Menu terloops

M-Net

Kyk nou: Lokprent vir nuwe Deon Meyer-reeks, ‘Invisible’ terg met naelbyt-spanning

'Invisible', gegrond op Deon Meyer se topverkoper-roman, 'Onsigbaar', spog met ’n sterbelaaide rolverdeling wat die Australiese aktrise Abbie Cornish, die Skotse akteur Dougray Scott, asook plaaslike talent soos Tim Theron, Frank Rautenbach en Kim Engelbrecht insluit.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Juniemaand misloop

Daar is uiteenlopende vermaak vir kykers op die kassie vandeesmaand – van vanjaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi tot die volgende ‘Yellowstone’-hoofstuk, die dramareeks ‘Dutton Ranch’. Hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘Yellowstone’ tot ‘The Madison’ – dís Taylor Sheridan se TV-wêreld

‘The Madison’ is dalk storieskepper Taylor Sheridan se beste reeks nog – maar waar pas dit in die res van sy gerekende oeuvre?

Meer

‘The Madison’: Michelle Pheiffer is die hart van Taylor Sheridan se meevoerende nuwe dramareeks

Staan op aandag vir Michelle Pheiffer wat ’n meesterklas in toneelspel lewer as die matriarg van ’n gesin wat ná ’n hartverskeurende tragedie die gedruis en wêreldse weelde van New York vir die ongerepte prag en genade van Montana verruil in ‘The Madison’.

Meer

‘Carte Blanche’ dié Sondag: Babaredders en oorlogsvure

In vandeesweek se episode van 'Carte Blanche' word daar onder meer ondersoek ingestel na Suid-Afrika se betrokkenheid by die oorlog in Oekraïne en die helde by ’n Kaapse hospitaal wat veg vir die lewens van pasgebore babatjies. 

Meer

‘The Madison’: Daar’s ’n nuwe generasie cowboys op TV 

Die Wilde Weste is nog lank nie getem nie! Daar’s ’n nuwe generasie cowboys wat ewe gemaklik op ’n perd se rug doer in die veld as agter die stuur van ’n wildewragtig-sportnutsvoertuig in die geroesmoes van New York is in ‘Yellowstone’-skepper Taylor Sheridan se nuutste reeks, ‘The Madison’.

Meer

‘Carte Blanche’ dié Sondag: Lag as medisyne en die ineenstorting van die soete suikerbedryf

In vandeesweek se episode van 'Carte Blanche' word daar ondersoek ingestel na onder meer die realiteite van die suikerbedryf in KwaZulu-Natal, en hoe lag ’n reddingsboei vir siek kinders geword het. 

Meer

‘Carte Blanche’ dié Sondag: Miljoene se verkwiste huurgeld en verwoestende vloedwaters

‘Carte Blanche’ is welbekend onder Suid-Afrikaners as ’n nuusprogram wat die waarheid – en hoe dít Suid-Afrikaners raak – vooropstel. En dié week se stories is geen uitsondering nie.

Meer

Wat om te kyk: Van die Springbokke tot bekroonde ‘Som van twee’ – dís ons top-keuses vir DStv se spesiale Oopkyktyd dié naweek

Vir drie dae – vanaf 7 tot 9 November 2025 – kry alle DStv-intekenare met ’n aktiewe dekodeerder-intekening volle toegang tot álle DStv Premium-kanale – en ja, dit sluit die Springbokke se wedstryd teen Frankryk in… 

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Featured Meer stories

Sien alle opsies