Menu terloops
In Sepies [27 Jun 2023]

‘Verbode liefde’, nuwe Turkse telenovela, eersdaags op kykNET&kie


Die oorgeklankte telenovela ‘Verbode liefde’, met plaaslike akteurs soos Charl van Heyningen en Natasja Jacobs as stemkunstenaars, vervang die gewilde Turkse telenovela, ‘Jy is my seun’.

‘Verbode liefde’, nuwe Turkse telenovela, eersdaags op kykNET&kie
Kyk lokprent

Die oorgeklankte Turkse telenovelas op kykNET&kie is besonder gewild onder kykers en met die dramas in Jy is my seun wat tot ’n einde kom, is daar eersdaags nuwe intrige wat op kykers wag. Verbode liefde word vanaf Woensdag, 5 Julie om 20:00, uitgesaai.  

Verbode liefde se oorspronklike Turkse titel is Zümrüdüanka. Die Engelse titel is The Phoenix en die telenovela, wat uit 84 episodes bestaan, is die eerste keer in 2020 uitgesaai.

Waaroor gaan dit? 

Die beeldskone Zümrüt werk vir die magtige Demirkan-familie – als om na haar sieklike pa, ma en twee susters om te sien.

Ene Adil Demirkan is verlief op Zümrüt, maar sy sien hom bloot net as ’n tipe ouer broer-figuur. Sy is in die geheim in ’n verhouding met Serhat, Adil se neef.  Zümrüt en Serhat het beplan om na afloop van sy militêre diensplig te trou, maar dan hoor sy Serhat het tydens sy diensplig gesterf. 

Zümrüt swig voor haar ma se druk om met die skatryk Adil te trou. Maar terwyl die twee trou aan mekaar beloof, daag Serhat op. Dis nie al nie – op sy huweliksnag word Adil deur ’n onbekende aanvaller vermoor.

Zümrüt vind intussen uit dat Abbas, die oudste Demirkan-broer, ook agter haar lyf aan is. Gaan Zümrüt en Serhat deur al hierdie troebel waters oorleef en uiteindelik liefde en vrede by mekaar vind? 

Wie is wie? 

Die karakters in Verbode liefde beloof baie drama. Die Suid-Afrikaanse spelers wat vir hul stemme verantwoordelik is, sluit in:

  • Zümrüt Kuloglu (Ceren Yilmaz) se stemkuns word deur die plaaslike radio-aanbieder Sue Pyler behartig.
  • Serhat Demirkan word deur Alp Navruz vertolk met stemkuns deur Rowlen von Gericke.
  • Selim Bayraktar speel Abbas Demirkan. Charl van Heyningen is vir sy stem verantwoordelik. 
  • Adil Demirkan word deur Umut Karadag gespeel. David Johnson is vir Adil se stem verantwoordelik.  
  • Ander bekende Suid-Afrikaanse stemme wat in die reeks te hoor is, is Karin Retief as Azimet Demirkan, Marijke Coetzer as Doné Kilic, Natasja Jacobs as Fitnat Gulseven, Danielle Retief as Meliha Kuloglu, Sanli Jooste as Nevcihan Demirkan, André Retief as Rustem Kuloglu, Alicia van Emmenis as Saniye Arsoy, Mari Molefe as Suhandan Demirkan en Elma Potgieter as Ulfet Kuloglu. 

Verbode liefde word weeksdae vanaf Woensdag 5 Julie om 20:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Ook op Catch Up beskikbaar.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer
Sien alle opsies