Menu terloops
In Onderhoude [22 Feb 2023]

‘DAM’ meer as net ’n sielkundige riller, meen Pallance Dladla


’n Sielkundige riller-wipwarit wat gruwel met fantasie verweef – dís hoe die akteur Pallance Dladla die Showmax Original-reeks, ‘DAM’, waarin hy een van die hoofrolle vertolk, beskryf.

Kyk nou

‘DAM’ meer as net ’n sielkundige riller, meen Pallance Dladla
Kyk lokprent

Die tweede seisoen van die SAFTA-benoemde reeks, DAM – ook een die gewildstes volgens Showmax se kykertalle – is nou op dié platform beskikbaar met nuwe episodes wat weekliks beskikbaar gestel word. Maar ongeag hoe angsaanjaend DAM is, die dieper temas vertel ’n storie oor familie, liefde en genesing, meen die akteur Pallance Dladla. Hy is vir sy spel as Themba in die reeks vir ’n SAFTA benoem. Hier vertel hy meer. 

Wat is vir jou ’n hoogtepunt as deel van die rolverdeling? 

“Beslis hierdie gesin (die hele span wat aan die reeks gewerk het). Ons het op die slegste tyd ontmoet. Ons het die eerste seisoen tydens COVID geskiet. Baie mense het nie geweet hoe die toekoms gaan uitloop nie. Op die een of ander manier het ons in Bedford in die Oos-Kaap beland om die reeks te skiet, en iets magical het gebeur wat deur die reeks weerklink. Ons het ’n egte familie geword – die akteurs én die crew.  Ek voel daar gaan meer ongelooflike dinge in ons bedryf gebeur as ons aan hierdie gesinsgebaseerde manier van werk bou.”

Die eerste seisoen is baie goed deur kritici én kykers ontvang. Was jy verbaas?

“Dit is regtig deur alle kulture omhels, wat vir my verbasend was. Dit het my laat besef dat mense eintlik bloot verfrissende stories soek.

“Dit (die hele ervaring) is vir my ongelooflik, want dit is ’n baie nuwe genre vir Suid-Afrika. Ons begin nou eers met genres soos die sielkundige riller rondspeel. Wat Alex (Yazbek, die storieskepper) gedoen het, is om ’n baie swaar onderwerp deur middel van die riller-genre meer verteerbaar vir mense te maak.

“Ons moenie ons gehore onderskat nie; ons gehoor is gereed.”

Wat staan vir jou uit van jou karakter, Themba?

“My karakter is amper soos die morele kompas vir die gehoor. Hy het hierdie reinheid. Hy is grounded, waar daar met Yola (Lea Vivier, lees wat sy oor DAM vertel het hier) se rol hierdie seisoen ’n gevoel van ontrafeling is.

“Hy besef hoe belangrik sy voorgeslagte is en dat die waardes wat deur sy voorvaders oorgedra is, belangrik vir die mensdom is: waardes van liefde, familie, vergifnis, gemeenskap en verbintenis met die natuur… Dat ons almal in hierdie ekosisteem hoort. En hy word uitgedaag om hierdie waardes en hierdie verantwoordelikhede te aanvaar, ongeag wat dit hom kos.”

Hoe was dit om saam met Alex te werk?

“Wonderlik. Alex se leierskapkwaliteit is dié van ’n vadersfiguur. Hy maak almal op een of ander manier kwesbaar, maar jy kan hom met daardie kwesbaarheid vertrou.”

DAM is vir 11 SAFTA’s benoem en het twee gewen. Was jy verras?

“Glad nie; ek het vir nog gewag! Soos, kom ons neem dit na ander feeste. Vriende van my wat nie van Suid-Afrika is nie en die reeks gesien het, se reaksie is soos ‘Oh. My. Gosh. What is this?‘ So ek wil hê ons moet dit verder neem.”


Die eerste episode van DAM se tweede seisoen is vanaf 16 Februarie op Showmax beskikbaar. Daarna sal nuwe episodes weekliks op Donderdae beskikbaar wees om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies