Menu terloops
In Sepies [16 Des 2025]

‘Binnelanders’: 5000 episodes later…


Die gewilde sepie ‘Binnelanders’ vier binnekort ’n besondere mylpaal wanneer dié storie se 5 000ste episode in Januarie uitgesaai word.

Deur Redaksie

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

‘Binnelanders’: 5000 episodes later…

Sedert Binnelanders se eerste episode in 2005 uitgesaai is, het dié sepie van krag tot krag gegaan. Die sepie het vanjaar sy 20ste bestaansjaar gevier, met Terloops se sepieskrywer, Tarren-Lee Habelgaarn, wat só daaroor geskryf het: “Daar is min televisieprogramme in Suid-Afrika wat só diep in die harte van kykers ingeklim het soos Binnelanders. Twintig jaar ná die eerste episode op 13 Oktober 2005 uitgesaai is, bly die drama binne en buite die mure van Binneland-kliniek steeds een van kykNET se grootste suksesse… Die geheim van Binnelanders se lang lewe lê nie net in die mediese noodkamers of drama tussen dokters en pasiënte nie, maar in die ongelooflike span, voor én agter die kameras, wat elke dag die stories laat leef… Binnelanders meer as net ’n sepie – dis ’n instelling.”

’n Paar van die sepie se geliefste akteurs het vertel wat hulle bybly:

Je-ani Swiegelaar as Naomi Koster

Binnelanders
Je-ani Swiegelaar as Naomi. Foto’s: Skermgrepe

“As ek terugdink aan Binnelanders se 20 jaar en dan nou ook ons 5 000ste episode, onthou ek nog presies waar ek was toe dit begin het. Ek was ’n plaagbeheerder in Walvisbaai en ek het vir my tannie gesê, ‘Ek weet nie hoe nie en ek weet nie wanneer nie, maar ek gaan eendag in daai reeks speel!’ ’n Paar duisend episodes later en ek is steeds deel van die Binnelanders-span wat relevante stories met hart aan ons baie getroue kykers vertel. Ek kan nie wag om te sien wat in die volgende 5 000 episodes gebeur nie.”

Roberto Kyle as Dr. Joe Olivier

Joe, Binnelanders, kykgids
Roberto Kyle as Joe.

“Dis vir my ’n groot voorreg om my dorpie, Paarl, as akteur op hierdie ikoniese show te kan verteenwoordig. Binnelanders het diep in die harte van so baie Paarliete kom kruip, grootliks as gevolg van mense soos Clint Brink en (die ontslape) Bradley Olivier. Dis vir my die grootste eer om hulle skoene te probeer volstaan, en om met hierdie epic reeks Afrikaans te kan vier!”

Antoinette Modise as Suster Bonnie Jacobs

BINNELANDERS SEPIES
Bonnie (Antoinette Modise) hou Binnelanders se hospitaal en sy personeel op hul tone.

“Baie geluk Binnelanders met 5 000 episodes! Dit is vir my ’n ongelooflike voorreg om deel van die span te wees. Dit is lang ure van lag, huil en pret wat ek vir niks in die wêreld sal verruil nie. Binnelanders is huis.”

Lorraine Burger as Annetjie Strauss

Annetjie, Binnelanders, Lorraine Burger
Lorraine Burger as Annetjie.

“Ek is al so lank deel van Binnelanders dat ek die tydlyn van my eie lewe onthou na gelang van wat op daai stadium in Binnelanders gebeur het. Ek weet byvoorbeeld ek het my huis gekoop in die tyd wat Tertius lewend uit die Congo teruggekeer het en Daleen moes kies tussen hom en Quinten!”

Marleé van der Merwe as Dr. Ella Swart

Binnelanders
Marlee van der Merwe as Ella.

Binnelanders is ’n plek waar ’n mens nie sommer net vir ’n kort rukkie wil bly nie. Die mense kruip in jou hart in en van my kollegas is soos familie. Om deel te wees van ’n chaotiese Ongevalle-toneel oortref elke keer my verwagtinge en, al is dit altyd uitdagend, onthou ek elke keer na só ’n toneel hoekom ek trots is om op hierdie eersteklas produksie te werk. Dis dáár waar jy die hele span, voor en agter die lens, in hulle element sien!”

Melinda Viljoen as Tracy Jonker

Binnelanders, Tracy, kykgids
Melinda Viljoen as Tracy.

“In 2018 het ek met soveel drome, wat so ver of ‘te groot’ gevoel het, by Stark Studios se deure ingestap. Vandag kan ek met dankbaarheid getuig van ’n platform waar ek kon groei, nie net as aktrise nie, maar as mens, vrou, mamma en draer van hoop. Ek kyk terug na ’n tydperk in my lewe waar Binnelanders my die geleentheid gebied het om my drome te bewaarheid. Binnelanders sal altyd ’n hoogtepunt in my lewe wees.” 


Binnelanders se 5 000ste episode word Maandag 12 Januarie 2026 om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies