Sondag 15 Maart 19:00 op Carte Blanche ondersoek die span die lot van Suid-Afrikaners op die voorste linies van die oorlog in Oekraïne, die verval van Nelson Mandelabaai weens miljarde rande se wanbesteding, en stel ook die onbesonge helde van Mowbray-kraamhospitaal – wat veg vir die lewens van duisende pasgeborenes – bekend.
Van Pretoria na die Oekraïense front
Op negentienjarige ouderdom het sy by ’n ambassade in Pretoria ingestap. Dae later was sy op pad na ’n oorlog. Vandag is sy die eerstehandse bewys dat Oekraïne ons burgers na die voorste linies van dié oorlog gestuur het. Namate die harde werklikheid ingesink het, het sy na Spanje gevlug waar sy tans in limbo leef danksy die regstelsel. Dít terwyl ander Suid-Afrikaners wat saam met die Russiese magte geveg het bloot kon terugkeer huis toe. Nou ontstaan die vraag oor of diegene wat plaaslike wette rakende buitelandse militêre bystand oortree, wel vervolg sal word?
Baai van gebroke beloftes
Die gebrek aan deursigtigheid wat die toeken van tenders betref, is bloot ’n simptoom van ’n dieperliggende krisis in Nelson Mandelabaai. Met duisende straatligte wat donker is en ’n rekordbedrag van R30 miljard in ongemagtigde en verkwiste besteding, wonder inwoners of dié stad weens wanbestuur gaan vou.
Die Engele van Mowbray-kraamhospitaal
Byna 10 000 babas word jaarliks by die historiese Mowbray-kraamhospitaal gebore. Ten spyte van krimpende begrotings en ’n gebou wat sy ouderdom wys, veg ’n span toegewyde vroue – verpleegsters, vroedvroue en dokters – daagliks vir die lewens van babas wat dikwels te vroeg en met ’n enorme stryd gebore word. Dit is ’n verhaal van hoop en deursettingsvermoë waar die toekoms van klein mensies in die hande van onbesonge helde geplaas word.
Carte Blanche word Sondae om 19:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.







