Menu terloops
In Lysie-lysie [23 Jun 2023]

8 móét-kyk flieks en TV-reekse op Showmax vir die skoolvakansie


Dis vakansie! Ons het ’n heerlike kyklysie van bekroonde flieks en TV-reekse (vir die hele gesin se kykgenot) saamgestel.

8 móét-kyk flieks en TV-reekse op Showmax vir die skoolvakansie

Van die bekendste blou krimpvarkie in die wêreld tot honde as superhelde – daar is baie om op Showmax te stroom as jy kykstof vir die hele gesin soek. Hier is ’n klein keur wat ons saamgestel het.

1

DC League of Super-Pets

Vanaf Maandag, 26 Junie 2023. Geskik vir: 6+

Sit! Bly! Red die wêreld! Die superhond Krypto en Superman is onafskeidbare beste vriende. Hulle het dieselfde supermagte en span saam om misdaad in Metropolis te bekamp. Maar toe Superman en die res van die Justice League ontvoer word, moet Krypto die baas van ’n wanordelike skuiling oortuig om hom met die redding van die superhelde te help.

DC League of Super-Pets, wat in 2022 die 23ste plek op die lokettrefferlys beklee het, is onder meer benoem as die beste superheldfliek vir 2023 se Critics Choice Super-toekennings en ook as gunsteling animasiefliek vir 2023 se Kids’ Choice-toekennings.

Common Sense Media het die fliek as een van die snaaksste DC-flieks beskryf.

2

Vanaf Dinsdag, 29 Junie 2023. Geskik vir: 6+

’n Berugte bende dieremisdadigers gee voor hulle wil gerehabiliteer word eerder as om tronk toe te gaan. Maar dan besef hul leier stilletjies dat hy werklikwaar sy weë wil verander.

Spits jou ore vir die Oscar-wenner Sam Rockwell (Jojo Rabbit), Emmy-wenner Alex Borstein (The Marvelous Mrs. Maisel), Emmy-benoemde mAnthony Ramos (In the Heights, Hamilton) and Critics Choice-genomineerde Marc Maron (Super Pets, GLOW) as stemkunstenaars. Pierre Perifel (Kung Fu Panda 2) behartig die regie.

Rotten Tomatoes het The Bad Guys ’n punt van 88% gegee. En die Guardian beskryf dit as ’n “Tarantino vir die jongspan met ’n bietjie van Ocean’s 11 ingeroer: snaaks, energiek en net slim genoeg.”

Common Sense Media het dit 4/5 toegeken en gesê dit is “so snaaks dat dit eintlik krimineel behoort te wees.”

3

Stroom nou. Geskik vir: 6+

Minions: The Rise of Gru vertel oor ’n kind se droom om die wêreld se grootste superskurk te word. Gru (Steve Carell) is net 12 jaar oud en hy bly iewers in ’n voorstad vanwaar hy beplan om die wêreld oor te neem.

Dinge verander aansienlik toe sy paaie kruis met dié van Kevin, Stuart, Bob, and Otto, oftewel die Minions (soos altyd met die stem van Pierre Coffin, die Oscar-benoemde regisseur van die Despicable Me-trilogie en Minions).

Minions: The Rise of Gru, nommer vyf op die lokettrefferlys in 2022, is as die gunsteling-animasiefliek tydens die 2023 Kids’ Choice-toekennings aangewys.

Luister gerus of jy die stemme van Oscar-wenners Michelle Yeoh (Everything Everywhere All At Once), Alan Arkin (Little Miss Sunshine) and Julie Andrews (Mary Poppins) kan herken.

Kyk ook die BAFTA-genomineerde Minions en die Oscar-genomineerde Despicable Me 2 op Showmax.

4

Stroom nou. Geskik vir: 8+

Die bekendste blou krimpvarkie ter wêreld is terug vir ’n nóg groter avontuur in Sonic The Hedgehog 2.

Nadat Sonic sy voete gevind het in Green Hills, is hy gretig om te bewys dat hy ’n ware held kan wees. Hy word beproef toe Dr. Robotnik met ’n nuwe vennoot, Knuckles, terugkeer op soek na ’n smarag wat beskawings kan vernietig. Sonic en Tails vertrek op ’n soektog om die smarag voor die skurke te vind.

Sonic The Hedgehog 2 het in 2022 wêreldwyd die 14de plek op die lokettrefferlys beklee.

5

Stroom nou. Geskik vir: 13+

Jurassic World: Dominion vind plaas vier jaar nadat Isla Nublar vernietig is. Dinosourusse is nou lewendig — en hulle jag — saam met mense rondom die wêreld. Dit is ’n delikate balans wat gehandhaaf moet word om die toekoms te beslis.

Kyk ook die loketfenomeen Jurassic World op Showmax. 

6

Stroom nou. Geskik vir: 5+

Abominable and the Invisible City is ’n wilde en wollerige opvolg van DreamWorks Animation se 2019-fliek, Abominable

Dit speel af in die hedendaagse Sjanghai en in die animasiereeks ontdek Yi, Jin, Peng en hul geliefde yeti-maat, Everest, dat daar ’n wonderlike towerwêreld daarbuite is. En dis boonop aansienlik nader as wat hulle gedink het. Betowerende kreatiere wat skynbaar die kinders se hulp nodig het, voer hulle mee op ongelooflike, skreeusnaakse en roerende avonture.

Abominable and the Invisible City het in 2023 die Annie-toekenning vir die beste animasie-televisieproduksie vir kinders ontvang.

Common Sense Media sê “jong kykers word getrakteer op ’n visueel-treffende ervaring met spanningsvolle tonele wat hulle betrokke en opgewonde gaan hou en hulle gretig gaan maak om meer te sien van die prettige span wat hul gemeenskap help.”

7

Stroom nou op Showmax. Geskik vir: 8+

Die reeks speel af 1 300 jaar ná DreamWorks Animation’ se How To Train Your Dragon. Drake is nou bloot legendes in die moderne wêreld. Maar ’n geologiese anomalie ontstaan toe wetenskaplikes van reg oor die wêreld by ’n nuwe navorsingsfasiliteit die kans kry om ’n geheimsinnige fenomeen te bestudeer. ’n Groepie kinders ontdek die waarheid oor die drake en waar hulle wegkruip.

Common Sense Media gee die fliek 4/5 en sê: “Dis hope pret vir kinders en volwassenes… Daar’s ’n stewige mengsel van ongelooflike drake-tonele, tienervriendskappe en ’n wetenskaplike raaisel.”

Kyk ook die Oscar-genomineerde How To Train Your Dragon 2 op Showmax.

8

Stroom nou op Showmax. Geskik vir: 3+

The Smeds and The Smoos vertel die verhaal van twee kwasterige families wie se kinders, Bill en Janet, verlief raak en saam wegloop.

Die Suid-Afrikaners Daniel Snaddon en Samantha Cutler het die regie van The Smeds and the Smoos hanteer.

Die kortfliek uit Magic Light Productions se stal is deur die Suid-Afrikaner Julia Smuts Louw (Star Wars Visions: Aau’s Song) aangepas vanuit Julia Donaldson en Axel Scheffler se gelyknamige topverkoper geïllustreerde boek.

The Sunday Telegraph noem die 27-minuut lange fliek ’n “innemende animasie-aanpassing wat oorloop met lig, lag en goeie moed”.

Kyk ook The Snail and the Whale, Zog en Stick Man op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies