Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.
Meer
Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.
Meer
Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.
Meer
Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.
Meer
Skrywer Wessel Pretorius en regisseur André Velts pak met die rillerreeks 'Ontwaak' weer ’n keer ’n storie van kwesbaarheid, behorendheid en identiteit aan.
Meer
In TV-skeppers René en Corné van Rooyen se nuutste familiedrama, ‘Beter as Gister’, word kykers in ’n maalkolk van uiteenlopende gesinsdinamikas – eg en resonerend – gedompel, terwyl tradisoneel aanvaarde idees van familierolle, uitgedaag word.
Meer
Die tweede seisoen van die bekroonde Afrikaanse misdaadkomedie ‘Koek’ ontgin ’n wêreld van kontraste waarin meeslepende Machiavellisme soos room bo-op die morsige chaos van ’n vrou se alledaags geskep word.
Meer
Die waremisdaadreeks ‘Niggies’, is moeilike kykstof, maar word in die hande van vernuftige storievertellers ’n moet-kyk wat wys misdaad is allermins ’n nuwe verskynsel in Suid-Afrika.
Meer
Staan op aandag vir Michelle Pheiffer wat ’n meesterklas in toneelspel lewer as die matriarg van ’n gesin wat ná ’n hartverskeurende tragedie die gedruis en wêreldse weelde van New York vir die ongerepte prag en genade van Montana verruil in ‘The Madison’.
Meer
In ‘Kokkedoor: Son en see’ verskuif die fokus van kompetisie in die kombuis na herkenbare mensestories wat emosiebelaaide herinneringe uit verskillende generasies oproep.
Meer
Die dramareeks ‘Appels en tee’ begin Dinsdag om 20:00 op kykNET. Riëtte van der Wat het die eerste drie episodes gekyk – en nou brand sy om te sien wat in die volgende episode op dié besonderse storie se karakters wag.
Meer