Menu terloops
In Sepies [27 Jun 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Julie 2024


Mymoena word in die versoeking gelei en Zoë sien kans om weer ’n keer met die liefde te probeer – ‘Suidooster’-kykers kan na dít en nog meer in Julie uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir Julie 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Maandag, 1 Julie

Lonestar Laundry maak sy deure oop. Justin vat ’n kans met Lisa, terwyl Zoë haar skeidokumente van die prokureur af kry.

Dinsdag, 2 Julie

Gary wonder hoekom die nuwe wassery so buitengewoon besig is, terwyl Aiden vir Lisa op ’n date vra. Bridgette is bekommerd dat Zoë te gou probeer aanbeweeg en Bennie klik op Kate …

Woensdag, 3 Julie

Siya besluit om die ring vir die polisie te gee, maar dan laat iets hom twyfel of hy dit moet doen. Zoë se tweede date is ook ’n mislukking, terwyl Angie en Justin het vrae oor Gary. 

Donderdag, 4 Julie

Bridgette reik uit na Mymoena, terwyl Gary vir Justin in sy vertroue neem. Mrs J bedoel goed, maar fnuik onwetend Siya en Kate se planne

Vrydag, 5 Julie

Justin se gewete ry hom, maar gaan hy iets aan die saak doen? Aiden neem ’n oorhaastige besluit oor Lisa, terwyl Mymoena se nuwe selfoonspeletjie haar roetine omverwerp.

Maandag, 8 Julie

Mymoena se nuwe tydverdryf hou haar omtrent besig. Gary dink nie Lisa is die regte meisie vir Aiden nie, terwyl Siya en Kate mekaar takel oor die “Barmhartige Samaritaan” se skenkings. 

Dinsdag, 9 Julie

Gary sien iets wat hom ontstel, maar Aiden dink hy maak ’n berg van ’n molshoop. Zoë probeer iets nuuts, terwyl Mymoena se dag tot ’n verrassende einde kom.

Woensdag, 10 Julie

Aiden waag ’n kans en word beloon. Mrs J maak ’n groot glips en Susan is op ’n nuwe missie.

Donderdag, 11 Julie            

Aiden en Lisa leer mekaar nog beter ken, terwyl Zoë ’n terugslag kry. Susan soek die Barmhartige Samaritaan en Mymoena doen iets wat teen haar waardes indruis.

Vrydag, 12 Julie

Nazeem probeer vir Zoë oortuig om te vergeet van Texas. Mymoena skok haar kinders, terwyl die kastige Barmhartige Samaritaan ontmasker word.

Maandag, 15 Julie

Mymoena se foon kry ’n virus en die kerk se foutiewe klankstelsel word ’n probleem. Lisa vind uit Thys het Aiden agter haar rug genader oor sy produk en dat Aiden nie gretig is om daarin te belê nie.

Dinsdag, 16 Julie

Mymoena word in die versoeking gelei. Aiden se liefdeslewe beïnvloed sy sakebesluite, terwyl Ruiterbosch se gemeente baat vind by die Barmhartige Samaritaan.

Woensdag, 17 Julie

Angie se oë lol en Mymoena se leuens begin haar inhaal. Intussen word Lisa se tyd om vir Aiden in te katrol al minder.

Donderdag, 18 Julie

Lisa en Aiden se verhouding neem ’n interessante wending, en Siya neem ’n besluit wat gemengde gevoelens ontlok. Gary sien iets wat hy wens hy nie nie gesien het nie.

Vrydag, 19 Julie

Gary waarsku Mymoena. Thys is omgekrap omdat Lisa laat by die huis gekom het, terwyl Kate en Siya steeds sukkel om tot ’n vergelyk te kom.

Maandag, 22 Julie

Die gevaarligte flikker vir Mymoena. Lisa is bekommerd oor haar verhouding met Thys, terwyl Kate en Siya ’n plan maak om vir Angie én Brendan te help.

Dinsdag, 23 Julie

Thys is woedend wanneer hy uitvind Lisa en Aiden neem besigheidsbesluite sonder hom. Elana se gebak gee twee Ruiterboschers nuwe hoop, terwyl Mymoena in die versoeking gelei word.  

Woensdag, 24 Julie

Mymoena moet drasties planne maak. Die strop trek al hoe nouer om Aiden, Lisa en Thys.

Donderdag, 25 Julie

Mymoena wil die regte ding doen, maar gaan sy kan deurdruk? Angie sien uit na haar oogoperasie, terwyl die spanning tussen Lisa en Thys verder opbou.

Vrydag, 26 Julie

Mymoena is soos ’n benoude kat wat benoude spronge maak. Aiden het groot planne vir hom en Lisa, maar Thys hou niks daarvan nie…

Maandag, 29 Julie

Thys probeer vure doodslaan ná sy roekelose optrede, en Lisa raak iets kwyt wat sake nóg verder kompliseer. Gary wil vir Mymoena help, maar dit lyk asof sy sake onder beheer het.

Dinsdag, 30 Julie

Nazeem sien rooi oor ’n ene Maude… Angie dink Zoë het vir Gary gebruik en ’n nuwe produk word by die apteek bekend gestel.

Woensdag, 31 Julie

Nazeem en Texas ervaar druk. Die liefdesdriehoek tussen Aiden, Lisa en Thys raak nog meer kompleks, terwyl Gary teleurgestel word.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies