Menu terloops
In Sepies [10 Des 2025]

‘Binnelanders’: Dié 5 storielyne het kykers in 2025 laat gons


Van tegno-gevegte en wraakplanne tot die afsterwe van ’n geliefde karakter en ’n huwelik in troebel water… Daar was baie drama wat vanjaar in ‘Binnelanders’ uitgespeel het, maar dié storielyne het veral uitgestaan.

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

‘Binnelanders’: Dié 5 storielyne het kykers in 2025 laat gons

Talle onverwagte kinkels het sepiekykers vasgenael voor die kassie gehou, maar veral dié vyf Binnelanders-storielyne het Suid-Afrika laat regop sit. 

1

Delia en die Kosters

Binneland is ge-hack, en Delia (Odelle de Wet) is uit haar pos as mede-CEO verwyder en sy het ’n wrok teenoor die Kosters ontwikkel. Haar plan was om Binneland te sink, en van Amor (Laura-Lee Mostert), die groot skurk in die verhaal, ontslae te raak, maar ons het later uitgevind dat Johan Matthys Adler (Gustuv Gerdener) eintlik agter alles sit. 

Sepievoorskou, Amor, Binnelanders
Laura-Lee Mostert as Amor. Foto’s: Skermgrepe
2

Wolf in skaapsklere

Johan Matthys Adler (Gustuv Gerdener) het sy opwagting gemaak. Nadat hy aandele in Binneland (én Ongevalle) bekom het, asook Conrad (Hykie Berg) se deel van die praktyk wat hy saam met Max Cloete gehad het, oorgekoop het, was sy plan om Binneland saam met Delia en Amor te sink. Amor is egter uitgewerk (deur Delia), en Johan het besef hy wil dalk nié vir Binneland sink nie, en eerder opbou. Hy en Ella (Marlee van der Merwe) het ook ’n verlede (hulle was destyds verloof), en hy koester steeds gevoelens vir haar.

3

Wipwarit vir Kate

Sepies, Nicolette, Binnelanders
Kate Roothman vertolk Nicolette in Binnelanders.

Nicolette (Kate Roothman) was deel van die span wat ’n groot operasie met kunsmatige breinweefsel op Bronwyn (Kim Cloete) uitgevoer het. Maar, ’n nuwe karakter, Michael (Bobby van Jaarsveld) wou met alle mag dié weefsel in die hande kry. Hy het Nicolette met haar lewe gedreig, maar is uiteindelik uitgevang. In die proses het Nicolette op Danie (Arno Marais), die man wat vir die sekuriteit van die weefsel verantwoordelik was, verlief geraak. 

4

Huis vol liefde

Louis (Germandt Geldenhuys) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) se liefdevolle huis het nóg voller geword met Petro (Izette Blignaut), Joe (Roberto Kyle), Jess (Erin Patience), Thalia (Megan Troskie) en Nicolette wat saam onder hulle dak woon. Louis en Naomi wou egter ook baie graag ’n babatjie aanneem. Hulle is ge-scam, maar hulle het uiteindelik die pleegouers van ’n 12-jarige dogtertjie, Hannah (Rosebelle Clasen), geword. Hulle is nou in die proses om haar aan te neem.

5

Tertius en Tracy

Reynardt Hugo as Tertius.

Tertius (Reynardt Hugo) en Tracy (Melinda Viljoen) is deur ’n baie moeilike tyd! Sy was in ’n ernstige motorongeluk terwyl sy swanger was, sy het in ’n koma gegaan, en sy het die babatjie verloor. Toe sy wakker word, wou sy niks met Tertius te doen hê nie. Die groot vraag is nou: Gaan Tertius en Tracy se huwelik hierdie groot uitdaging oorleef?

Nog noemenswaardige gebeure wat in Binneland-kliniek vanjaar uitgespeel het: 

  • Henry (Francois Lensley) en Ella het mekaar weer gevind en ’n sterk paartjie geword. Intussen is Conrad (Hykie Berg) en Delia uitmekaar.
  • Terwyl Tracy in die koma was, het Thalia Tonik bestuurd. Terselfdertyd het sy en Le Roux (Logan W. James) begin uitgaan, maar toe kom LJ (Julian Robinson) terug van Dubai af en sy besef daar is nog gevoelens. Sy en Le Roux het uiteindelik uitgemaak, en sy en LJ het mekaar weer gevind – maar hy is weer weg om die land saam met sy band, Garage Pie, vol te toer.
  • Binneland Stereo raak al hoe groter met Bonnie (Antoinette Modise) aan die stuur van sake. Haar mede-verpleegsusters is Naledi (Millie Dintoe), Petro, en Jess.
  • At (Hans Strydom) se vrou, Laetitia/Gretha (Rika Sennett) was baie siek met kanker. Sy sterf en At is hartgebroke.
Binnelanders, At en Laetitia
Rika Sennett as Laetitia en Hans Strydom as At.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies