Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Nov 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir November 2024


Terwyl Kyla by ’n kruispad verkeer, ry Amanda se emosies wipplank. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir November 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit.

Die tweede aflewering van Wyfie word tans op Showmax vrygestel. Daar is elke Dinsdag twee nuwe episodes beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 5 November

Mamma, ek wil ’n Maggie hê 

Ragel reël ‘n aandete met haar dogter en Maggie om hulle verhouding beter te verstaan, maar die aand verloop nie soos almal gehoop het nie.

Honger 

Kyla is by ‘n kruispad en moet besluit of sy die geld gaan teruggee of hou. Amanda raak jaloers oor Simeon en Mia se vriendskap.

Wyfie
Kyla het ’n paar moeilike besluite om te maak. Foto: Verskaf

Dinsdag, 12 November

Die ma- en dogter-tee 

Ten spyte van almal se teenstand, help Amanda vir Nastaha om die ma- en dogter-tee te reël en Daniël besef hoekom Amanda betrokke geraak het. 

Poppehuisie

Mia en Simeon se vriendskap verdiep en die grense verskuif. Kyla se ouma kom kuier vir haar, maar dis nie ’n vriendelike kuier nie.

Dinsdag, 19 November

Kinderspeletjies

Kyla probeer haar akademiese loopbaan red, Mia ontdek haarself met Simeon en Daniel vra Amanda weer uit.

Period 

Die Otters het almal ge-sync en wanneer Amanda en Shay die somme doen, besef hulle daar’s ’n groot kans dat Amanda swanger is.

Dinsdag, 26 November

Die toets

Kyla kroek in ’n belangrike toets en Ragel is omgekrap oor Shay moontlik ’n ma gaan word. Mia vertel vir Amanda sy’t met Simeon geslaap. 

Sweet

Kyla ontdek haar donkerder kant, maar ten koste van Jessie, wat haar hulp nodig het. Amanda is bekommerd oor Shay wat steeds in pyn is. Simeon skryf Daniel se naam op die Sweetlys.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies