Menu terloops
In Recaps [30 Jul 2026]

‘Boer soek ’n vrou’ S18 se topvyf bekend


In vandeesweek se episode van ‘Boer soek ’n vrou’ vind ons uit watter vyf boere die meeste briewe ontvang het.

Deur Annelene Oberholzer
‘Boer soek ’n vrou’ S18 se topvyf bekend

Die vyf boere wat hul soektog na liefde in die 18de seisoen van Boer soek ’n vrou gaan voortsit, is Jack, JD, Francois, Arno en Willie.

Hulle dring deur na die volgende fase van dié kykNET-maatsoekreeks en moet nou elk tien potensiële pasmaats uit die briewe wat hulle ontvang het, kies om tydens die blitsafsprake te ontmoet.

Jack, die appel- en peerboer van Hermanus, het die meeste briewe van al tien boere ontvang.

Die uitslag is in die derde episode van die seisoen bekend gemaak nadat die aanbieder, Reandi Grey, die tien boere besoek het om hul briewe en pakkies af te lewer.

“Dis geskryf om daai een hart te bereik; daai een siel aan te raak. Woorde met hoop, afwagting en soeke na daai eerste ontmoeting met die persoon wat dalk jou hart mag wen,” het Reandi oor die briewe gesê.

Die blitsafsprake is die volgende fase van die reeks en bied die boere hul eerste geleentheid om die mense agter die briewe persoonlik te ontmoet. Ná die blitsafsprake sal hulle verdere keuses oor hul liefdesreise moet maak.

En die res…

Die vyf boere wat nie na die volgende fase deurdring nie, is Leandi, Junior, Jacques, Luan en David.

Leandi (36), ’n beesboer van Ventersdorp, het gesê sy is steeds dankbaar vir die briewe wat sy ontvang het. “Jy’t nie baie briewe nodig nie – net die régte brief,” was haar reaksie nadat sy verneem het dat sy nie onder die topvyf is nie.

Junior (35), wat ’n gemengde boerdery naby Bethlehem bedryf, Jacques (32), ’n makadamianeutboer van Nelspruit, en Luan (26), ’n skaapboer van Strydenburg, het ook talle briewe en geskenkpakkies ontvang.

David (43), ’n boer van Vierfontein, was verlig dat hy nie onder die topvyf geëindig het nie. Hy het aan Reandi verklap dat hy intussen iemand ontmoet het…

Die topvyf-boere is:

Jack (30), ’n appel- en peerboer van Hermanus in die Wes-Kaap

Boer soek 'n vrou S18, Foto: Gys Loubser

JD (28), wat ’n gemengde boerdery naby Reitz in die Vrystaat het

Boer soek 'n vrou S18, Foto: Gys Loubser

Francois (34), ’n natuurbewaarder van Hoedspruit in Mpumalanga

Boer soek 'n vrou S18, Foto: Gys Loubser

Arno (28), ’n bosbouboer van Tzaneen in Limpopo

Boer soek 'n vrou S18, Foto: Gys Loubser

Willie (37), ’n bees- en mielieboer van Harrismith in die Vrystaat

Boer soek 'n vrou S18, Foto: Gys Loubser

Boer soek ’n vrou S18 saai uit op Donderdae om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Nuwe episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Augustus 2026

Jacques en Theresa se groot dag breek aan, terwyl Karla en Arno nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Hier is waarna 'Diepe Waters'-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies