Menu terloops
In Wat om te kyk [22 Des 2024]

Sepievoorskou: Die waarheid maak sommer baie seer in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ én ‘Skemergrond’


Emosies loop hoog en dom besluite lei tot erge gevolge in meer as een van ons sepies. Lees ons sepievoorskou vir ’n blik op die kinkels wat vandeesweek op kykers wag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Die waarheid maak sommer baie seer in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ én ‘Skemergrond’

Hier is waarna jy hierdie week (23 tot 27 Desember) op Suidooster, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien. 

Diepe Waters 

Die waarheid van ’n geheim tref Anja (Reandi Grey) soos ’n skop in die maag hierdie week. Praat van ’n low blow! Rossouw (Altus Theart) het hierdie keer regtig sy ware kleure gewys. Hierdie man dink seker hy is ’n catch as hy so met vroue se harte kan mors. Nee, kyk, Anja is nou ook nie sonder baggage nie, maar ek dink sy het ’n groot bullet ge-dodge. Ek glo in tweede kanse, maar daar is situasies waarin ’n tweede kans net nie ’n opsie is nie… en hierdie is een van hulle! Candy (Christia Visser) moet nou net uit Boskruin uit. Sy veroorsaak net hartseer en probleme.

Ek hoop Sanet (Nadia Valvekens) voel ook sleg. Sy wil mos vir elke afvlerk-voëltjie help, maar ek wens sy het na Anja se waarskuwings geluister. 

Intussen vind Jacques (Werner Coetser) uit wie en wat Theresa (Mandi Baard) is. Ek het geweet dinge gaan so uitdraai. Jacques wou haar maar net help, maar sy het te gemaklik begin lyk. Kom ons hoop dit is tog ’n geseënde Kersfees vir almal in Boskruin, want op die oomblik is daar niks merry oor dié situasie nie.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond 

Christine (Devonecia Swartz) is die bliksem in nadat nog ’n plan om Everlasting te steel nie uitgewerk het nie. Ek kry elke keer lekker wanneer sy dink sy die Louws in ’n hoek gedruk het, maar hulle sterker anderkant uitkom. Familie is alles en al lyk dinger by die Louws rowwer as ooit met nog ’n dogter wat weggeloop het, vind hulle altyd ’n manier om mekaar te ondersteun. Tillie (Deirdre Wolhuter) herstel nog, maar sy word glad nie op die hande gedra nie, soms wil ek haar net skud en skree, “Word wakker!” 

Ronnie (Mario Haupt) probeer sy reputasie red, maar Gemoedsdrif is te klein daarvoor en ek voel hy verdien dit eintlik. Die stories rondom Beeno Beukes (Duncan Johnson) se eksvrou se dood het almal, Gloria (Hunter Plaatjies)  ingesluit, op hol.  

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Die nuwe radiodrama by Radio Dassie is sapperig en opwindend met almal wat inspring om dit ’n sukses te maak (die live sound effects is vir my te lekker). Maar die drama tussen die werklike mense in Ruiterbosch sorg vir baie meer aksie.

Vir een of ander rede is die heelal nie aan Riaan (Daniel Coetzee) se kant nie. Hy bevind homself in ’n ongemaklike situasie tussen sy ma, sy eksvrou en sy meisie. Daar is geen antwoord of ding wat Riaan kan doen sonder om iemand seer te maak nie. Ek is bly ek is nie Riaan nie, want sy situasie is goor. Hanli (Celeste Loots) bring ’n hele ander kant van Bianca (Simone Biscombe) uit en ek geniet dit! 

Daar is nuwe liefde wat broei in Ruiterbosch, maar Angie (Char Carrie) en Siya (Gantane Kusch) veg hard teen die sparks wat ons almal kan sien. Ten minste sorg dit vir lekker sports en humor. Ek lag te lekker vir al die behind the scenes-tonele by die radiodrama. Nuwe bloed in Ruiterbosch gaan ook sekere verhoudings se sterkte beslis toets. 

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies