Menu terloops
In Gons [28 Nov 2023]

‘Oppi Noot’: Emo Adams se nuwe sangprogram soek eerste deelnemers


Die gewilde plaaslike vermaaklikheidster Emo Adams is die aanbieder van ’n splinternuwe sangprogram op kykNET – en jy kan nou vir ‘Oppi noot’ inskryf.

‘Oppi Noot’: Emo Adams se nuwe sangprogram soek eerste deelnemers

Oppi noot is ’n prettige speletjiesprogram waarin sangers teen mekaar meeding in ’n reeks uiteenlopende en vermaaklike musiekuitdagings. Terwyl die bekende vermaaklikheidster Emo Adams die aanbieder is, word die reeks deur Noot vir noot en Musiek Roulette se Stemmburg Televisie vervaardig.

Emo het reeds as kind in musiekblyspele van David Kramer en Taliep Petersen opgetree en later ’n geliefde sanger en aanbieder van TV-programme soos Jou show, Maak my famous en Noot vir noot geword. 

Wat kan kykers verwag? 

“Pret, plesier, baie gelag, lekker saamsing en iets totaal anders,” sê Emo. 

“Daar was nog nie so ’n program op Suid-Afrikaanse TV nie. Wat dit anders maak, is dat hierdie ’n speletjiesprogram spesifiek vir sangers is. Die doel is nie om musiekkennis of sangvermoëns te toets nie, maar eerder om te kyk hoe deelnemers vaar met die uitdagings van sanggebaseerde speletjies. Dis ’n lekker feel good-program en ek glo kykers gaan elke minuut geniet.”

Die sangers sal deur ’n orkes, onder leiding van Jaconell Mouton, begelei word. 

Só werk dit

Oppi noot is nie ’n realiteitstelevisie-sangkompetisie nie! Die sangers sal punte verdien vir hulle prestasie in die verskillende speletjies. Hoe meer liedjies ’n deelnemer kan sing, hoe beter. Drie sangers sal aan elke episode deelneem, en daar is in elke program kontant om te wen. Hoe verder jy na die eindronde vorder, hoe meer geld is op die spel. 

Drie gelukkige kykers gaan elke week gekies word om as “lugvennote” aan die program deel te neem. Lugvennote wen geld na gelang van hoe goed hul sangvennote in die program vaar.

Elke program begin met die aand se sangers wat elk een vers van ’n liedjie sing. Die eerste drie uit vyf kykers – wat lukraak vir deelname aan daai episode gekies word – wat die liedjies korrek kan identifiseer, dring dan deur as daardie episode se lugvennote. 

As lugvennoot, word jy verbind aan die sanger wie se liedjietitel jy korrek geïdentifiseer het. Jy wen dan ’n bedrag geld afhangend van of jou sanger eerste, tweede of derde plek in die program behaal het. Elkeen van die aand se drie lugvennote is dus gewaarborg om iets te wen. Inligting oor hoe om ’n lugvennoot te word, sal later bekend gemaak word. 

Wil jy sing?

Die soektog na die sangers is egter reeds in die wegspringblokke. As jy dus ’n sanger is wat noot kan hou en aan die program wil deelneem, stuur ’n video-opname waarin jy jou gunstelingliedjie sing saam met jou naam, ouderdom en waar jy woon per WhatsApp na 072 511 2986.


Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies