’n fakkel word gebruik om die celebrations in te lui.
Larry verduidelik dat dit 62 vlotte geneem het om tot by die Posvlot te kom, en Niel Sandilands se verteller-rasperstem verduidelik dat dit 12 vars spelers en meer as 11 dae gevat het om tot by hierdie milestone uit te kom – met die klem op vars. Want soos wat dinge nou lyk, is hulle al almal sat gebou en gebid, en die senuwees en die inspanning begin sy tol eis. Die harde werklikheid is dat tien amper-voos spelers nou dieselfde taak (die vervaardiging van 62 vlotte) in slegs agt dae moet verrig. Dit is nogal ’n tall order, maar ek verstout myself om te sê dat indien daar ’n span is wat hierdie gaan kan regkry, is dit hierdie groepie!
Oral draai die paadjies
Dag 12 begin met ’n fakkel, en skielik word naarkolle met ontbyt bedien. Larry moet homself herinner dat hulle nie nodig het om te roei om by die Melkkan uit te kom vir die pos nie, en Iana hardloop gou oor na die Posvlot om die lot van die deelnemers te gaan haal. Sam dink nie dit is slegte nuus hierdie keer nie, terwyl Tina reeds begin bekommerd raak oor wie volgende verwyder gaan raak.
Die deelnemers word verras wanneer die boodskap getitel word as “DIE FEES”. Die brug gee terug, maar dit vra eers weer ’n bietjie. Die keuse wat die groepie moet maak is dit: of hulle kan aanhou bou, of hulle kan die dag af vat en fees vier oor die feit dat hulle die halfpadmerk gehaal het – en hulle moet as ’n groep besluit. Vir elke persoon wat besluit om fees te vier, verloor hulle een uur om te bou. Hulle moet onmiddellik stem.
Van sy woorde af
Geo begin sommetjies hardop te maak om te kyk of hulle dit kan bekostig om tyd te verloor, en hoe meer hy praat hoe meer begin almal so effe opgewonde raak. Jacques is die een wat dan bevestig wat Geo dink: hulle kan bekostig om ’n hele dag af te vat. Opgewonde Iana wil dan onmiddellik stem – en wonder bo wonder is daar niemand wat NIE stem om te gaan feesvier nie.
Dennebos herinnering
Iewers in die bos ontdek die spelers dan ’n asemrowende piekniek, vol van al die tipiese lekkernye wat ’n mens sou verwag van ’n bosfeëtjie-fees. Kyk, teen hierdie tyd sou ’n eensame store bought koek ook seker die trick gedoen het, maar wie ook al die piekniek saamgestel het, het beslis uitgehaal en gewys. Die deelnemers spring weg en begin hul verdienstelike feesviering te verorber, en dan ontdek Jacques ’n kitaar.
Daar word baie gelag wanneer Jacques ’n liedjie begin sing oor Tina se maag, en die in-joke word dan verklap: Tina kon vir die laaste 10 dae nie toilet toe gaan nie. Die feit dat die groep daaroor lag en sing en kekkel is seker iets wat ’n mens doen as ’n mens baie nou saam met mense werk en leef – maar ek sou dit beslis nie waardeer het nie, veral nie op nasionale TV nie. Then again, there have been worse things that happened on TV in a reality show… Big Brother se eerste seisoen en ’n sekere tuinwandeling comes to mind!
Ja, dié realiteitsreeks is dalk wreed met tye, maar is dit maar hoe die lewe is nie? Ek dink dit is hoekom mense aanklank behoort te vind by hierdie reeks.
Dennebos vergeet
Maar dit is nie net skaterlag en gesels wat die klankbaan van die piekniek is nie. Die vraag kom op oor hoe R1 miljoen die spelers se lewe sou verander. Ek begin nou wonder wanneer hulle gaan uitvind dat daar reeds minder in die jackpot is…
Die deelnemers het uiteenlopende redes: van kinders en/of ouers uithelp, tot meer altruistiese projekte. ’n Paar persoonlike bederfies, soos ’n boot en botoks, word genoem, en Sam sal graag meer op die innerlike wil fokus in ’n ashram.
Dan is daar ’n vraag oor ’n ultimate goal of droom, en die antwoorde is uiteenlopend. Robert wil opmaak vir die tyd wat hy rugby gespeel het, en kosbare familietyd prysgegee het. Larry wil die platteland toer en karakters ontmoet, terwyl Jamie wil leer om kos te maak soos net die oues van dae dit doen. Melanie wil ’n padstal-brewery vibe begin, en Tina wil hê al haar geliefdes en naastes moet geliefd en gesond bly. William opper ’n Facebook-meme as sy offerande aan die gesprek: “Yesterday is history, and tomorrow is a mystery. Today is a gift, and that is why it is called a present.”
Het ek ook verdwaal
Die samesyn het die beslis die gemoed gelig, maar Sam bring die kyker terug na die present deur te verduidelik dat hoewel die dag die moeite werd was, ’n mens amper vergeet dat die mense met wie hy so ’n fantastiese sorgelose sharing dag gehad het eintlik competitors is…
Verbeel jou: om met jou vyand brood te breek, en hulle beter te leer ken. Om te hoor en te verstaan wat hulle motiverings is in die lewe, maar om dan ook terselfdertyd ’n dolk in hul drome te moet steek sodat jou drome voorkeur geniet… Ja, dié realiteitsreeks is dalk wreed met tye, maar is dit maar hoe die lewe is nie? Ek dink dit is hoekom mense aanklank behoort te vind by hierdie reeks. Hoewel die spelers in hul eie bubble leef tydens die spel, is daar tog soveel human truths wat geopenbaar word. Die deelnemers se emosies word ’n tweesnydende swaard – en die enigste een wat die wapen hanteer vir daardie dodelike laaste lem is elkeen van die deelnemers self!
Trap ek in my leed
Dag 13 ontdek Sam meer as ’n handvol vere, en Hettie (die hoendertjie) ‘hettie dit gemaak’ie’. Jamie voel effe sad, maar aanvaar die lot van die eierlêer!
Jamie en Sam neem afskeid van Hettie, en Jamie verbaas my met haar lewenslessie wat ou Hettie vir haar geleer het: ’n hoender kan ’n slang vang! Ek wonder nou of die uitgerekte metafoor oor Hettie en Jamie nou klaar is, want ek het dit net begin geniet. Hopelik bly die Slangvangers nog vir ’n rukkie vars in die geheue – want die einde van Die brug lê voor, en nog moeiliker keuses sal oor die deelnemers se pad gebring word.
Papegaai-bont eggo
Tina en Jamie bond oor Jamie se skielike metamorfose sedert Avril ge-exit het. Tina voel Jamie het uit haar dop gekruip, en dat sy nie meer gesien kan word as Avril se skaduwee nie. She has become her own person!
Jamie verras Tina deur vir haar te vertel dat Avril nie ooghare vir haar gehad het nie, juis omdat Avril gevoel het dat Tina vir Iana van haar weggeneem het. Snaaks genoeg het ek nou nie juis gevoel asof Avril na Iana gevry het nie, en ek probeer onthou of daar op enige stadium ’n vreeslike toenadering tussen die twee vroue was… but nothing comes up. Het ek iets gemis? Of is hierdie ’n piece of the puzzle wat nie deur die reeks gedek is nie?
Hoewel die spelers in hul eie bubble leef tydens die spel, is daar tog soveel human truths wat geopenbaar word. Die deelnemers se emosies word ’n tweesnydende swaard – en die enigste een wat die wapen hanteer vir daardie dodelike laaste lem is elkeen van die deelnemers self!
Kierrang kierrang my
Dit word onder die kykers se aandag gebring dat dit blykbaar vir die deelnemers makliker was om die vlotte tot by die Posvlot te bou, want hulle het net nodig gehad om die vlotte as te ware in te ryg. Nou dat die middel van die taak bereik is, raak dit moeiliker om die vlotte tot by die Posvlot te neem – want die vlotte moet ingeroei of ingetrek word tot verby die Posvlot, voor dit geheg kan word.
Dit is nou iets waaraan ek nie gedink het nie, en skielik is ek bekommerd dat die deelnemers dalk nie daardie tyd in ag geneem het toe hulle besluit het om die dag af te vat nie. Is Geo se berekeninge korrek gewees, of het hy dalk ’n fatale fout gemaak?
Totdat ek bedroë
Hoe nader ’n mens na die einde van die reeks roei en bou, hoe meer komplikasies kom daar te voorskyn. Terwyl almal angstig raak oor of hulle die taak gaan kan voltooi in die tyd wat vir hulle gegee word, is dit Geo wat skielik meer angstig raak om die leisels van die leierskap in eie hande te neem – en hy is nie die enigste een nie.
Geo en Iana begin al laggend ’n slim plannetjie bymekaar te trek: hy wil met Sam gaan praat en vir hom sê dat hy graag leier wil word – en dat hy al van dag een af dit wou gedoen het. Hulle dink die emosionele roete is die beste pad om te stap…
Geo se redenasie is dat hy nie wil hê Sam moet dink dat dit gaan oor hom as ’n leier nie – en dat dit meer gaan oor die uitlewe van ’n droom. Geo en Sam het dan die gesprek, en Sam wonder of dit nie vreemd gaan lyk indien hy (as leier) sy hand gaan opsteek om voor te stel dat daar ’n leier-verandering moet wees. Sam is nie ’n dom man nie, en bevraagteken nie net Geo se motiewe nie – maar ook sy kastige vriendskap…
Weer die koggel kry
Sam se onsekerheid word nog ’n bietjie aangevuur wanneer Jacques met hom kom praat oor die viermanskap waarin hy homself bevind. Jacques wil seker maak dat dinge is soos wat Geo dit vir hom vertel: dat hy, Sam, Geo, en Robert wel in ’n baie sterk alliance is. Sam bevestig Geo se woorde, maar die manier waarop hy half uit die veld geslaan word deur Jacques se woorde vertel vir my ’n ander storie.
Sam en Jacques se gesprek verdiep wanneer dit aan Jacques noem dat dit vir hom voel asof daardie dag die eerste keer is wat mense weer besef dat hulle eintlik in ’n kompetisie is – en dat hulle eintlik almal teen mekaar meeding. Jacques dryf die punt verder deur die stelling te beaam, en by te voeg dat ’n mens nie naïef moet wees nie.
Is daar iets omtrent Geo wat hierdie twee mans laat twyfel in die woord van die ongetitelde leier? Maak Geo onbewustelik skuiwe wat hulle dalk so bietjie nervous maak? Of is dit maar net die spel-voosheid wat die twee begin vang en paranoid maak?
Eggo is geen antwoord
Wanneer almal teen sononder by die vuur sit, en wil rustig raak en die dag op ’n goeie noot afsluit, gaan daar ’n fakkel af – en onmiddellik is almal weer terug op die Senuwee-Trein. Wanneer die Melkkan gehaal word van die Posvlot, is die briefie se boodskap baie onheilspellend.
“Bou of Brand ’n Brug” blyk ’n tipe speletjie te wees waar daar ’n vraag gestel word aan die deelnemers – en almal moet dit eerlik antwoord, en dit nogal voor die hele groep. Die briefie sluit af met ’n waarskuwing: “Onthou, Die Brug weet alles.”
Antwoord hy alom
Geo besef eerste dat hierdie speletjie ontwerp is om jou persoonlike brûe met die ander deelnemers te toets. Jou antwoord gaan dus bepaal of jy jou persoonlike verhoudings (jou brug) gaan verbrokkel of versterk.
Die eerste vraag is maklik: wie of wat mis jy die meeste van jou lewe by die huis? Honde, eggenote, kinders, familie, en drankies blyk die algemene antwoord te wees.
Wie sou ook ’n goeie leier gemaak het? Aan die begin klink dit asof dit Geo se naam is wat alleen oor almal se tonge rol, maar dan is daar ook Jacques en William wat genoem word. Geo is in sy noppies oor die hoeveelheid kere wat sy naam genoem word – maar dit is nie so ’n onbaatsugtige lekkerkry soos wat ’n mens sou dink nie. Ons mag dalk al by episode sewe trek, maar almal behoort al teen hierdie tyd weet dat Geo ’n meesterplan het wat hy naby aan sy bors – en ego! – speel.
Wie vertrou jy die meeste van die res van die deelnemers? William kies vir Larry; Jamie kies vir Melanie; Rob kies vir Geo; en Geo vir Rob. Sam vertrou vir Geo die meeste (wat beslis ’n fout is, soos wat dit hierdie week al hoe duideliker raak); Iana kies vir Tina; en Jacques kwantifiseer sy antwoord deur te sê: “Op hierdie stadium in die game, vir Geo.” Melanie se vertrouelinge is Jamie en Larry, maar die manier waarop sy dit sê laat my dink dat sy eintlik net nice is om Jamie te noem, maar dat haar eintlike antwoord net Larry is. Tina sê sy vertrou Geo die meeste, en onmiddellik wen die speletjie…
Iana is diep seergemaak deur die feit dat Tina vir Geo gekies het, veral nadat sy vir Tina gekies het. Wanneer Iana haar off-camera onderhoud doen, sal dit dan blyk dat Iana eintlik die vraag verkeerd interpreteer of verstaan: die vraag gaan oor vertroue – en nie oor wie jou ‘go to’-persoon is nie. Iana voel dus eintlik seergemaak oor haar eie onvermoë om die regte betekenis van die vraag te verstaan. Tina verdedig haar antwoord in ’n off-screen onderhoud wanneer sy dit duidelik maak dat sy nie vir Iana net gaan sê sy is haar vertroueling omdat Iana dit eerste gesê het nie… Is hierdie nie ’n tipiese ma-en-dogter-skermutseling in die kleine nie?
Bitterbessie dagbreek
Larry antwoord dat hy Rob die heel meeste vertrou. Geo dink reeds aan die vier mense wat hom aangewys het as hul vertroueling, en in ’n off-screen onderhoud maak hy dit duidelik dat hierdie sy eie blueprint plan so bietjie omgooi, want “’n mens kan nie almal saamneem na die einde toe nie!”
Op die vraag van watter deelnemer vertrou jy die minste, trek William reeds sy gesig soos wat hy die vraag lees: dit is ’n vrek moeilike een om sommer net so te antwoord voor almal.
William se antwoord is Iana, wat dit giggelend aanvaar – maar later vertel sy in ’n off-screen onderhoud dat dit nou glad nie vir haar lekker was om dit te hoor nie, juis omdat sy wil hê mense moet veilig by haar voel. Jamie antwoord laggend Jacques, en Rob kies vir William. Sam en Geo antwoord Melanie, terwyl Iana ook vir William kies. Jacques kies vir Larry, en Melanie kies vir Jacques. Tina kies Melanie – en Larry ook.
Melanie dink dit was die easy way out om haar te kies – en sy is dalk nie ver van verkeerd nie. Die ‘go to’ in defence van die antwoord was dat sy nuut in die game is, en dat niemand haar nog regtig uitge-suss het nie – en dat daar nog nie veel tyd was om regtig tyd saam met haar te spandeer nie. Pure bog in my boeke, want het hulle nie al almal saam met haar gewerk nie? En was sy nie by die piekniek in die bos nie? Nee, wat, Melanie is sommer net collateral damage omdat almal te bang was om die regte antwoord te gee!
Bitterbessie son
Die laaste vraag laat almal regop sit, en ’n mens kan die pyn om die mondhoeke sien van die deelnemers wanneer die vraag gelees word: “As jy nou iemand moet opoffer wie sou dit wees?”
Almal verduidelik dan in off-screen onderhoude wat hul kriteria is om die vraag te antwoord, en dan kondig die verteller die lastige cliffhanger van die week aan, want Niel Sandilands herinner die kykers dat daar nog net ’n week oor is om 116m te bou tot by Die Eiland…
Wie sou jy in hierdie stadium van die spel kies? Gaan die persoon wat die groepie kies onmiddellik die spel moet verlaat? My hart sink onmiddellik as ek daaraan dink, maar dit sou nie die eerste keer wees wat Die Brug neem voordat dit weer gee nie…
Die brug saai Donderdagaande uit om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144 en DStv Stream). Die reeks is ook op Catch Up beskikbaar. Ons resensent, Bouwer Bridges, se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.