Menu terloops
In Onderhoude [10 Feb 2023]

‘DAM’ ’n ‘verhaal oor sustersliefde’ sê SAFTA-wenner Natasha Loring


Sy kon – en moes – diep delf om haar karakter, Sienna, lewe te gee in die Showmax-rillerreeks, ‘DAM’, vertel die bekroonde aktrise Natasha Loring.

Kyk nou

‘DAM’ ’n ‘verhaal oor sustersliefde’ sê SAFTA-wenner Natasha Loring
Kyk lokprent

As Sienna in die Showmax Original-rillerreeks, DAM, speel die aktrise Natasha Loring ’n komplekse karakter wat deur wrewel en jaloesie oorheers word.

DAM is deur die viermalige SAFTA-wenner, Alex Yazbek, geskep, met die eerste seisoen wat in 2021 vrygestel is. Die eerste seisoen tel dan ook onder die top-10 reekse met die meeste kykers op Showmax in 2021. Dit het ook die meeste benoemings vir ’n dramareeks by die 2022 SAFTA-toekennings ontvang. 

Natasha vertel meer oor Sienna en wat op kykers in die tweede seisoen, wat op 16 Februarie op Showmax begin, wag. 

Hoe sal jy jou karakter, Sienna, beskryf?

“Sy is die oudste suster wat besluit het om te bly, verantwoordelik te wees en na haar gesin om te sien – om al die dinge te doen wat sy geweet het haar ma nie kón doen nie, en haar jonger suster nie sou doen nie.

“Aan die begin van Seisoen 1 is sy innig lief vir haar suster, maar ook baie jaloers omdat sy die lewe lei wat sy nie voel sy kan lei nie (maar wil). En dan keer Yola natuurlik terug van oorsee vir hul pa se begrafnis en erf dadelik die familieplaas. Dít help ook nie met Sienna se jaloesie nie.

“Sienna is ook desperaat na liefde, al soek sy liefde op die verkeerde plekke.”

Wat kan ons in die tweede seisoen verwag?

“Ons gaan voort van waar ons opgehou het in Seisoen 1 – met baie vrae. Yola word vermis. In die eerste seisoen het ek my suster in ’n psigiatriese hospitaal laat beland, en my karakter moet nou daardie skuldgevoelens verwerk.

“Sienna se reis in hierdie seisoen gaan nie net daaroor om uit te vind waar haar suster is en wat met haar gebeur het nie. Dit gaan ook oor verantwoordelikheid neem vir van die harde waarhede wat ek oor my familie en die dorp waarin ek woon, uitgevind het. Ek probeer eienaarskap neem van wie ek is en my stem en vryheid vind.”

Wat was kykers se reaksie op die eerste seisoen?

“Ons het ’n wonderlike reaksie gehad. Toe ons die eerste seisoen gemaak het, het ek geweet ons maak iets dapper en moedig en anders. Om deel te wees van ’n reeks wat werklik die grense verskuif, was regtig opwindend.

“Dít gaan natuurlik gepaard met gemengde reaksies. Sommige mense was soos: ‘Sjoe, ek kon dit nie kyk nie; dit was regtig skrikwekkend en regtig bisar.’ Maar ek dink meestal was mense baie opgewonde oor wat ons gemaak het en om nuwe dinge op Suid-Afrikaanse TV te probeer.”

Wat maak DAM anders? 

“Daar is soveel kompleksiteit in die karakters en Alex het ons regtig toegelaat om vry en onsself te wees. Dit het gevoel asof ek totale kreatiewe vryheid en eienaarskap gehad het oor wie hierdie persoon is. Soveel vryheid word nie dikwels gegee nie.

“Dit was verfrissend om ’n karakter te speel wat alle aspekte van hul emosies wys – eerder as om net in ’n mooi boks gesit te word, wat dikwels is hoe vroue-karakters uitgebeeld word. Ons kon almal regtig diep delf met die rolle wat ons gegee is.”

DAM is beskryf as ’n sielkundige riller, maar dit het ook gruwel-, fantasie- en romanse-elemente. Hoe sou jy dit beskryf?

“Sienna se verhaal is ’n drama. Dit is ’n verhaal oor liefde tussen hierdie susters. Dit kyk na die kompleksiteit van gesinsbande, jaloesie, en wat jy sal doen om die mense vir wie jy lief is – en jouself – te beskerm. 

“Maar wat ek van die program hou, is dat dit nie regtig (in enige spesifieke genre) gedefinieër kan word nie. Dit het ’n bietjie drama, dit het ’n bietjie gruwel, dit het ’n paar mitiese en riller-elemente. Daar is ook heelwat komedie daarin. Daar is ’n mesh van al die genres saam. Dit is wat dit interessant en anders maak.”

Wat was die hoogtepunt vir jou hierdie seisoen?

“Om te skiet in die Oos-Kaap. Die landskap daar is so mooi.

“En die mense maak dit regtig (die moeite werd). Ons bly ses weke lank saam in hierdie klein dorpie terwyl ons verfilm, so ons is ’n baie hegte groep. Nie net die akteurs nie, maar ook die res van die crew.”

Wat het jy onlangs op Showmax gekyk?

“Ek het Reyka baie geniet. Ek dink M-Net het ongelooflike werk daarmee gedoen. En die HBO-programme is regtig briljant. Suid-Afrika begin ook werklik opwindende inhoud skep.” 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies