Menu terloops
In Gons [18 Des 2025]

‘Skemergrond’: Kyk wie kom krap dinge lekker deurmekaar!


Asof daar nie al genoeg drama hierdie jaar in Gemoedsdrif was nie… Die aktrise Emily-Rose van Diemel kom krap nou ook die kaarte deurmekaar met haar gasverskyning as ene Melanie de Jager in ‘Skemergrond’.

Deur Redaksie
‘Skemergrond’: Kyk wie kom krap dinge lekker deurmekaar!

“Dit was uitdagend, maar sielsverrykend om só ’n rol te speel,” vertel die aktrise Emily-Rose van Diemel oor haar haar Skemergrond-karakter, Melanie de Jager, wie se verskyning in Gemoedsdrif die spanningsdrade stywer span.  

Melanie lyk immers sag en stil, maar, vertel Emily-Rose vir Terloops, sy het ook ’n manipulerende kant en haar optrede het verreikende gevolge vir van kykers se gunsteling-karakters in dié telenovela.

“Sy lyk glad nie soos iemand wat by enige onwettige aktiwiteite betrokke sal wees nie,” sê Emily-Rose oor Melanie. “Sy kan in ’n oomblik van kalm en onseker na hard en selfversekerd verander.

Melanie de jager, Emily-Rose
Melanie lyk sag en stil, maar, vertel die aktrise Emily-Rose van Diemel, sy het ook ’n manipulerende kant… Foto’s: Skermgrepe

Om Melanie se kompleksiteit vas te vang, het Emily-Rose diep in die karakter gedelf. Sy het ’n agtergrondstorie geskep, haar motiewe bestudeer en met medeakteurs oor die rol gesels om haar innerlike wese te verstaan. “Dit het my toegelaat om Melanie stap vir stap op te bou en haar energie na die stel te bring,” vertel sy.

‘Elke oomblik geniet’

Emily-Rose beskou haar tyd op die Skemergrond-stel was ’n leersame en spesiale ervaring. “Ek het elke oomblik geniet. Van die regisseurs en akteurs tot die grimeer- en kostuumspan – almal was ongelooflik ondersteunend. Dit het my toegelaat om as aktrise te groei.”

Wanneer sy Melanie met haar eie persoonlikheid en waardes vergelyk, sien Emily-Rose sowel ooreenkomste as verskille. “Ek sal nie teen my eie waardes gaan nie, maar soos Melanie kan ek nuwe uitdagings met selfversekerdheid aanpak.”

Sy voeg by: “Ek hou baie van haar. Ek verstaan haar motiewe en het haar moed en astrantheid geniet.”

2025 was ’n opwindende jaar vir Emily-Rose, met hoogtepunte soos haar rol in Skemergrond en die vertoning van The Heart Is a Muscle by die Silwerskermfees waarin sy te sien was. Dié fliek is gekies as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2026 Oscars. In die komende jaar hoop sy om nog rolle aan te gryp, te groei in die bedryf en verder haar drome na te jaag. 


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies