Menu terloops
In Gons [15 Okt 2024]

‘Diepe Waters’: Theresa se angswekkende storielyn bereik lewensgevaarlike klimaks


Ná weke van dreigemente en teistering het Wessel se obsessie met sy eksvrou op ’n lewensgevaarlike konfrontasie in ‘Diepe Waters’ uitgeloop.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’: Theresa se angswekkende storielyn bereik lewensgevaarlike klimaks

Dinsdag, 15 Oktober se episode van kykNET se telenovela Diepe Waters het kykers se senuwees aan flarde gehad toe Theresa (Mandi Baard) op die nippertjie uit ’n vreesaanjaende situasie met haar eksman, Wessel (Francois van Rensburg), ontsnap het.

Theresa, wat haar lewe saam met Jacques (Werner Coetser) ná haar egskeiding van Wessel  herbou het, het haar donkerste oomblik beleef toe Wessel in haar huis ingebreek en ontvoer het. In ’n ysingswekkende toneel het Wessel toe Theresa se hande en voete vasgebind en haar na ’n swembad gesleep, vasbeslote om haar lewe te beëindig. “As ek jou nie kan hê nie, kan niemand jou hê nie,” was sy laaste woorde aan haar voordat hy haar in die water gegooi het, met die doel om haar te laat verdrink.

Diepe Waters
Theresa, wat haar lewe saam met Jacques ná haar egskeiding van Wessel  herbou het, het haar donkerste oomblik beleef toe Wessel in haar huis ingebreek, ontvoer en toe probeer verdrink het. Foto: Skermgreep

Maar in ’n onverwagse wending het Jacques betyds opgedaag, in die swembad geduik en Theresa gered.

Moeilike toneel vir akteurs

Die toneel waar Wessel vir Theresa probeer verdrink, was vir Francois baie moeilik om te skiet. “Ek en Mandi het mekaar goed opgesweep voordat die kameras begin rol het om seker te maak ons laat reg aan die skrywers se visie vir storielyn geskied. Daar is mense wat hierdie realiteit daagliks in die gesig staar en ons wou dit so eerlik as moontlik uitbeeld.”

“Dis die toneel wat my nog die mees angstig in my loopbaan gemaak het,” sê Mandi. “Die manier waarop die produksiemense met my daardeur gepraat het, en dat hulle my die opsie gegee het om ’n stunt double te kry, het baie gehelp.”

Diepe Waters
“Dis die toneel wat my nog die mees angstig in my loopbaan gemaak het,” sê Mandi. Foto: Skermgreep

Daar was ’n mediese persoon en ’n stunt-koördineerder op stel, wat ook gehelp het om haar meer op haar gemak te laat voel. “Francois was so versigtig om my nie seer te maak nie. Ek moes later vir hom sê hy kan my maar harder gooi,” vertel sy. 

Donker uitdagings

Vir Francois was dit ’n uitdaging om so ’n donker karakter te speel. “Wat Wessel doen en hoe hy optree, is verkeerd. Hy is jaloers en besitlik en hy manipuleer Theresa om sy sin te kry,” sê hy. “Hy raak obsessief en desperaat as hy sien dat hy haar nie kan terugkry nie. Die uitdagendste deel was om by daai donker, emosionele plekke uit te kom wat die karakter verg,”

Hierdie aangrypende episode het die uiterstes van vrees, liefde en oorlewing gewys. Hoe sal Theresa in die nadraai van haar angswekkende ervaring herstel? 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies