Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Nov 2022]

Wat om te kyk op Showmax in November 2022


Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: Tali trek Joburg toe in ‘Tali’s Joburg Diary’; ’n tergende moordraaisel in die Afrikaanse Showmax-dramareeks, ‘Donkerbos’; en ‘The Wife’ se derde seisoen.

Wat om te kyk op Showmax in November 2022

Wat om te kyk op Showmax in November – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Donkerbos

Donkerbos draai om ’n senutergende moordraaisel wat begin met die ontdekking van die liggame van ses kinders in ’n verlate woud in die klein dorpie van Donkerbos in Limpopo. Erica Wessels (van Dwaalster en I Am All Girls) vertolk die hoofrol. Sy speel Fanie van Wyk, ’n speurder wat drie jaar tevore onder ’n donker wolk uit Pretoria ná ’n rampspoedige ondersoek gevlug het. Nou moet sy dié haglike saak probeer ontsyfer.

Die onheilspellende reeks is deur die bekroonde storieverteller Nico Scheepers geskryf en geregisseer. Scheepers is ook vir sy magiese werk op Nêrens, Noord-Kaap bekend.

Donkerbos is deur Nagvlug Films (SkemerdansBarakat) vervaardig en spog ook met ’n sterbelaaide rolverdeling wat bekroonde akteurs soos Wilhelm van der Walt, Stian Bam, Jacques Bessenger, Nicole Holm, Leandi du Randt en Nicola Hanekom insluit.

Die eerste episode word op 29 November op Showmax vrygestel. Daarna sal nuwe episodes weekliks op Dinsdae beskikbaar wees om te stroom.

The Wife S3

Die bekroonde Showmax Original-telenovela, The Wife, se derde seisoen draai om twee star-crossed lovers. Aan die een kant is daar die Tswana-dokter Naledi Montsho, en aan die ander is die Zoeloe-taxibestuurder, Qhawe. Naledi word deur Gaisang K Noge vertolk, met Kwenzo Ngcobo as Qhawe.

“Met Naledi wat vermis word en die Zoeloe-broers se misdade nou voorbladnuus, gaan die derde en laaste seisoen van The Wife hoogdrama oplewer,” sê die reeks se hoofskrywer, Busisiwe Ntintili. 

Kyk uit vir die SAFTA-wenner Wiseman Mncube wat as Mqhele by die rolverdeling aansluit. Ander nuwe gesigte in die rolverdeling sluit in Sello Motloung (Blood Psalms) as Naledi se pa, Kgosi en Mo Setumo as Tshidi, Naledi se ouer suster.

Vanaf 10 November op Showmax beskikbaar. Drie nuwe episodes word elke Donderdag vrygestel.

Tali’s Joburg Diary

Tali is terug… Maar in Joburg. 

Tali’s Joburg Diary volg op die uiters gewilde Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary waarin ons eers Tali (Julia Anastasopoulos) se troue-manewales en toe haar swangerskap-dramas kon meemaak.

Dié keer trek Tali, manlief Darren (Anton Taylor) en kleuter Jayden noodgedwonge terug Joburg toe. Tali se appelkar is omgegooi, jy sien. Die kredietkaarte is oortrokke, bankbalanse is in die rooi, en beurtkrag is nie al rede hoekom hul ligte af is nie. Die tog terug Joburg toe beteken ook dat Jayden by ’n kleuterskool ingeskryf moet word – ’n kompetisie-arena soos min. Dís dan juis ook wat as inspirasie vir dié seisoen gedien het.

As Tali het Julia (ook bekend as SuzelleDIY) reeds twee keer die Safta vir beste aktrise in ’n komedie gewen. Haar man en medeskepper van die reeks, Ari Kruger, het ook as beste regisseur vir beide die vorige seisoene gewen. 

Tali’s Joburg Diary is vanaf 18 November op Showmax beskikbaar om te stroom. Nuwe episodes sal weekliks beskikbaar gestel word. 

The Many Saints of Newark

HBO se veelbekroonde reeks, The Sopranos, word – steeds, al is dit etlike jare later – as een van die twee beste TV-reekse nog beskou. Die ander een? Die amper-ewe epiese The Wire. The Sopranos se 21 Emmys-toekennings was welverdiend, met ongeëwenaarde spel deur onder andere Edie Falco, Lorraine Bracco en die ontslape James Gandolfini as Tony Soprano. 

The Many Saints of Newark dien as ’n tipe van ’n fliek-voorganger vir The Sopranos. Dit speel af in Tony se jonger dae, ’n ontstuimige tydperk in Newark se onderwêreld soos verskillende bendes om mag meeding en die houvas van die almagtige DiMeo-misdaadfamilie oor die stad uitdaag. Dis in dié geweldadige milieu waarin hy grootword. Terwyl die oom wat hy verafgod, Dickie Moltisanti, sukkel om by die veranderende tye aan te pas, het hy steeds ’n groot invloed oor sy broerskind soos die eerste tekens van die mafiabaas wat ons in The Sopranos leer ken het, begin kop uitsteek. 

Terwyl die rol van die volwasse Tony Soprano deur Jon Bernthal (We Own This City) gespeel word, staan Gandolfini se seun, Michael (The Deuce) in sy pa se skoene met sy rol as die tienerweergawe van Tony. Leslie Odom Jr. (Broadway se Hamilton) Vera Farmiga (The Conjuring), Ray Liotta (Goodfellas) en Michael Imperioli (The Sopranos) tel onder die medespelers.

Die fliek is deur Newsday as “hemel vir Sopranos-aanhangers” bestempel. 

Vanaf 24 November beskikbaar om te stroom.

The Sex Lives of College Girls S2

HBO Max se The Sex Lives of College Girls volg vier universiteitskamermaats soos hulle hul grootmens-voete by die fiktiewe Essex College vind. Die nuwe seisoen begin met die studente wat ná hul vakansie al die uitdagings wat aan die einde van die eerste seisoen op hul pad gekom het, moet aanpak. ’n Nuwe semester gevul met penaries en partytjies blyk dus hul voorland te wees.

The Sex Lives of College Girls het ’n punt van 97% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, met Mashable wat dit as “’n skreeusnaakse, sexy bederf” beskryf. Entertainment Weekly sê weer dit is “slim, skerp en sassy“, met The Wrap wat dit tot “uitbundige rom-com pret” verklaar. 

Die reeks is deur Mindy Kaling geskep en onder die rolverdeling tel Pauline Chalamet (Timothée Chalamet se suster), Amrit Kaur en Broadway-sterre Alyah Chanelle Scott en Reneé Rapp.

Vanaf 21 November beskikbaar om te stroom. (Let wel, hierdie datum is nog onbevestig.)

Lees ook ons resensie van die eerste seisoen.

Dune

Dune, die grootskermverwerking van Frank Herbert se gelyknamige blitsverkoperboek, het ses Oscars, vyf BAFTA-pryse, drie Critics Choice-toekennings en meer as 150 ander toekennings gewen.

Die Oscar-benoemde Denis Villeneuve (Arrival) dien as regisseur van dié seminale storie. Dit draai om die lot van Paul Atreides (Timothée Chalamet), ’n jong man wat na die gevaarlikste planeet in die heelal moet reis om die toekoms van sy familie en sy mense te verseker. 

Die bekroonde rolverdeling sluit in Rebecca Ferguson, Javier Bardem, Zendaya, Charlotte Rampling, Josh Brolin, Oscar Isaac, Jason Momoa en Stellan Skarsgård.
Dune het ’n punt van 83% op Rotten Tomatoes. The Guardian, in hul vyfster-resensie, het dit geprys as “blockbuster cinema op sy beste… Dune herinner ons wat ’n Hollywood-rolprenttreffer kán wees.”

Vanaf 21 November beskikbaar om te stroom.

Ook nuut in November op Showmax

1 November 2022

  • Super Pumped: The Battle for Uber S1
  • All American: Homecoming S1 

2 November 2022

  • Elon Musk: Tech Titans

3 November 2022

  • North Hollywood
  • Bewonder en Bewaar S1
  • Five Flights Up
  • Iyodibana
  • Mama
  • Proud Mary
  • The Adventures of Maid Marian
  • Trevor Noah: That’s Racist
  • Voice From The Stone 

7 November 2022

9 November 2022

  • Harry Palmer (aka The Ipcress File) 

10 November 2022

  • Pressure Point
  • Seven Pounds
  • Slank S6
  • Flawsome
  • The Karate Kid 

14 November 2022

  • Marry Me
  • Eighth Grade 
  • Die Klas Van Juffrou Nellie Welgemoed
  • Easy A
  • Ifa Lethu
  • Makofi S3
  • Man of the House
  • Ngithande
  • Ya Lepelle

17 November 2022

  • Enough
  • Heart Attack
  • Red Tape
  • Passengers 
  • A Shot Through The Wall

21 November 2022

  • Bayajabula
  • Die Oorslaan
  • Isikhundla
  • Thembeka Wami
  • Green Flake

23 November 2022

24 November 2022

  • Pepeta
  • My Perfect Funeral
  • Blood Conscious
  • Dankie
  • Lottoland S5
  • Trevor Noah: There’s a Gupta On My Stoep

25 November 2022

  • The Real Housewives of Dubai

28 November 2022

  • Showtrial
  • Aangetroud
  • A Starstruck Christmas
  • Impilo Ne Diski
  • Ilangate 2
  • Iqiniso
  • Kwela: Hannes Aan Huis S6
  • Pinocchio: A True Story
  • The American King
  • Laduma

30 November 2022

  • The Amazing Spider-Man 1 & 2 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies