Menu terloops
In TV [6 Mar 2026]

‘Carte Blanche’ dié Sondag: Lag as medisyne en die ineenstorting van die soete suikerbedryf


In vandeesweek se episode van ‘Carte Blanche’ word daar ondersoek ingestel na onder meer die realiteite van die suikerbedryf in KwaZulu-Natal, en hoe lag ’n reddingsboei vir siek kinders geword het. 

Deur Redaksie
‘Carte Blanche’ dié Sondag: Lag as medisyne en die ineenstorting van die soete suikerbedryf

Sondag 8 Maart 19:00 op Carte Blanche (M-Net, DStv-kanaal 101) word die realiteite van die suikerbedryf in KwaZulu-Natal onder die loep geneem, daar word gekyk na hoe lag ’n reddingsboei vir siek kinders geword het, en die span se ondersoek na die verwoesting van die Limpopo-vloede duur voort. 

Suikerbedekte ineenstorting

Vir meer as ’n eeu het suiker ’n ryk langs die noordkus van KwaZulu-Natal gebou, gemeenskappe gevorm en waardevolle grond beheer. Nou bedreig globale mededinging en die ineenstorting van ’n korporatiewe reus die bedryf se voortbestaan. Terwyl goedkoop invoere plaaslike produkte vervang en likwidasie dreig, staar boere die verlies in die gesig van ’n lewenswyse wat al geslagte lank in hul families is. Meer as ’n miljoen mense se lewensbestaan en dekades se geskiedenis wankel op die rand van die afgrond terwyl die bedryf voor ’n bitter afrekening staan.

Carte Blanche se uitvoerende vervaardiger, John Webb, vertel hieroor: “KwaZulu-Natal se suikerbedryf bevind hom nou in sy eie eksistensiële krisis. Hoewel vergelykings met die vroeë 2000’s in Zimbabwe dwaas sou wees, is grond weereens die katalisator.” 

Limpopo-vloed herbesoek

Vir gemeenskappe regoor Limpopo en Mpumalanga het die jaar in chaos begin. Swaar reën het die noorde van die land getref: paaie is weggespoel, dienste is afgesny en families is ontruim. Terwyl die regering ’n nasionale ramp verklaar het, was die Carte Blanche-span daar om stories van noue ontkomings te hoor en die helde te vier wat brûe herbou en lewens red. ’n Maand later herbesoek die span die skade in die Nasionale Krugerwildtuin en kry ’n blik op die herstelpogings.

Die wetenskap van lag

In oorlaaide hospitale wys ’n klein groepie vermaaklikheidskunstenaars dat lag nie net komiese verligting is nie – eerder ’n onverwagse medisyne. Hulle betree emosioneel en fisiek veeleisende ruimtes met grappe, uitbundige energie en ’n eenvoudige doel: om siek kinders te laat lag. Vir hierdie kinders, wat lang en indringende mediese behandelings moet verduur, is dit meer as net ’n afleiding… Dit is ’n reddingsboei.


Carte Blanche word Sondae om 19:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies