Menu terloops
In Recaps & Resensies [21 Des 2021]

Soos ‘Friends’…maar met vampiere


Al drie seisoene van die trefferreeks, ‘What We Do in the Shadows’, is nou op Showmax.

Deur André-Pierre du Plessis

Kyk nou

Soos ‘Friends’…maar met vampiere
Kyk lokprent

Veronderstel al die karakters in Friends leef in die hiernamaals, maar in plaas van Manhattan bly hulle op Staten Island. Dit is in ’n neutedop waaroor What We Do in The Shadows gaan. Die rede hoekom ek dié New York-woonbuurt noem, is omdat dit ’n belangrike rol speel in die fondasie vir die komediereeks.

Kom ek verduidelik dit só: Staten Island is ’n baie…uhm…spesiale plek. Dis New York se Parow (maal 4000). Wat ook al Gautengers oor die Oos-Rand dink, maar nie noodwendig sê nie, is presies hoe New Yorkers oor Staten Island voel (maal 5000).

Staten Islanders het ook byvoorbeeld oorwegend vir Trump gestem…waaroor die res van die Groot Appel vreeslik skaam is. Buurte hier is hoofsaaklik middelklas, Italiaans en niemand gebruik openbare vervoer nie omdat die (enkele) treinlyn op die eiland minder betroubaar as die Gautrein is.

(Teen dié agtergrond, kan jy verstaan dat dit baie moontlik is dat daar, nes in die fiktiewe wêreld van What We Do in The Shadows, wél vampiere hier woon.)

What We Do In The Shadows (al drie seisoene is nou op Showmax), is gegrond op die gelyknamige fliek, en draai in gelyke mate oor New York se stiefbroer-eiland, en die storie se maltrap-karakters.

Nandor in What We Do in the Shadows, nou op Showmax.
Nandor (Kayvan Novak) in What We Do in The Shadows, nou op Showmax. Foto: Verskaf

Vyf hoofkarakters deel ’n massiewe huis op Staten Island. Nandor (vertolk deur Kayvan Novak) is die oudste van al dié bloedsuiers. Hy was ’n Ottomaanse soldaat en is bykans 800 jaar oud. Guillermo (Harvey Guillen) is Nandor se dienskneg en die enigste hoofkarakter met ’n pols. Sy grootste wens is vir Nandor om hom in sy nek te byt sodat hy kan deel word van hul eksklusiewe klub. Hy’t ook ’n obsessie met Antonio Banderas weens sy die akteur se noukeurige uitbeelding van vampiere in Interview with a Vampire

Nandor en Guillermo deel die huis met Nadja en Laszlo, ’n uiters kleurvolle egpaar. Nadja (Natasia Demetriou) is ’n vampier van Griekse herkoms wat Laszlo (Matt Berry) se bloed vir die eerste keer in the 1800s gedrink het. Sy’t ’n vampier geword nadat sy deur ’n slang gebyt is en Laszlo was glodie aantreklikste man op sy dorp voordat hy ’n melaatse geword het. Te danke aan Nadja leef hy nou nog en maak sy seker hy vergeet nooit daarvan nie.

Maar enigeen van hulle kan enige oomblik doodgaan as hulle, ter voorbeeld, in die son kom. Dis hoekom Guillermo so ’n belangrike rol in die huis vervul. As dienskneg probeer hy hulle nie net teen sonlig te beskerm nie, maar ook van ander vampiere, hekse en wolwe wat deurentyd daarop uit is om die hiërargie van die hiernamaals uit te daag.

Nadja in What We Do in the Shadows, nou op Showmax.
Nadja (Natasia Demetriou) in What We Do in The Shadows, nou op Showmax. Foto: Verskaf

Die laaste hoofkarakter, wat waarskynlik ’n meer bekende tipe vampier is vir enigiemand wat op kantoor werk, is Colin Robinson (Mark Proksch). Hy is ’n vampier wat ’n bietjie meer verduideliking nodig het. Anders as jou standaard vlermuis-bloedsuier is Colin ’n energie-vampier. Dis ’n spesifieke soort bonatuurlike wese wat meer algemeen in ons hedendaagse samelewing is.

In plaas van bloed suig, dreineer hy mense se emosionele energie. In meeste werksplekke is dié tipe vampier alombekend. Ons almal ken een. Of twee. Of 15. Die mees algemene maniere hoe vampiere soos Colin jou emosioneel dreineer is deur jou te verveel, irriteer of selfs emosioneel te manipuleer. 

Met vyf sulke ryk karakters kan jy jouself net indink hoeveel moontlikhede vir konflik daar in What We Do In The Shadows bestaan.

Dit word gedryf deur uit-die-maag-lag droeë humor, en is daai aard van snaaks wat, soos oesters en bloukaas, ’n acquired taste is.

Maar as jy eers ’n waardering ontwikkel vir die ligging en jou eie kollegas (of selfs vriende en familie) in van dié spul karakters begin raaksien, word dit ’n komediereeks wat jy hoop, nes Friends, nooit einde sal kry nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies