Menu terloops
In Gons [21 Nov 2024]

Christia Visser keer terug na ‘Diepe Waters’


Die aktrise Christia Visser maak weer haar opwagting in ‘Diepe Waters’ – en kykers kan hulself vir drama staal! 

Stroom 'Diepe Waters'

Christia Visser keer terug na ‘Diepe Waters’

Toe Christia Visser se Diepe Waters-karakter, Candy, ’n paar maande gelede op die toneel verskyn het, het sy saam met haar kêrel, Bert, vir Rossouw (Altus Theart) ontvoer en vir ’n losprys aangehou. Rossouw dra steeds die letsels van daardie traumatiese ervaring.

Vanaand (Donderdag, 21 November 2024) maak sy onverwags weer haar opwagting in Diepe Waters. En dié keer stel sy haarself as Alisa – haar regte naam – voor. Maar Alisa steek steeds haar verlede weg en begin ’n vriendskap met Sanet (Nadia Valvekens). Die twee vroue raak vinnig goeie vriendinne, met Sanet wat salig onbewus is van Alisa se betrokkenheid by Rossouw se traumatiese verlede.

Diepe Waters, Christia Visser
Alisa (Christia Visser) en Sanet (Nadia Valvekens) word blitsvinnig vriende. Foto: Verskaf

Christia deel dat Alisa nou ’n nuwe koers inslaan: “Ja, sy keer terug, maar wat haar aanbetref, tree sy vorentoe. Sy raak ontslae van al die gimmicks en is op ’n herontdekkingsreis.”

Hoe gaan kykers op hierdie nuwe kant van Candy reageer? “Ek hoop dat hulle sien hoe hard sy probeer… Ek dink daar gaan baie onsekerheid wees.”

Diepe Waters, Christia Visser, Rossouw
Hoe gaan Rossouw (Altus Theart) reageer as hy weer vir Candy, óftewel Alisa (Christia Visser) sien? Foto: Verskaf

Vir Christia was dit ’n heerlike ervaring om weer op stel te wees:  “Lieflik soos altyd. Dis ’n lekker span en die storielyn beweeg vinnig, so dit hou mens op jou tone.”

Wat kan kykers verwag van die nuwe storielyn? “Hulle kan uitsien na ’n eerlike, steeds feilbare Candy, en al die drama wat daarmee saamgaan.”

Maar hoe gaan Rossouw reageer as hy die vrou sien wat verantwoordelik was vir sy grootste trauma?


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies