Menu terloops
In Onderhoude [19 Okt 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi Grey oor nuwe hoofstuk


Die skaap is uit die kraal, die kalf is in die put en die hoenderhaan is op die kerktoring. Ja, daar gaan heerlik geskrop word op die werf met Reandi Grey as die sewende aanbieder van ‘Boer soek ’n vrou’, kykNET se gewilde maatsoekreeks. 

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi Grey oor nuwe hoofstuk

Bravo! het onlangs vir Reandi Grey as die nuwe aanbieder van die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou bekendgestel. Kykers sal haar herken as Anja in Diepe Waters.

Reandi volg in die voetspore van Marciel Hopkins wat vir vier seisoene vir boere Kupido gespeel het. Reandi word dus die sewende aanbieder van die program. 

‘Groot voorreg’

Reandi meen dit is ’n groot voorreg om deel van die Boer soek ’n vrou-handelsmerk te wees. “Dit is vir my so lekker! Ek dink ook die aard van die program is baie lekker want elke boer, elke plaas, elke verhouding is anders. So, ek weet daar’s nie ’n spesifieke bootjie waarin ek moet pas nie. Ek kan net my eie styl bring,” sê sy. 

Vir Reandi is die geleentheid ook iets wat sy van haar emmerskoplysie kan aftiek – jip, sy droom nou al lank hiervan, verklap sy.

Maar saam met die opwinding is daar ook senuwees, erken Reandi. “Ek weet ek het groot skoene om te vul, maar ek voel ek is gereed. Ek voel ek gaan ingaan om vriende te maak en dan vriende te probeer help om liefde te soek.” 

Sy hoop dat kykers haar sal verwelkom en saam met haar dié pad sal aanpak en geniet. 

‘Regte gevoelens, regte verhoudings’

“Ek dink daar’s twee redes hoekom Boer soek ’n vrou so gewild so gewild is,” sê sy later. “Die een rede is dat dit ’n baie outentieke program is. Daar word nie rêrig ingemeng nie, daar word nie die beste van dié, of die mooiste van daai gekies nie.

“Dis regte boere met regte vroue wat inskryf, regte gevoelens, regte verhoudings. Dit (egtheid) is waarin kykers belangstel. Dít is wat hulle wil sien en hoor.

“En dan, natuurlik, die wonderlike Suid-Afrikaanse kultuur – om te wil deel wees en te wil deelneem. Boer soek ’n vrou is ’n verwelkomende program wat voel of jy in jou huis deel van die program word. Ek dink van die show én die kykers se kant af is dit goeie spanwerk wat die program so gewild maak.”

Reandi vertel dan hoe Marciel haar tot die Boer soek ’n vrou-familie verwelkom het. 

Boer soek 'n vrou, Reandi Grey
Reandi Grey neem die aanbiederleisels op Boer soek ’n vrou by Marciel Hopkins oor. Foto: Verskaf

“Baie, baie dankie vir die groot verwelkoming, vir al die inspirasie, vir al die notas, die aanmoediging, vir al die pak-tips vir die langpad . . . En dan wil ek ook net vir haar dankie sê vir hoe mooi sy na Boer soek ’n vrou gekyk het. Ek kan aansluit by ’n program waarvoor mense lief is en waarvan hulle hou, en wat mense waardeer, omdat sy dit so mooi vertolk het. Sy het (haar werk) so mooi, en met soveel passie en elegansie, gedoen.”

Dis deels danksy Marciel dat mense so lief vir die program is, meen sy. 

“Dankie, Marciel, dat ek kan instap in ’n gesonde werksomgewing en ’n geliefde program.”


Die top-tien boere vir die 17de seisoen van Boer soek ’n Vrou sal op Sondag 27 Oktober tydens ’n spesiale uitsending op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies