Menu terloops

Jack Ryan S1-4

Op Ander [Gepubliseer op 30 Jun 2023]


Die vierde – en laaste – seisoen van ‘Tom Clancy’s Jack Ryan’, is gelyke dele aksie en intrige met John Krasinski se sjarme wat die reeks daai ekstra ietsie gee.

Jack Ryan S1-4
Kyk lokprent

Met die aanvang van die laaste seisoen van Tom Clancy’s Jack Ryan, is die titelkarakter op sy gevaarlikste missie nog. Die storie hervat met Jack (Krasinski) in die rol van die nuwe waarnemende adjunkdirekteur van die CIA.

Jack se eerste taak is allermins maklik. Daar’s vyande en korrupsie in hul eie geledere wat Jack moet ontbloot. Hy ontdek dan ’n hele reeks ongewone black ops wat Amerika se swakpunte kan ontbloot en só die hele land in gevaar stel. Soos Jack en sy span die korrupsie in die organisasie ondersoek, kom hulle egter op iets nog erger af…

Ook in die rolverdeling tel Wendell Pierce as James Greer, Michael Kelly as Mike November, en Abbie Cornish as Cathy Mueller.

Nuwe gesigte dié seisoen sluit in Michael Peña as Domingo Chavez en Louis Ozawa as Chao Fah.

Die resensent Alex Maidy het die kombinasie van Krasinski en Pierce in die rolverdeling geloof en skryf voorts dat die reeks “die politieke en aksie-elemente kombineer op ’n manier wat vir wonderlike televisie sorg”.


Stroom Tom Clancy’s Jack Ryan vanaf Vrydag, 30 Junie 2023, op Prime Video.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies