Menu terloops
In Sepies [18 Jun 2023]

Sepievoorskou: Bloed vergewe nie alle sondes in ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’


Hulle sê bloed is dikker as water, maar dié week is daar menigde bewyse dat dit tog nie altyd die geval is nie… Daar is wél sondes wat net té groot is om te vergewe. Ons het die inside scoop oor hierdie week se grootste sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (19 Junie tot 23 Junie 2023) op ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Bloed vergewe nie alle sondes in ‘Suidooster’ en ‘Diepe Waters’

Suidooster

Aiden (Theodore Jantjies) sukkel om die geld vir die apteek in die hande te kry en nes hy desperaat word, daag ’n goeie Samaritaan met ’n vet bankrekening op om hom uit sy finansiële penarie te red. Maar Aiden beter lig loop, want soos Sneeuwitjie en Rooikappie sal getuig, nie almal wat onskuldig voorkom, kan vertrou word nie. 

Ruiterbosch wemel van die slinkse slange in die gemeenskap en almal weet wie bo aan my lys is. Ek wil letterlik uit my vel uit spring as Orpa (Marisa Drummond) eers vir mense wil seën. Die klimaks bou rondom hierdie storielyn en kykers se monde gaan soos die res van Ruiterbosch oophang as julle sien wat volgende gebeur. Dani (Vashti Prins) is lus vir haar en elke woord wat uit Orpa se mond kom, laat Dani se bloed kook. Orpa beter weet dat hierdie pastoorsvrou niemand se vloerlap is nie. Dani sal die vloer met Orpa vee as sy haar ver genoeg druk. 

In die legendariese woorde van 7de Laan se geliefde Hilda, hang arme Rita (Illse Roos) se senuwees aan flenters. Ongelukkig vir Nazeem (Irvine van der Merwe) is sy nie heeltemal ’n pushover nie. Hy loop homself dié week lelik vas as Rita nie haar sin kry nie. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Diepe Waters 

Tsepho (Johnny Potsanyane), Jacques (Werner Coetser) en Zelda (Sandi Schultz) kry almal ’n reality check as dit by familie kom.  

Tsepho besef dat onvoorwaardelike liefde soms teen ’n heftige prys kom. Of dit die moeite werd is, sal hy diep oor moet nadink. Persoonlik is ek op dieselfde blad as Nina (Reze-Tiana Wessels) wanneer dit by hierdie onderwerp kom. Ek gaan niemand betaal om vir my om te gee nie en ek gaan ook nie uitgebuit word sodat jy saam met my sal tyd spandeer nie. As ’n verhouding saam met my nie priceless vir jou is nie, dan weet jy waar die deur is. 

Jacques het gedink sy pa se liefde vir hom is groter as die fout wat hy gemaak het. Gys (Justin Strydom) bewys egter vir ons almal verkeerd met ’n move wat kykers ewe erg sal skok as arme Jacques toe die mat onder sy voete uitgeruk is. 

Zelda kan jou vyand wees al is sy lief vir jou, maar die Here moet jou siel bewaar as jy jou rug op haar draai. Pam maak hierdie week besluite wat sy glo in haar beste belang is, maar dit kom met gevolge vir die mense in haar binnekring. 

Ons almal onthou die pyn van daardie eerste liefdesteleurstelling. Oh, young love! Die pyn voel vir jou erger as enigiets wat jy ooit in jou hele lewe gaan ervaar. Dit voel letterlik asof iets jou in die bors gesteek het. Nou, natuurlik is dit nie waar nie. Daar is veel erger dinge wat ’n mens in die lewe gaan deurmaak, maar Karla (Daniëlle Swanepoel) ervaar dié week daardie eerste teleurstelling met ’n verrassende einde.   

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies