Menu terloops
In Sepies [31 Mar 2024]

Sepievoorskou: Trauma én ’n tranedal


Hierdie week is propvol spanning, skindertonge wat klap, en selfs ’n tikkie verlore liefde. Lees ons sepievoorskou van wat jy hierdie week (1 tot 4 April 2024) op ‘Suidooster’, en ‘Binnelanders’ kan sien uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Trauma én ’n tranedal

Sammy (Royston Stoffels) mag dalk oud wees, maar hy is beslis nie koud nie. Die man gedra hom glad soos Suidooster se grootse verliefde tiener. Mymoena (Jill Levenberg) se kos, tee en bank moet omtrent top class wees, as Sammy ná een aand se kuier in die Samsodien-huis vir Mymoena gevra het om te trou. Mymoena het gedink sy doen Sammy ’n guns om na hom te kyk nadat hy siek geword het, maar nou staan sy sommer op trou.  

Terwyl een verhouding groei, val ’n ander uitmekaar. Ek het mos gesê Ty (Maurice Paige) neem ’n drastiese besluit, maar ek dink nie enigiemand het verwag dat hy soos mis voor die son gaan verdwyn en sy familie agterlaat nie. ’n Mens recover nie sommer ná so iets nie… Kom ons hoop Lee-Ann hou kop en dat sy nie al haar varkies verloor nie. Trauma laat ’n mens snaakse dinge doen, kyk net vir Zoë (Lauren Joseph). 

Intussen beter Sanet (Nadia Valvekens) in Diepe Waters wakker pies eet, want ons het almal gesien wat haar engel-stiefdogter nou weer aangevang het. Sy wil nou wraggies vir mense laat dink Sanet het weer ’n drankprobleem! En met Miss Busybody Valencia (Vinette Ebrahim) wat voor in die koor staan vir skinder, gaan almal daardie leuen glo! 

Die Galants is ewe uitgeslape en ek kan nie glo Rachel gooi haar seuns vir die Galant-wolwe nie. Kom ons hoop iemand in Arendsvlei kan daardie arme kinders red. 

Binnelanders 

Daar is niks wat seerder maak as verwerping nie. Veral as dit die liefde van jou lewe is! Louis (Germandt Geldenhuys) besef uiteindelik dat sy huwelik verby is en gee vir Naomi (Je-ani Swiegelaar) die spasie wat sy so graag wou hê. Maar in ’n verrassende wending is dit ’n geval van absence really does make the heart grow fonder. Ek wonder net of Louis bereid gaan wees om te luister, want Naomi kan regtig nie so met hierdie man se hart mors nie. As ek Louis was, sou ek ook seker teen dié tyd “time-out!” geskree het. 

Maar Louis is nie die enigste een met ’n hart wat in verskeie rigtings getrek word nie. Delia (Odelle de Wet) vind die waarheid rondom Chiron se sinkende geskiedenis uit en dit tref haar harder as ’n muur wat van bakstene gemaak is. Vir ’n slim vrou maak Delia maar selde die regte besluit. Sy plaas altyd haar vertroue in die verkeerde mense se hande en ongelukkig vir haar is haar Ben Ten nie veel slimmer nie. Albei is blind vir Dawid (Deon Lotz) se manipulasie. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Tim (Marco Spaumer) se plan het toe só goed gewerk dat Bridgette (Denise Newman) vir Zoë (Lauren Joseph) ’n helse klap voor almal in Oos-Wes gegee het. Zoë was so kwaad dat daar stoom uit haar ore geblaas het. As ek gedink het my antie het die masjiene van my oom, wat toe eintlik my pa was, afgeskakel, sou ek net so die moer in gewees het. 

Noudat Tim die vroue van bed en tafel geskei het, is hy agter JPD en sy slice van die October-empire pie. Ons sal maar moet sien hoe ver hy kom, want Bridgette is op sy spoor!

Hopelik kom Bridgette verder as haar suster. Lee-Ann (Portia Joel) soek antwoorde in die regte plek, maar kan net nie kry waarna sy soek nie. Ty het sy spore goed uitgevee. 

Intussen lyk dit asof Mymoena dalk koue voete kry. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies