Menu terloops
In Wat om te kyk [30 Okt 2023]

Wat om te kyk: Gruwel en gierigheid in ‘Scream VI’, ‘Huisgenoot Ware Lewensdramas’, ‘Selling Sunset’ en nog


Wat om te kyk: ’n Nuwe seisoen van ‘Huisgenoot Lewensdramas’ op VIA; bloed wat loop in ‘Scream VI’ op Showmax; die naels is uit in seisoen sewe van ‘Selling Sunset’; en die fliekweergawe van die Pulitzer-bekroonde ‘All The Light We Cannot See’ tel onder vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk: Gruwel en gierigheid in ‘Scream VI’, ‘Huisgenoot Ware Lewensdramas’, ‘Selling Sunset’ en nog

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 30 Oktober tot 5 November 2023. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Huisgenoot Ware Lewensdramas S11

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 30 Oktober 2023 om 20:00 op VIA en DStv Stream (kanaal 147). 

Die nuwe seisoen van dié reeks – ’n kombinasie van realiteitstelevisie en dokumentêre verslaggewing – begin met die amper absurde verhaal van Thabo Bester, ’n veroordeelde verkragter wat glo met behulp van sy dokter-minnares uit die tronk uitsnap en landuit gevlug het. 

Scream VI

Vanaf Maandag, 30 Oktober 2023 op Showmax.

In die sesde uittog van dié übergewilde Scream-franchise, besluit die vier survivors van die Woodsboro-moorde om oor te begin in New York… Net om dan hier deur ’n nuwe Ghostface-slasher geteiken te word. 

AV Club meen dié aflewering is een van die franchise se “beste en wreedaardigste” flieks met die Independent wat dit as “heeltemal bevredigend en belaglik pret” bestempel. 

Mysteries of the Faith

Vanaf Woensdag, 1 November 2023, op Netflix. 

Dié dokkiereeks is een wat veral geskiedenis-boffins sal prikkel. Mysteries of the Faith stel immers – met die filmmakers wat buitengewone toegang verkry het – ondersoek in na die geheime, stories en gerugte wat om Christendom se skatte koer. Van die Doringkroon tot die ikoniese Heilige Graal – hierdie relics inspireer miljoene mense al vir eeue. Dié historiese artefakte en voorwerpe is deurdrenk van mites en legende, met tot wonderwerke wat aan van dit toegeskryf word. 

All the Light We Cannot See

Vanaf Donderdag, 2 November 2023, op Netflix. 

Die beperkte reeks is gegrond op die bekroonde gelyknamige roman deur Anthony Doerr. Dit volg die verhaal van Marie-Laure, ’n blinde Franse meisie, en haar pa, Daniel LeBlanc, wat uit Parys met ’n legendariese diamant vlug om dit uit die hande van die Nazi’s te hou. Hulle word gejag deur ’n wrede Gestapo-lid wat die diamant vir sy eie gewin wil gebruik. Marie-Laure en Daniel vind dan skuiling in St. Malo by ’n oom wat in die geheim radio-uitsendings as deel van die weerstandbewegig uitsaai. Marie-Laure se pad kruis dan ook met ’n onwaarskynlike kindred spirit – Werner, ’n briljante tiener wat juis deur die Hitler-regime ingespan word om onwettige radio-uitsendings hok te slaan. Sy band met Marie-Laure, en haar geloof in menslikheid en hoop, blyk egter sterker te staan. Hul verhale word oor die verloop van tien jaar verweef met die tema van die mag van menslike connection wat sentraal staan. 

Onder die rolverdeling tel Aria Mia Loberti en Nell Sutton as die ouer en jonger Marie-Laure, asook Mark Ruffalo as Daniel Le Blanc, Hugh Laurie as die teruggetrokke Oom Etienne en Louis Hofmann as Werner. 

Selling Sunset S7

Vanaf Vrydag, 3 November 2023, op Netflix. 

Hoe meer luuks die eiendom, hoe groter blyk die drama wat daar afspeel. Of so sal die sewende seisoen van die realiteitsreeks Selling Sunset ons wil laat glo. Dié reeks speel af in die high-high-high-end van die eiendomsmark in Los Angeles en volg sewe van dié stad se suksesvolste vroue-eiendomsagente. Al sewe werk vir The Oppenheim Group, die top-agentskap in Hollywood Hills en die bekende Sunset Strip. Maar hulle werk nie net hard nie – hulle speel ook hard en daar is nie veel wat hulle sal doen om ander agentskappe – en mekaar – uit te roei nie. In die nuwe seisoen is daar ’n nuwe kantoor, nuwe agente, nuwe eiendomme – en natuurlik nuwe drama. 

Ook nuut hierdie week:

Vanaf 30 Oktober 2023:

I Blew It S5, Showmax 

Curse of Rosalie, Showmax

Herleef, Showmax

Vanaf 31 Oktober 2023:

Ralph Barbosa: Cowabunga, Netflix

Vanaf 1 November 2023:

Naked & Afraid: Castaways S1, weeklike episodes om 20:55 op Discovery Channel en DStv Stream (kanaal 121)

Chicago PD S9, Universal TV & DStv Stream (kanaal 117) om 20:00

Locked In, Netflix

Nuovo Olimpo, Netflix

Vanaf 3 November 2023:

Invincible S2, Prime Video

Fingernails, Apple TV+

The Bachelorette S20, 1Magic en DStv Stream (kanaal 103) om 21:30

The Tailor S3, Netflix 

Ferry: The Series, Netflix

NYAD, Netflix

Vanaf 4 November 2023:

Tweede Skoot, kykNET en DStv Stream (kanaal 144) om 20:00

Vanaf 5 November 2023:

Freeze the Fear with Wim Hof, weeklikse episodes op BBC Earth en DStv Stream (kanaal 184) om 20:00

Top 30 Proteas, kykNET en DStv Stream (kanaal 144) om 20:00

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies