Menu terloops
In Sepies [18 Aug 2024]

Sepievoorskou: Het Mymoena te ver gegaan in ‘Suidooster’?, groot skok in ‘Diepe Waters’


Familieskandes steek weer kop uit in ‘Diepe Waters’, terwyl vertroue in ‘Suidooster’ geminag word, liefde in ‘Skemergrond’ blom en verhoudings op breekpunt in ‘Binnelanders’ is.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Het Mymoena te ver gegaan in ‘Suidooster’?, groot skok in ‘Diepe Waters’

Hier is waarna kykers hierdie week (19 tot 23 Augustus) op Suidooster, Binnelanders, Diepe Waters en Skemergrond kan uitsien. 

Suidooster

Angie (Char Carrie) voel nog nie heeltemal gemaklik met die idee dat Zoë (Lauren Joseph) en Wade (Dean Smith) so baie tyd saam deurbring nie en al probeer Wade vir haar oortuig dat dit alles net besigheid is, moet ’n meisie altyd haar gut volg. En dan gebeur iets wat #Wangie se verhouding gaan maak of breek. Hoe gaan Wade dit hanteer? 

Intussen vreet die skuldgevoelens vir Nazeem (Irvine van der Merwe) op. Hy gaan ’n haas uit ’n hoed moet pluk om sy familie bymekaar te hou. Mymoena (Jill Levenberg) het dié keer te ver gegaan en doen iets wat volgens Bianca (Simone Biscombe) en Rhafiek (Irshaad Ally) onvergeeflik is. Dit het selfs my mond laat oophang, want behalwe dat dit Moena is, kan ek nie glo dat mense sulke goed kan doen vir dobbelgeld nie. 

Maar Mymoena se probleme lyk klein in vergelyking met Aiden (Theodore Jantjies) se liefde en sake-struggles. Die man se lewe is besig om ineen te stort, maar hy sien nie die gevaartekens raak nie. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Diepe Waters

Sanet (Nadia Valvekens) meng weer in, maar hierdie keer is dit ten minste vir ’n goeie doel. Ongelukkig gaan haar aksies dalk vir Anja (Reandi Grey) eers seer maak voordat dit vir haar geluk bring. Maar Rossouw (Altus Theart) het sy eie planne wat hul toekoms gaan verander. 

Soos Nina (Reze-Tiana Wessels) hierdie week sal uitvind, is verandering nie altyd ’n goeie ding nie. Dit lyk my daar is nie genoeg plek in haar verhouding vir haar en Bullet Buti se fame nie. Maar gaan liefde genoeg wees om haar en Tshepo (Johnny Potsanyane) se verhouding te red?  

Charity (Dané de Waal) weet al te goed dat liefde nie genoeg is om ’n verhouding te red nie, want Felicity (Heidi Mollentze) daal tot ander vlakke van verraad hierdie week. Charity het nou meer as net ’n ma om te verloor. 

Maar dalk is liefde genoeg vir Gys (Justin Strydom) en Zelda (Sandi Schultz) wat hulself in ’n helse penarie bevind. Daardie angs mag dalk hul verhouding handomkeer verander. Trust me, it’s going to be explosive!

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Skemergrond

Lily (Hildegardt Whites) wil weer die pad vat, want sy weier om die verlede te openbaar, maar wil ook nie sien hoe almal anders se lewens sonder haar aangaan nie. 

Amber (Talia Davis) voel skoenlappers in haar maag, maar haar aksies het my heeltemal onkant gevang. Sy mag dalk onskuldig lyk, maar ná hierdie week sal kykers agterkom dat ons haar heel verkeerd opgesom het. 

Gloria (Hunter Plaatjies) sien uiteindelik die lig en Fabian (Marunzo Thomas) is geskok; hy het nie verwag dat Kevin (Gershwin Mias) vir hom gaan ore aansit nie. 

Skemergrond saai weeksdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uit. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Binnelanders

LJ (Julian Robinson) lyk asof hy ’n nuwe bladsy danksy Thalia (Megan Troskie) omgeslaan het. En ek is glad nie so gekant daarteen soos wat ek gedink het ek gaan wees nie. Hy is nogal glad nie so sleg nie en sy toneelspel raak al hoe lekkerder om te kyk. 

Gabby (Maude Sandham) wil my weer my hare laat uittrek. Teen dié tyd weet almal dat as Gabby daar is, moeilikheid nie ver agter is nie. Maar Rian (Erik Holm) se optrede het my verras – dít het ek nie van hom verwag nie. 

Delia (Odelle de Wet) is in die moeilikheid, maar dit kom hierdie keer gelukkig met ’n silwer randjie…

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies