Menu terloops
In Sepies [10 Mar 2024]

Sepievoorskou: Koeël deur die kerk vir Danni en Siya, en dis tyd vir Tracy om vir Tertius én Conrad die deur te wys


Hierdie week wil ons ook sien wat van Tim gaan word in ‘Suidooster’ en hoe Binneland se stereo op Delia se nuutste voetfout gaan reageer. Lees ons sepievoorskou van wat jy hierdie week (11 tot 15 Maart 2024) op ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ kan sien uitspeel. 

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Koeël deur die kerk vir Danni en Siya, en dis tyd vir Tracy om vir Tertius én Conrad die deur te wys

Delia (Odelle de Wet) het toe darem hierdie keer tronk vrygespring, maar sy beter nie te vinnig ontspan nie, want ’n mens maak nie net vyande in die tronk nie. Sy werk weer op ’n hele paar mense se senuwees hierdie week. En sy is nie die enigste een nie! Ek het mos gesê Tim (Marco Spaumer) het koppies vir ore en nou moet dié wat nie wil hoor nie maar voel. So is die koeël ook nou finaal deur die kerk vir Danni (Vashti Prins) en Siya (Gantane Kusch). Dié egskeiding gaan nou seker weer ’n ongemaklike en onsmaaklike besigheid wees. 

Ek wens soms dat daar net ’n vervelige week in sepieland sal wees. ’n Week waarin niemand mekaar in die rug probeer steek nie, niemand probeer weghardloop nie, niemand cheat nie, en niemand veroorsaak drama nie. Maar ons skrywers is aan die brand en hul storielyne hou ons vasgenael voor die TV. Ek weet almal wil net so graag soos ek weet hoe dié hele romantiese entanglement tussen die twee T’s en Binneland-kliniek se groot C gaan eindig. Sal Tertius (Reynard Hugo) en Tracy (Melinda Viljoen) ’n gelukkige huwelik en lewe saam met klein Leah kan hê? Of gaan Conrad (Hykie Berg) vir Tracy terugwen? Dalk besluit Tracy selfs dat girl power beter as mans en hul baggage en egos is en wys vir albei die deur. 

Suidooster

Alle sepiekykers weet teen dié tyd dat elke hond sy dag kry. En só ook almal wat al by JPD gewerk het. Jou beurt is jou beurt, maar hierdie week lyk dit asof almal by JPD ’n kans kry om op die rooi tapyt van oortredings te staan. Sommige dae is jy die slagoffer en ander dae is jy die oortreder. Maar Tim is mos ekstra en wil beide rolle speel terselfdertyd speel. 

Vonke spat hierdie week in die October huishouding, maar daar is ’n cherry op die koek van verraad en verassings… Glo my: niemand gaan hierdie een sien kom nie. 

Tussen Danni en Siya, Wade (Dean Smith) en Angie (Char Carrie), en Lee-Ann (Portia Joel) en Ty (Maurice Paige) weet ek nie watter paartjie die swaarste trek nie. Leuens, verraad en frustrasie jaag spoke in Ruiterbosch op. Verhoudings is oor die algemeen nie kinderspeletjies of pieknieks nie, maar dit is veral nie die geval as jy in hierdie woonbuurt bly nie. 

Meeste van die tyd het Nazeem (Irvine van der Merwe) net ’n lekker klap nodig en ek wens so Mymoena (Jill Levenberg) wil hom een gee. Maar as dit gaan gebeur sal ons seker maar moet wag tot ná die pwasa. Dié man is weer rof en onbeskof hierdie week, maar hy word vinnig in sy plek gesit. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Binnelanders 

Leah is al meer as ’n week laat en Tracy bereik haar breekpunt. So kan dit mos nou nie aangaan nie! But boys will be boys… En ongelukkig lyk dit asof Conrad en Tertius se egos meer vir hulle beteken as Tracy en Leah se welstand. 

Ons almal weet Annetjie (Lorraine Burger) is van nature ’n bietjie awkward. Maar dat die vrou nou letterlik verlede week rooi in die gesig gegaan het van dodgy gesigroom om haar mooi te maak vir Binneland se eie McDreamy, was nogal ironies. Gelukkig kry Annetjie ’n bietjie redemption hierdie week en dit is baie meer as wat ek van Delia en Liam (David Viviers) kan sê. Hulle beter gereed wees, want met Bonnie (Antoinette Modise) op hul spoor gaan die tonge klap. En soos Bonnie sou sê, “Ek sê maar net!” 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies