Menu terloops
In Lysie-lysie [15 Aug 2024]

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk


Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Van hoërskooldramas tot bemagtigende komedies, hierdie 12 klassieke chick flicks en reekse is perfek om Vrouemaand te vier. So, kry jou gunstelinge gereed, sit terug, en geniet ’n binge-waardige viering van vroue-vriendskap, bemagtiging en pret saam met jou eie girl gang!

1

Sex and the City (1998-2004)

CHICK FLICKS, SARAH JESSICA PARKER, SEX AND THE CITY
’n Jong Sarah Jessica Parker in die eerste seisoen van Sex and the City. Foto: Skermgreep

Beskikbaar op: Showmax

Hoekom jy moet kyk: Hierdie baanbrekende reeks volg die lewens van vier vroue wat liefde, vriendskap en loopbane in New York navigeer. Carrie, Samantha, Charlotte, en Miranda se avonture is vandag net so relevant soos toe die reeks die eerste keer uitgesaai is. Perfek vir ’n girl’s night in!

2

Charlie’s Angels (2000)

Beskikbaar op: DStv Stream

Hoekom jy moet kyk: Vir ’n aksiebelaaide dosis girl power is Charlie’s Angels ’n moet-kyk. Volg dié trio privaatspeurders, gespeel deur Cameron Diaz, Drew Barrymore, en Lucy Liu, terwyl hulle skurke aanpak met styl, humor en aksietonele wat selfs vir Tom Cruise of James Bond uitdaag.

3

Mean Girls (2004)

Beskikbaar op: Netflix

Hoekom jy moet kyk: Hierdie tienerkomedie is ’n popkultuur-artifak! Bekend vir sy skerp dialoog en onvergeetlike karakters, volg die fliek die lewe van Cady Heron terwyl sy die verraderlike sosiale hiërargieë van hoërskool navigeer. En moenie vergeet van die skerp humor en ikoniese dialoog nie. 

4

Gilmore Girls (2000-2007)

The Gilmore Girls Redakteurskeuse, CHICK FLICKS
Lauren Graham as Lorelai en Alexis Bledel as Rory in The Gilmore Girls. Foto: Verskaf

Beskikbaar op: Netflix

Hoekom jy moet kyk: Hierdie hartverwarmende reeks draai om die ma-dogter-verhouding tussen Lorelai en Rory Gilmore. Met sy skerp dialoog, kleurvolle karakters, en hartroerende oomblikke, is Gilmore Girls die perfekte troos-reeks.

5

Gossip Girl (2007-2012)

Beskikbaar op: Netflix

Hoekom jy moet kyk: Verlekker jou in die skandalige lewens van Manhattan se elite met Gossip Girl. Dié reeks is vol drama, mode, en komplekse vriendskappe, wat dit ’n verslawende reeks maak. Kry jou vriendinne, en kyk lekker saam, XOXO, Gossip Girl.

6

Clueless (1995)

Beskikbaar op: Netflix

Hoekom jy moet kyk: Hierdie 90s classic is ’n moet-kyk vir sy ikoniese mode, onvergeetlike one-liners, en die bekoorlike avonture van Cher Horowitz terwyl sy hoërskool en matchmaking baasraak. Clueless bly ’n cultural staple, wat ’n generasie gedefinieer het.

7

13 Going on 30 (2004)

Beskikbaar op: Netflix

Hoekom jy moet kyk: Hierdie feel good-romantiese komedie met Jennifer Garner gaan oor ’n tweede kans om jou jeug te herleef met die wysheid van volwassenheid. Dit is ’n goeie reminder om getrou aan jouself te bly. Dit herinner ook om oomblikke wat saak maak, te koester.

8

Crossroads (2002)

Beskikbaar op: Netflix

Hoekom jy moet kyk:: Met Britney Spears in die hoofrol, gaan hierdie fliek oor vriendskap, drome, en selfontdekking. Crossroads is ’n nostalgiese reis terug na die vroeë 2000’s, met ’n klankbaan wat saamsing vereis.

9

The Golden Girls (1985-1992)

Beskikbaar op: Disney+

Hoekom jy moet kyk: Hierdie geliefde sitkom oor vier ouer vroue wat saam in Miami woon, is tydloos, snaaks en hartverwarmend. Met skerp humor en ikoniese karakters, is The Golden Girls perfek vir binge en sal beslis vir jou in ’n goeie bui los. Mens sal glad skrik vir 40 toe en 40 nou! 

10

Romy and Michele’s High School Reunion (1997)

Beskikbaar op: Disney+

Hoekom jy moet kyk: Hierdie komedie gaan oor twee beste vriendinne wat voel asof hulle misluk het. Hulle bedink ’n leuen oor hul lewens ná hoërskool en van daar af is dit net pret. Dit is ’n skreeusnaakse en aangrypende verhaal oor vriendskap, selfwaarde, en om getrou aan jouself te wees.

11

The Devil Wears Prada (2006)

Beskikbaar op: Disney+

Hoekom jy moet kyk: Stap in die hoë stilleto-wêreld van mode met hierdie skerp en geestige film. Anne Hathaway en Meryl Streep lewer onvergeetlike vertonings in ’n verhaal oor ambisie, veerkragtigheid en die prys van sukses. Dit is ’n stylvolle herinnering dat ons ons waarde as vroue nooit moet onderskat nie.

12

The Hot Chick (2002)

Beskikbaar op: Disney+

Hoekom jy moet kyk: Hierdie body swapping-komedie met Rob Schneider en Rachel McAdams is ’n skreeusnaakse blik op die tienerlewe en die belangrikheid van empatie en selfontdekking. Dit is ’n ligte, vrolike kykervaring wat jou lekker sal laat lag.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies