Menu terloops
In Gons [3 Okt 2021]

‘Suidooster’ bekroon, ‘Arendsvlei’ mis uit


Suid-Afrika se beste sepies, onder meer die hospitaaldrama Binnelanders, Getroud met Rugby met sy volop slaapkamer-intriges, en die glansryke telenovella The Queen is by die 2021 Royalty Soapie-toekeninngs vereer. 

Deur Rozanne Els
‘Suidooster’ bekroon, ‘Arendsvlei’ mis uit

Suid-Afrika se beste sepies, onder meer die hospitaaldrama Binnelanders, Getroud met Rugby met sy volop slaapkamer-intriges, en die glansryke telenovella The Queen is by die 2021 Royalty Soapie-toekeninngs vereer. 

Terwyl Skeem Saam deur kykers as die gewildste sepie op TV aangewys is, het Suidooster ’n spesiale toekenning ontvang vir sosiale kohesie vir sy geloofwaardige uitbeelding van Suid-Afrika se diversiteit en die ervarings wat daarmee gepaardgaan. 

Die veteraanaktrise Lillian Dube, nou 75, is vir haar lewensbydrae vereer. Dube is veral bekend vir haar rolle in Generations, Soul City, Oh Shucks…I’m Gatvol!, Fanie Fourie’s Lobola en die bekroonde fliek Cry, the Beloved Country. Meer onlangs is sy in die komediereeks Black Tax te sien.

Ten spyte van die talle benoemings wat Arendsvlei ontvang het, is dié storie, vir enige van die pryse oorgesien. Veral verrassend (en eintlik heel ondenkbaar) is dat Arendsvlei se benoemde akteurs, soos Quanita Adams en Ilse Klink, uitgemis het.

Hier is die wenners in die hoofkategorieë:

Beste paartjie op die skerm:

Zolisa Xaluva en Thembi Seete as Melusi Dlamini en Gladys Dlamini in Gomora Season 2.

Beste nuweling:

Nompumelelo Vilakazi as Sne Gwala in DiepCity

Beste jong kunstenaar

Ditebogo Ledwaba as Mbali in Generations: The Legacy

Beste akteur

Aubrey Poo as Castro Kamanga in The Estate

Beste aktrise

Lusanda Mbane as Boniswa Langa in Scandal

Beste manlike byspeler  

Emmanuel Castis, Binnelanders

Beste vroulike byspeler    

Elizabeth Serunye, Skeem Saam

Beste manlike villain

Vusi Kunene as Jack Mabaso in Generations: The Legacy

Beste vroulike villain

Jessica Nkosi as Thando Sebata in The Queen

The Queen is op Showmax.
Jessica Nkosi se karakter in The Queen, Thando Sebata, is as die beste skurk in die sepiewêreld aangewys. | Verskaf

Beste daaglikse televisiedrama

DiepCity

Kykers se beste akteur

Chrispen Nyathi as Charleston Ncube in DiepCity

Kykers se beste aktrise

Lebohang Mpyana as Khelina Maponya in DiepCity

Gewildste reeks

Skeem Saam

Beste produksie-ontwerp     

Binnelanders

Beste regie-span

DiepCity

Beste redigeringsspan          

The Queen

Beste kinematografie

Imbewu

Beste klankmeng en -redigering

Getroud met Rugby

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies