Menu terloops
In Onderhoude [22 Mar 2024]

Melanie du Bois trek weer sepieskoene aan


Kykers was sommer gou versot op Melanie du Bois se karakter Felicity toe sy destyds haar sepiedebuut in ‘7de Laan’ gemaak het. Sedertdien was sy in onder meer ‘Arendsvlei’ en die Showmax-trefferreeks ‘Spinners’ te sien voordat sy vandeesweek in ‘Suidooster’ se Ruiterbosch geland het. Sy vertel vir terloops oor haar nuwe moeilikheidmaker-karakter, Pam October.

Stroom Suidooster

Melanie du Bois trek weer sepieskoene aan

Ian October (Abduraghman Adams) kan nooit weer moles in Ruiterbosch veroorsaak nie! Maar nadat dié Suidooster-karakter in Woensdag (20 Maart) se episode gesterf het, is daar nuwe onheil op pad – en haar naam is Pam October (Melanie du Bois)!

Ian het laas in 2019 in die sepie verskyn. Adams, wat deel is van Suidooster se oorspronklike rolverdeling, het Suidooster destyds gegroet nadat sy karakter in ’n koma opgeëindig het. Kykers sal onthou Ian het ’n beroerte gekry tydens ’n operasie ná hy ernstig beseer is toe sy vrou, Bridgette (Denise Newman), hom per ongeluk tydens ’n stryery by ’n stel trappe afgestamp het. Die afgelope tyd het Ian se bedenklike toestand by die kliniek waar hy behandel is, aansienlik verswak. Bridgette, wat intussen van Ian geskei is en haar nooiensvan (Jacobs) teruggeneem het, het die kliniek opdrag gegee om die masjiene af te skakel wat hom kunsmatig aan die lewe gehou het. Maar dit bring bloot nuwe moeilikheid as sy skoonsuster – en Zoë (Lauren Joseph) se vervreemde ma! – Pam October, dan opdaag.

Melanie het terloops meer van haar karakter vertel.

Hoe sal jy jou karakter, Pam October, beskryf?

Pam October, Melanie du Bois, Suidooster
“Sy is fun, maar terselfdertyd baie gevaarlik,” som Melanie du Bois haar karakter in Suidooster, Pam October, op. Foto: Verskaf

“Pam October. She loves a good party en sy is beslis nie iemand oor wie jy maklik kan loop nie. Sy sal enigiets doen vir geld.

“Sy vat nie nonsens van kabouters nie. Sy sal enigeen onder die bus gooi – en dit vir geld en lekker tye. Maar wees versigtig as jy swaarde met haar kruis. Sy sal jou uitverkoop of jou verklik. Ja, Pam October sal jou terugkry op enige manier met dit wat sy in haar klein arsenaal het.

“Sy is fun, maar terselfdertyd baie gevaarlik. Pam is nie eintlik ’n slegte mens nie, sy’s maar net iemand wat haar hele lewe lank gesukkel het. Sy moes baklei vir alles wat sy het en vir haar gaan dit daaroor om alles te doen wat sy kan om geld in die hande te kry.

“Ongelukkig is daar mense wat in die proses gaan seerkry. Maar dis iets wat maar gaan gebeur.” 

Wat kom maak Pam in Ruiterbosch?

“Pam kom Ruiterbosch toe vir geld, vir ’n paar drankies en om by die ryk mense te kom bly en so ’n bietjie op hulle te teer vir verniet kos en verniet drank. Sy hoop ook haar swaer het vir haar iets gelos om te erf.

“As dit nie die geval is nie, gaan sy dit by haar kind soek of by die hoogdrawende (in Pam se opinie) Bridgette Jacobs (Denise Newman). Pam is hier om te hustle.”

Pam October, Melanie du Bois, Suidooster
“Pam sal enigiets doen om te kry wat sy wil hê,” verklap Melanie du Bois oor haar Suidooster-karakter. Foto: Verskaf

Waarvan hou jy van Pam?

“Ek hou daarvan dat jy nie sommer net op Pam kan trap nie. Ek is soms daai mens wat ’n pushover kan wees. Ek is nie iemand wat oor iemand anders sal loop om te kry wat ek wil hê nie. Maar Pam? Sy is gedrewe. Sy sal enigiets doen om te kry wat sy wil hê. 

“Ek dink ons is soms bang om te doen wat ons moet doen om te kry wat ons wil hê. Maar hoekom? Hoekom is ons nie meer, ‘Dis wat ek wil hê en ek gaan dit kry’ nie? Veral ons as vroue is bang om aggressief te wees en te vat wat ons wil hê, veral ek. I want to be nice to people. 

“Dis nie ’n slegte ding nie, maar partykeer wens ek dat ek soos Pam kan wees. Gooi daai bangeit in die asblik en vat wat jy wil hê.

Wat was vir jou uitdagend van die rol?

“Pam October is ligmyle verwyderd van my gemaksone. Ek sou nooit gemaklik gevoel het in die klere wat sy dra nie. Maar ek moes in ’n baie ongemaklike sone geleef het, iets wat ek dink die karakter van Pam goed gepas het.

“As Pam moes ek gemaklik voorkom in die skimpy tops wat my arms gewys het . . . ek hou glad nie daarvan dat my arms of my maag wys nie. Maar dis hoe Pam is: so gemaak en so gelos.

“Ek moes vrede daarmee maak om net te wees en niks weg te steek nie. Dit is ek, en dis wat Pam October is. 

“Sy het hierdie rolle en sy is sexy daarmee. Sy maak dit vir haar werk. Sy is deksels sexy in al haar onvolkomenheid. Dis iets wat ek moes leer en steeds mee sukkel . . . Ek is hot, net soos wat ek is.

“Pam dink sy’s hot, sy weet sy’s sexy, sy weet sy’s pragtig – en sy span dit tot haar voordeel in.”

Hoe was dit vir jou om weer jou sepieskoene aan te trek?

“Ek was onfiks! Ek was seker sewe jaar gelede in die sepiewêreld en Suidooster is soveel anders as 7de Laan. So, so anders. Maar die mense daar is amazing. En hulle het my 100% ondersteun . . . Die akteurs, die span op die vloer, die personeel en diegene in die produksiekantoor.

“Mense dink dis maklik, maar die sepiewêreld is baie moeilik. Dis lang ure, daar’s baie druk op jou. Dit was moeilik om weer terug te kom daarin maar dit het net ’n kort rukkie geneem. Toe’s dit weer klaar. 

“Ja, dit was baie moeilik vir my, maar die mense was vol pret. Dit was baie lekker!”

Pam October, Melanie du Bois, Suidooster
Moet net nie vir ons sê dié twee gaan saam konkel nie!? Foto: Verskaf

Wat staan vir jou uit van Suidooster teenoor ander sepies?

“Daar is soveel diversiteit in Suidooster. Die storielyne handel oor die werklikheid. Pam is ’n regte mens wat sal kom van ’n klein ou dorpie. Sy’s daar, sy het swaargekry. Sy het onder moeilike omstandighede grootgeword en sy moes na haarself kyk.

“Alkohol was haar vakansie weg van die lewe af. Sy het nie nodig gehad om enigiets te voel nie. Ja, die stories wat Suidooster na ons bring, is die werklikheid. En die akteurs maak dit nog meer werklik.

“Jy sien goed waardeur mense werklik gaan. Ek dink die skrywers en die akteurs bring dit tot binne-in jou huis. Almal wat ek ken, kyk Suidooster en geniet dit juis omdat dit so na aan die werklike lewe is. ’Is lekker!”


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies