Menu terloops
In Sepies [17 Mar 2024]

Sepievoorskou: Lag nou lekker… want die trane kom!


My pa het altyd gesê, “Lag maar, want ná lag, kom trane,” en dit is wraggies waar, want ná verlede week se lekker lag is daar groot drama op pad. Lees ons sepievoorskou van wat jy hierdie week (18 tot 22 Maart 2024) op ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’ kan sien uitspeel.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Lag nou lekker… want die trane kom!

Daar tref die paw paw toe uiteindelik die fan! Ek het mos gesê Conrad (Hykie Berg) en Tertius (Reynard Hugo) gaan moeilikheid kry as hulle nie vir Tracy (Melinda Viljoen) spasie gee nie. Nou wil albei hul hare uit hul kop uittrek van bekommernis, maar wat het hulle verwag? ’n Hoogs swanger vrou het skaars lus of energie vir haarself wat nog te sê van volwasse mans wat hulself soos kinders gedra. Ek sou ook spoorloos verdwyn het en my zen iewers anders gaan soek het. 

Maar lyk my Tracy is nie die enigste persoon wat zen en vrede nodig het nie. Ek dink ons moet sommer ’n groepbespreking by die volgende Retreat Yourself-fees vir die hele sepieland maak, want so kan dit nie aangaan nie. Die hel is los in Suidooster, maar ek gaan met my butter flavoured popcorn voor die kassie sit en my vingers aflek totdat Tim (Marco Spaumer) sy revenge gekry het. Want wanneer dié man besluit om vuil te speel, is dit epies! En dit is long overdue dat iemand vir Bridgette Jacobs (Denise Newman) in haar plek sit. Só kan die vrou mos nie vir mense gebruik nie. 

Dan praat ek nie eens van Bianca (Riana Alfreds) se stresvlakke nie. Dié het my letterlik laat kraai van lekkerte verlede week. Haar uitbarsting toe sy hoor dat haar geliefde Saartjie (Hunter Plaatjies) met die hippie vegan getrou het, het my so aan my ma en anties laat dink. Die manier hoe sy op en af geloop het en vir Thys gesê het, “Keer my” was so realisties.

Ek het nog harder gelag toe sy uitvind haar skoonseun het nog nooit gewas vandat hy daar aangekom het nie – glo omdat hy nie in die munisipaliteit se water wil was nie. Haar gesigsuitdrukking was priceless! En toe sy vir Saartjie sê, “Sies man, hoe soen jy die man? Of wag ek wil nie weet nie,” kon ek letterlik my ma sê stem hoor. Nee, kyk, die skrywers kry volpunte hierdie week vir hul channeling van ’n bruin antie. Ek het lanklaas so lekker voor die TV gekraai; beslis my storielyn van die week.    

Suidooster

Soos ek reeds gesê het, Tim is uit vir bloed en dié keer het hy ’n haas uit sy hoed uit gepluk. Sy verrassing mag hierdie keer regtig die wind uit Bridgette se seile haal. Hierdie een gaan seer maak, maar ek het geen simpatie vir haar nie, veral nie na haar nuutste scheme nie. Ja, Tim is ’n probleem, maar as Zoë (Lauren Joseph) eers uitvind wat haar antie dié keer aangevang het, gaan die see nie vir Bridgette kan afwas nie. 

Maar sy is nie die enigste Jacob met probleme nie. Toe Ty (Maurice Paige) verlede week so tekere gaan, het ek gedink hy is onnodig en het seker PTSD van Lee-Ann (Portia Joel) se cheating. Maar lyk my jealousy isn’t the only thing that makes you nasty… ’n Siekte kan oënskynlik dieselfde doen. Lee-Ann en Ty kry skokkende nuus hierdie week en dit gaan ’n moeilike een wees. Bring maar die tissues saam!

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up

Diepe Waters

Die groot dag het uiteindelik vir Lettie (Stephanie Baartman) en haar Italiaanse hunk aangebreek, maar hul sprokiesdag verander in iemand anders se grootse nagmerrie. Ons het al baie van evil stepmothers gehoor, soos dié van arme Aspoestertjie, maar as ek Sanet was het ek vir die berge gehol en nooit weer teruggekyk nie. Die aantreklike pastoor is beslis nie die moeite en die stres van sy pyscho-dogter werd nie. 

Maar selfs met al die drama wat Mari veroorsaak tussen Sanet en die pastoor, is dit niks in vergelyking met Charity (Dané de Waal) en Arno (Jean Henry) se probleme nie. Die waarheid maak seer… En soos met alle Diepe Waters-episodes, is daar altyd iets wat jou mond van skok gaan laat oophang. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders

Liam (David Viviers) is verbaas as Delia (Odelle de Wet) met ’n versoek kom wat hom heeltemal onkant vang. Lyk my die honeymoon-fase het maar vinnig gekom en gegaan vir dié twee. 

Tertius en Conrad soek nog antwoorde, maar Tracy is so weg soos Rosamund Pike in die Hollywood-riller Gone Girl

Intussen stuur Naomi (Je-ani Swiegelaar) vir Louis (Germandt Geldenhuys) mixed signals, wat hom heeltemal deurmekaar maak. Kan dit dalk die begin van hul versoening wees? Ek hoop tog dat hulle weer saam gaan opeindig, maar dit is nou AS Louis nie tronk toe gaan nie. Dit lyk asof Gaby (Maude Sandham) gaan bly en sy het reeds ’n nuwe geleentheid.

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies