Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Okt 2023]

Wat om te kyk: ‘Taktiek’, ‘Beckham’, ‘Diepe Waters’, en meer


Wat om te kyk: ’n Intieme blik op een van die wêreld se grootste sportikone in ‘Beckham’; kykNET se splinternuwe, skaterlag-komedie ‘Taktiek’; die sexy riller ‘Fair Play’; die musieklegende Donna Summer se verhaal in ’n pragtige dokkieprent; en die hele eerste seisoen van ‘Diepe Waters’ op Showmax tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: ‘Taktiek’, ‘Beckham’, ‘Diepe Waters’, en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 2 tot 8 Oktober. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Taktiek S1

Taktiek begin op Maandag 2 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Stream. Ook op Catch Up ná uitsending beskikbaar. 

Iewers in Suid-Afrika is daar ’n dorpie genaamd Schusterton. En soos enige ander dorpie in die land, het Schusterton ’n sekuriteitsmaatskappy wat na die veiligheid van die inwoners omsien – Taktiek. 

Daar is net twee probleme… Eerstens is Schusterton die veiligste dorp in die land waar daar min tot niks aangaan nie. Tweedens is die grootbaas tronk toe gestuur vir allerlei ongerymdhede, en is die sekuriteitsmaatskappy is nou in die hande van sy dogter.

Taktiek, vervaardig deur Nagvlug Films wat ook vir die trefferreeks Hotel verantwoordelik was, spog met onder andere, Bennie Fourie, Schalk Bezuidenhout, Marion Holm, Mandri Sutherland en Keeno-Lee Hector in die rolverdeling. Lees ook Riëtte van der Wat se resensie oor dié heerlik-snaaks komedie.

Beckham

Vanaf 4 Oktober 2023 op Netflix. 

David Beckham is sekerlik een van die bekendste sportsterre ter wêreld én van alle tye. In Netflix se Beckham, ’n vierdelige dokkiereeks, span die Oscar-wenners Fisher Stevens en John Battsek kragte saam om dan dié sokkerspeler se verhaal te vertel.

Stevens, bekend vir The Cove, en Battsek, bekend vir onder meer Searching for Sugar Man, is hier ongeëwenaarde toegang tot Beckham, sy vrou, Victoria, familie, vriende en spanmaats gegee. Dis die samekoms van al dié stemme wat van Beckham ’n intieme vertelling maak; ’n gedetailleerde portret van dié speler en mens. Dit plaas sy opgang vanaf nederige, werkersklas-wortels na ’n wêreldwye sokkerfenomeen en ikoon ook in konteks van moderne celeb-kultuur wat veral fel op sokkerspelers in Engeland val. 

Dié storie is ’n dikwels verrassende tuimeltreinrit.

Diepe Waters S1 

Vanaf 5 Oktober 2023 op Showmax

Terwyl dié telenovela se tweede seisoen ook vandeesweek op kykNET afskop, kan laatkommers die eerste seisoen op Showmax kafdraf. 

Die storie draai om die Swarts-gesin, hul swemklub, en die baie, baie drama wat bo en onder die water afspeel. Die eerste episode is in Oktober verlede jaar uitgesaai en sedertdien het die tonge nooit ophou klap nie. Van die skok toe Gys (Justin Strydom) sy nuwe (veel jonger) vrou, Meghan (Lea Vivier) aan sy familie voorgestel het, tot die onthulling dat einste Meghan toe heeltyd kop in een mus met Gys se aartsvyand, Zelda (Sandi Schultz) was. En dít was maar die minste van die skandes en skandale… 

Ook in die (baie groot) rolverdeling tel die sepieveterane Nadia Valvekens en Werner Coetser, en nuwelinge Daniélle Swanepoel en Liam Bosman. 

Fair Play

Vanaf 6 Oktober 2023 op Netflix. 

Bridgerton se Phoebe Dynevor vertolk een van die hoofrolle in dié riller wat draai om ’n onverwagte werksbevordering wat ’n jong paartjie se verhouding ’n helse, sinistêre, knou toedien en dreig om veel meer as hul onlangse verlowing te laat ontrafel. 

Ook in die rolverdeling tel Alden Ehrenreich, Eddie Marsan, Rich Sommer en Sebastian De Souza.

Love to Love You, Donna Summer

Vanaf 4 Oktober 2023 op Showmax

Love to Love You, Donna Summer is ’n diep en persoonlike huldeblyk aan die geliefde “Queen of Disco”. Die legendariese musiekvervaardiger Quincy Jones het nie verniet dié trefferskepper se stem as die “hartklop en klankbaar van ’n generasie” verklaar nie – daarvan getuig haar etlike Grammy-toekennings en ikoniese hits soos “Hot Stuff”, “I Feel Love”, en “She Works Hard For the Money”. 

Dié dokumentêre prent, waarvan haar dogter Brooklyn Sudano ’n mederegisseur is, geen ’n intieme blik op die kunstenaar se lewe op en agter die verhoog en sluit ook eksklusiewe home videos en onderhoude met haar naastes in soos haar reis van die avant garde-musiektoneel in Duitsland na die skitterligte van New York se dansklub blootgelê word. 

Die prent het ’n punt van 81% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. 

American Auto S1 

Vanaf 2 Oktober 2023 op Showmax beskikbaar. 

Dié komediereeks, geskep deur Superstore en The Office se Justin Spitzer, speel af in die kantore van Payne Motors, ’n sukkelende motorhandelaar in Detroit. Hier verkeer die corporate execs by ’n kruispad:  of hulle verander met die tye of hulle sluit hul deure. Gelukkig is daar ’n nuwe grootbaas wat hulle uit die penarie kan help… behalwe dat sy absoluut niks, maar niks oor karre weet nie. 

American Auto het ’n punt van 100% op Rotten Tomatoes, met Globe and Mail wat dit beskryf as ’n “dolle satire oor corporate life… waar bestuurders daagliks wys dat hulle niks weet nie…”

Die rolverdeling sluit die skreeusnaakse Ana Gasteyer (Saturday Night Live), Jon Barinholtz (Superstore se Marcus) en Harriet Dyer (Colin From Accounts) in. 

Ook nuut hierdie week:

Vanaf 2 Oktober 2023:

Koortjies Met Jonathan Rubain S4, Showmax

Anchorman: The Legend of Ron Burgundy, Showmax

Anchorman 2: The Legend Continues, Showmax

Dora and the Lost City of Gold, Showmax

Downsizing, Showmax

4X4 met Andre S2, weekliks om 21:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144)

Billions S7, weekliks om 21:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101)

Vanaf 3 Oktober 2023:

La’t Wiel S29, weekliks om 17:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144)

Prontuit S10, weekliks om 21:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144)

Vanaf 4 Oktober 2023:

Race to the Summit, Netflix

Vanaf 5 Oktober 2023:

Hannes aan Huis S9, weekliks om 21:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144)

Crossword Mysteries: Abracadaver, Showmax

Hostile Territory, Showmax

Lake Placid, Showmax

Rocketman, Showmax

Tabaluga, Showmax

XXX: Return of Xander Cage, Showmax

Tad, the Lost Explorer and the Emerald Tablet, Showmax

La’t Wiel S28, Showmax

Everything Now, Netflix

Lupin S3, Netflix 

Vanaf 6 Oktober 2023:

A Deadly Invitation, Netflix

Ballerina, Netflix

Desperately Seeking Soulmate: Escaping Twin Flames Universe, Prime Video

Ommieghellie S2, weeklikse episodes om 19:30 op kykNET&kie en DStv Stream (kanaal 145)

Vat jou goed en trek S10, weekliks om 17:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144)

Vanaf 7 Oktober 2023:

Hier gaan ons alweer S22, weekliks om 18:00 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144)

Vanaf 8 Oktober 2023:

Fiks of Niks S1, weekliks om 17:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144)

KLOP! S6, weekliks om 18:00 op kykNET&kie en DStv Stream (kanaal 145)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies