Menu terloops
In Sepies [16 Mar 2025]

Sepievoorskou: Nuwe gesigte bring nuwe drama in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’


Nuwe gesigte is altyd iets waarna ek uitsien, want nuwe bloed bring nuwe drama in sepieland en dís altyd iets om oor opgewonde te raak! Lees ons sepievoorskou vir meer oor die drama wat op kykers vandeesweek wag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Nuwe gesigte bring nuwe drama in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’

Hier is waarna jy hierdie week (17 tot 21 Maart) op Suidooster, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien. 

Diepe Waters 

Iets sê vir dat nuwe gesig Kelsey (Robyn Rossouw) sommer baie meer as net ’n mooi gesig met ’n hartseer storie gaan wees. Ja, sy is nou kamstig Zelda (Sandi Schultz) se grootste aanhanger wat van die Kaap af wou wegkom vir ’n nuwe begin, maar as julle eers hierdie week dáái look op haar gesig sien, sal dit julle ook twee keer laat dink. Hoekom begin ek dink sy is dalk Pam (Tracey-Lee Oliver) se long lost sister? Selfs Zelda erken dat iets in Kelsey haar aan haar eie ambisie laat dink. Wel… dalk is dit meer as net ambisie wat hulle in gemeen het. Pam het reeds onlangs ’n pa en twee boeties ontdek, so wat is nog ’n geheime sussie in ’n disfunksionele gesin soos dié lot?! 

Ongelukkig is Gys (Justin Strydom) glad nie gretig en vriendelik wanneer dit by Zelda kom nie. Sjoe, hy weet ook net wat om te sê om Zelda seer te maak. Selfs ek het gevoel hoe steek daardie woorde haar een vir een in die hart hierdie week. En selfs sy nuwe “vriendin” het nie gehelp om sy hart sagter te maak nie.

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Kan ek ook ’n gladde bek en can do attitude soos Frankie (Mienke Ehlers) aanleer? Daar is selfvertroue en dan is daar Ruitebosch se nuwe inwoner, Frankie! Kyk, as jy selfs vir Bridgette (Denise Newman) meer as een keer kan flous dan is jy flippen goed. Ek het darem lekker gelag vir Frankie se sports hierdie week en al maak sy nou nie altyd die slimste planne nie, weet ek dat ek sommer baie van hierdie karakter gaan hou. Ek wil ook so bakgat soos Frankie wees wat vir niks skrik nie, silver service of te not. Ná hierdie week kry sy ’n 10/10 van my af vir kreatiwiteit en 10/10 vir mense suksesvol flous. Kykers wil nie hierdie week uit mis op Frankie in aksie nie. Ten minste flous sy mense beter as Carlo (Jadon Booysen) wat net een fout weg is van groot moeilikheid hierdie week. Hy beter mooi trap.  

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Skemergrond 

Ruan (Dann-Jaques Mouton) is hierdie week Gemoedsdrift se held, maar vir hoe lank? Ruan voel ongemaklik oor die gerugte rondom Beeno (Duncan Johnson). Hoewel ek nou nie ’n speurder is nie, het ek presies dieselfde gevoel in my maag. Een ding van Ruan, hy luister gewoonlik na daai stemmetjie en ek hoop dat hy dieselfde hierdie keer gaan doen. Ek het net so groot soos Gloria Meyer (Hunter Plaatjies) geskrik toe Ruan by haar huis opdaag. Ek was oortuig dat hy haar doodsertifikaat geteken het met daai move, maar dit lyk asof Warren (Dustin Beck) nie heeltemal klaar is met Gloria nie. Noudat Warren bloed geproe het, soek hy nog en daar is een spesifieke familie wat hy in sy visier het. Dit gaan weer koeëls reën op Everlasting as hulle nie oor hul skouers loer nie. En nee, hierdie keer is dit nie die Louws nie! 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Augustus 2026

Mike maak (weer) droog, Kaashifa vind iets skokkend uit en die Samsodiens sien rooi... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Augustus kan uitsien.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer
Sien alle opsies