Menu terloops
In Gons [6 Sep 2024]

‘Boer soek ’n vrou’: ‘Dis jou hart wat tel’ sê Aniska nadat sy in ’n onverwagse kinkel vir boer Niel groet


Aniska Moller, voormalige hoofdogter van Hoërskool Montana (Pretoria) in 2019, het in die afgelope episode van kykNET se gewilde maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’ vir boer Niel, Hestia en Mikal geheel en al onkant betrap toe sy aangekondig het sy wil die reeks verlaat.

Stroom aanlyn

‘Boer soek ’n vrou’: ‘Dis jou hart wat tel’ sê Aniska nadat sy in ’n onverwagse kinkel vir boer Niel groet

Hoe voel Aniska self oor die reeks en die pad vorentoe? Sy vertel vir terloops meer oor wat tot haar skokbesluit gelei het en gee ook raad aan diegene wat in die toekoms vir Boer soek ’n vrou wil inskryf.

Dit neem waagmoed om ’n brief aan ’n totale vreemdeling te skryf. Hoe het jy jou gedagtes georden voordat jou brief aan boer Niel in die posbus beland het?

“Ek het lank gedink voordat ek pen op papier gesit het. My hoofdoel was om baie doelbewus met my woorde te wees. Ek het besef dat boere baie besige mense is en daarom wou ek nie Niel se tyd mors met ’n lang brief nie. 

“Ek het besluit om my brief kort en kragtig te hou sodat Niel vinnig ’n idee kon kry van wie ek is. Dit was vir my belangrik om nie net my persoonlikheid en belangstellings oor te dra nie, maar ook om iets van my drome en toekomsvisie met hom te deel.  So kon Niel dadelik sien of ons waardes en aspirasies by mekaar pas.

“Ek het my brief op die laaste oomblik ingestuur omdat ek seker wou wees dat my bedoelings reg en opreg is. Ek wou net die regte boodskap oordra en het dit nie ligtelik opgeneem nie. 

“Dit het vir my saak gemaak om my hart op die regte plek te hê voordat ek daardie stap geneem het.”

Hoekom boer Niel?

“Eerstens is Niel ’n baie aantreklike man wat beslis my aandag getrek het. Maar wat vir my werklik belangrik is, is die eienskappe wat hy genoem het – waarvan daar verskeie is wat ek graag in my toekomstige man wil hê. 

“Hy lyk ook soos ’n rustige mens wat terselfdertyd avontuurlustig is, en dis presies hoe ek hom opgesom het. Dit het gevoel asof ons moontlik dieselfde waardes deel.”

Boer Niel, boer soek 'n vrou
Boer Niel met die vroue wat hy plaas toe genooi het. Aniska is links van hom, regs is Mikal en Hestia. Foto: Skermgreep

Met jul ontmoeting in Oudtshoorn was dit duidelik dat daar ’n vonkie tussen jou en boer Niel was. Maar toe kies jy sélf om huis toe te gaan. Wat het werklik agter jou besluit gesteek?

“Ek het nie gedink dié vraag gaan my so raak nie, maar tog doen dit juis omdat ek dink daar was werklik ’n konneksie tussen ons. Ek dink ons almal kon dit sien. 

“Het ek gedink dit gaan so uitdraai? Glad nie, maar nadat ek gesien het wat ek gesien het, en toe “daai stemmetjies” – wat eintlik die Heilige Gees verteenwoordig, soos my pa sal sê – begin praat het . . . toe weet ek.

“Tydens die middag van aktiwiteite het ek en Niel so eenkant gesit en gesels terwyl die ander twee dames in onderhoude was. Toe een van hulle van agter af na ons stap en ek die manier sien hoe sy oë begin blink het, toe weet ek. 

“Daar het ek reeds my besluit gemaak en geweet ek gaan dalk al daardie aand huis toe. Boer soek ’n vrou het ons met nog ’n ekstra dag verras, maar ongelukkig het niks verander nie.”

Dit is ook belangrik om hierdie ervaring ten volle te geniet en oop te wees vir wat ook al mag kom. Die proses gaan nie net oor die moontlikheid om iemand spesiaal te ontmoet nie, maar ook oor selfontdekking en persoonlike groei. 

Aniska Moller

Wat is die beste raad wat jy kan deel aan diegene wat vir die volgende seisoen se boere wil skryf?

“Wees net jouself! Niemand ken jou beter as jyself nie, en daar is soveel faktore wat ’n rol speel in die hele proses. As jy probeer voorgee om iemand anders te wees, beroof jy jouself van ’n geleentheid vir ongelooflike groei. Ek het as ’n vrou uitgestap wat soveel sterker is en baie van myself geleer het.

“Jy gaan nie daardie waardevolle lesse leer as jy nie jouself is nie – maak nie saak hoe ongemaklik of hoe droog jou grappies is nie. Dis jou hart wat tel, en dit gaan natuurlik uitstraal as jy opreg en getrou aan jouself bly.

“Dit is ook belangrik om hierdie ervaring ten volle te geniet en oop te wees vir wat ook al mag kom. Die proses gaan nie net oor die moontlikheid om iemand spesiaal te ontmoet nie, maar ook oor selfontdekking en persoonlike groei. 

“Wees geduldig met jouself, eerlik oor jou gevoelens, en moenie bang wees om kwesbaar te wees nie. Dit is juis in daardie momente van kwesbaarheid dat jy jou ware self en jou ware gevoelens ontdek.

“Onthou ook, as vrou het jy net soveel ’n keuse soos die boer. Jou gevoelens, jou instinkte, en jou besluit is net so belangrik. Hierdie reis is oor wedersydse keuses en respek, en dis iets wat jy ten volle moet omhels.”


Boer soek ’n vrou (S16) word Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Episodes is ook op Catch Up ná uitsending beskikbaar. Ons recaps word weekliks ná afloop van die program, omstreeks 21:00, gepubliseer. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies