Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Nov 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir November 2024


Terwyl Kyla by ’n kruispad verkeer, ry Amanda se emosies wipplank. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir November 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit.

Die tweede aflewering van Wyfie word tans op Showmax vrygestel. Daar is elke Dinsdag twee nuwe episodes beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 5 November

Mamma, ek wil ’n Maggie hê 

Ragel reël ‘n aandete met haar dogter en Maggie om hulle verhouding beter te verstaan, maar die aand verloop nie soos almal gehoop het nie.

Honger 

Kyla is by ‘n kruispad en moet besluit of sy die geld gaan teruggee of hou. Amanda raak jaloers oor Simeon en Mia se vriendskap.

Wyfie
Kyla het ’n paar moeilike besluite om te maak. Foto: Verskaf

Dinsdag, 12 November

Die ma- en dogter-tee 

Ten spyte van almal se teenstand, help Amanda vir Nastaha om die ma- en dogter-tee te reël en Daniël besef hoekom Amanda betrokke geraak het. 

Poppehuisie

Mia en Simeon se vriendskap verdiep en die grense verskuif. Kyla se ouma kom kuier vir haar, maar dis nie ’n vriendelike kuier nie.

Dinsdag, 19 November

Kinderspeletjies

Kyla probeer haar akademiese loopbaan red, Mia ontdek haarself met Simeon en Daniel vra Amanda weer uit.

Period 

Die Otters het almal ge-sync en wanneer Amanda en Shay die somme doen, besef hulle daar’s ’n groot kans dat Amanda swanger is.

Dinsdag, 26 November

Die toets

Kyla kroek in ’n belangrike toets en Ragel is omgekrap oor Shay moontlik ’n ma gaan word. Mia vertel vir Amanda sy’t met Simeon geslaap. 

Sweet

Kyla ontdek haar donkerder kant, maar ten koste van Jessie, wat haar hulp nodig het. Amanda is bekommerd oor Shay wat steeds in pyn is. Simeon skryf Daniel se naam op die Sweetlys.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies