Menu terloops
In Sepies [27 Jun 2023]

‘Verbode liefde’, nuwe Turkse telenovela, eersdaags op kykNET&kie


Die oorgeklankte telenovela ‘Verbode liefde’, met plaaslike akteurs soos Charl van Heyningen en Natasja Jacobs as stemkunstenaars, vervang die gewilde Turkse telenovela, ‘Jy is my seun’.

‘Verbode liefde’, nuwe Turkse telenovela, eersdaags op kykNET&kie
Kyk lokprent

Die oorgeklankte Turkse telenovelas op kykNET&kie is besonder gewild onder kykers en met die dramas in Jy is my seun wat tot ’n einde kom, is daar eersdaags nuwe intrige wat op kykers wag. Verbode liefde word vanaf Woensdag, 5 Julie om 20:00, uitgesaai.  

Verbode liefde se oorspronklike Turkse titel is Zümrüdüanka. Die Engelse titel is The Phoenix en die telenovela, wat uit 84 episodes bestaan, is die eerste keer in 2020 uitgesaai.

Waaroor gaan dit? 

Die beeldskone Zümrüt werk vir die magtige Demirkan-familie – als om na haar sieklike pa, ma en twee susters om te sien.

Ene Adil Demirkan is verlief op Zümrüt, maar sy sien hom bloot net as ’n tipe ouer broer-figuur. Sy is in die geheim in ’n verhouding met Serhat, Adil se neef.  Zümrüt en Serhat het beplan om na afloop van sy militêre diensplig te trou, maar dan hoor sy Serhat het tydens sy diensplig gesterf. 

Zümrüt swig voor haar ma se druk om met die skatryk Adil te trou. Maar terwyl die twee trou aan mekaar beloof, daag Serhat op. Dis nie al nie – op sy huweliksnag word Adil deur ’n onbekende aanvaller vermoor.

Zümrüt vind intussen uit dat Abbas, die oudste Demirkan-broer, ook agter haar lyf aan is. Gaan Zümrüt en Serhat deur al hierdie troebel waters oorleef en uiteindelik liefde en vrede by mekaar vind? 

Wie is wie? 

Die karakters in Verbode liefde beloof baie drama. Die Suid-Afrikaanse spelers wat vir hul stemme verantwoordelik is, sluit in:

  • Zümrüt Kuloglu (Ceren Yilmaz) se stemkuns word deur die plaaslike radio-aanbieder Sue Pyler behartig.
  • Serhat Demirkan word deur Alp Navruz vertolk met stemkuns deur Rowlen von Gericke.
  • Selim Bayraktar speel Abbas Demirkan. Charl van Heyningen is vir sy stem verantwoordelik. 
  • Adil Demirkan word deur Umut Karadag gespeel. David Johnson is vir Adil se stem verantwoordelik.  
  • Ander bekende Suid-Afrikaanse stemme wat in die reeks te hoor is, is Karin Retief as Azimet Demirkan, Marijke Coetzer as Doné Kilic, Natasja Jacobs as Fitnat Gulseven, Danielle Retief as Meliha Kuloglu, Sanli Jooste as Nevcihan Demirkan, André Retief as Rustem Kuloglu, Alicia van Emmenis as Saniye Arsoy, Mari Molefe as Suhandan Demirkan en Elma Potgieter as Ulfet Kuloglu. 

Verbode liefde word weeksdae vanaf Woensdag 5 Julie om 20:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Ook op Catch Up beskikbaar.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies