Menu terloops
In Onderhoude [19 Okt 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi Grey oor nuwe hoofstuk


Die skaap is uit die kraal, die kalf is in die put en die hoenderhaan is op die kerktoring. Ja, daar gaan heerlik geskrop word op die werf met Reandi Grey as die sewende aanbieder van ‘Boer soek ’n vrou’, kykNET se gewilde maatsoekreeks. 

‘Boer soek ’n vrou’ se Reandi Grey oor nuwe hoofstuk

Bravo! het onlangs vir Reandi Grey as die nuwe aanbieder van die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou bekendgestel. Kykers sal haar herken as Anja in Diepe Waters.

Reandi volg in die voetspore van Marciel Hopkins wat vir vier seisoene vir boere Kupido gespeel het. Reandi word dus die sewende aanbieder van die program. 

‘Groot voorreg’

Reandi meen dit is ’n groot voorreg om deel van die Boer soek ’n vrou-handelsmerk te wees. “Dit is vir my so lekker! Ek dink ook die aard van die program is baie lekker want elke boer, elke plaas, elke verhouding is anders. So, ek weet daar’s nie ’n spesifieke bootjie waarin ek moet pas nie. Ek kan net my eie styl bring,” sê sy. 

Vir Reandi is die geleentheid ook iets wat sy van haar emmerskoplysie kan aftiek – jip, sy droom nou al lank hiervan, verklap sy.

Maar saam met die opwinding is daar ook senuwees, erken Reandi. “Ek weet ek het groot skoene om te vul, maar ek voel ek is gereed. Ek voel ek gaan ingaan om vriende te maak en dan vriende te probeer help om liefde te soek.” 

Sy hoop dat kykers haar sal verwelkom en saam met haar dié pad sal aanpak en geniet. 

‘Regte gevoelens, regte verhoudings’

“Ek dink daar’s twee redes hoekom Boer soek ’n vrou so gewild so gewild is,” sê sy later. “Die een rede is dat dit ’n baie outentieke program is. Daar word nie rêrig ingemeng nie, daar word nie die beste van dié, of die mooiste van daai gekies nie.

“Dis regte boere met regte vroue wat inskryf, regte gevoelens, regte verhoudings. Dit (egtheid) is waarin kykers belangstel. Dít is wat hulle wil sien en hoor.

“En dan, natuurlik, die wonderlike Suid-Afrikaanse kultuur – om te wil deel wees en te wil deelneem. Boer soek ’n vrou is ’n verwelkomende program wat voel of jy in jou huis deel van die program word. Ek dink van die show én die kykers se kant af is dit goeie spanwerk wat die program so gewild maak.”

Reandi vertel dan hoe Marciel haar tot die Boer soek ’n vrou-familie verwelkom het. 

Boer soek 'n vrou, Reandi Grey
Reandi Grey neem die aanbiederleisels op Boer soek ’n vrou by Marciel Hopkins oor. Foto: Verskaf

“Baie, baie dankie vir die groot verwelkoming, vir al die inspirasie, vir al die notas, die aanmoediging, vir al die pak-tips vir die langpad . . . En dan wil ek ook net vir haar dankie sê vir hoe mooi sy na Boer soek ’n vrou gekyk het. Ek kan aansluit by ’n program waarvoor mense lief is en waarvan hulle hou, en wat mense waardeer, omdat sy dit so mooi vertolk het. Sy het (haar werk) so mooi, en met soveel passie en elegansie, gedoen.”

Dis deels danksy Marciel dat mense so lief vir die program is, meen sy. 

“Dankie, Marciel, dat ek kan instap in ’n gesonde werksomgewing en ’n geliefde program.”


Die top-tien boere vir die 17de seisoen van Boer soek ’n Vrou sal op Sondag 27 Oktober tydens ’n spesiale uitsending op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies