Menu terloops
In Gons [10 Jul 2024]

40 boere later… Marciel groet ‘Boer soek ’n vrou’


Om vir vier seisoene deel van die gewilde maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’ te wees, was ’n “enorme voorreg” vir aanbieder Marciel Hopkins, maar die reeks se 16de uittog sal dan ook haar laaste saam met dié span wees.

40 boere later… Marciel groet ‘Boer soek ’n vrou’

(Hooffoto: Sulet Fourie Photography)

In ’n onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul dat dit haar laaste seisoen gaan wees waar sy boere help om liefde te vind.  Marciel praat openhartig oor haar Boer soek ’n vrou-reis in die 11-18 Julie-uitgawe van Landbouweekblad. (Sy’s ook die voorbladnooi!)

Die mooi herinneringe en fantastiese lewenservaringe sal ek altyd saam met my neem en koester. 

Marciel Hopkins
Marciel Hopkins Landbouweekblad

Marciel is sedert 2020 die aanbieder van Boer soek ’n vrou. Sy sê dat dit vir haar ’n “enorme voorreg” was om vir vier seisoene dié rol te kon vervul. Die sestiende seisoen van die maatsoekreeks begin op Donderdag 18 Julie.

“Om ’n pad met 40 boere te kon stap, het my lewe verryk, my opnuut in die liefde laat glo en ek is trotser as ooit om ‘n Suid-Afrikaner te wees,” sê sy. 

“Die mooi herinneringe en fantastiese lewenservaringe sal ek altyd saam met my neem en koester.” 

kykNET sal Marciel se opvolger ná afloop van vanjaar se seisoen aankondig. 

Buiten Marciel, is Boer soek ’n vrou al deur Elma Postma (2008-2010), Angelique Gerber (2011-2013), Nadia Beukes (2014-2015), Minki van der Westhuizen (2016-2017) en Leah van Niekerk (2018-2019) aangebied. 


Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv en DStv Stream). Dit sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies