Menu terloops

The Sex Lives of College Girls

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Jul 2022]


‘The Sex Lives of College Girls’ gee die ervarings van vier eerstejaarstudente met vermaaklike deernis weer. Kyk dit nou op Showmax.

Kyk nou

The Sex Lives of College Girls
Kyk lokprent

Mindy Kaling, wat as ’n skrywer en akteur in die Amerikaanse weergawe van The Office haar voet in die baie mededingende TV-komediewêreld se deur gekry het, is tans on a roll. Haar mees onlangse TV-skeppings sluit in die uiters gewilde Never Have I Ever (op Netflix) en The Sex Lives of College Girls op HBO (plaaslik op Showmax).

Rozanne Els skryf in haar resensie:

“Dis nie net pittige (en o, dis uiters pittig) one-liners wat jou laat skater nie. Dis die inweef van onse harde, wrede, belaglike, soms absurd, soms ongelooflike alledaagse wees wat die grappe verhef. Dís standaard-praktyk in ’n Kaling-skepping, en so ook dan met The Sex Lives of College Girls. Dis met goeie rede deel van die redakteurskeuse vir Julie (en sommer die hele jaar).

Die reeks gee vier eerstejaarstudente se ervarings op universiteit met vermaaklike deernis weer. Of dit nou akademiese en finansiële druk is, eerste liefde, seks-positiwiteit, seksuele teistering, die soeke na self… Áls so eg en relevant en tematies ernstig. In iemand anders se hande sou dié reeks clichè kon wees, selfs ’n bietjie cringe. Kaling se karakters en hul stories is egter allesbehalwe. Geen wonder dit het ’n punt van 97% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is reeds vir ’n tweede seisoen hernu.” 

Kyk nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies