Menu terloops
In Sepies [25 Feb 2024]

Sepievoorskou: Danni bereik breekpunt in ‘Suidooster’, Gys het ’n chill-pil nodig in ‘Diepe Waters’


Praat van ’n rowwe Februarie, ek het gedink ek het dit tough, maar in sepieland gaan dit gerook. Lees ons sepievoorskou om meer oor hierdie week (26 Februarie tot 1 Maart) se grootste storielyne op ‘Suidooster’, ‘Binnelanders’ en ‘Diepe Waters’.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Danni bereik breekpunt in ‘Suidooster’, Gys het ’n chill-pil nodig in ‘Diepe Waters’

Ek het mos verlede week gesê Nazeem (Irvine van der Merwe) sal nie hierdie keer spyt wees dat Zoë (Lauren Joseph) weer haar neus in sy sake druk nie. Hierdie Suidoosterbusybody en skinderbek verstaan nie regtig die konsep van stay in your lane nie, maar as dit vir my uit die tronk gaan hou, dan sou ek haar ook maar haar ding laat doen. Toe sy daai belangrike stukkie bewyse kry, het ek soos Bridgette (Denise Newman) nie geweet hoe om te voel nie. Ek is ook nie Nazeem se grootste aanhanger nie, maar shame, ’n onskuldige man kan ook nou nie tronk toe nie. Ekse kan psycho wees, maar ek hoop Nazeem het sommer ekstra dua gemaak om blessings vir Zoë te kry.

Maar hy is seker nie so baie op sy knieë soos arme pastoor Siya (Gantane Kusch) wat nou alles nodig het om sy huwelik te red nie. Toe Danni (Vashti Prins) die bom laat bars dat sy geld by Nazeem gaan leen het, het ek daai mes in Siya se rug voel steek. Maar gelukkig vir haar is Siya ’n man van die Here, want ek sou baie meer uitge-freak het as hy. 

Daar is nog SO baie drama wat hierdie week op kykers wag.

Suidooster

As Zoë die helfte so baie moeite en energie in haar huwelik sou sit soos in haar ondersoek om Nazeem uit die tronk te hou,, sou haar man nie nou so depressief gewees het nie. Sy kan nie eens vir haar auntie kry om te commit tot een freaking trip oorsee vir haar man sy loopbaan nie. Praat van ’n teleurstelling. As Tim (Marco Spaumer) hierdie keer iets shady aanvang, gaan ek hom nie eens kwalik neem nie. 

Wade (Dean Smith) sit sy voet neer wanneer dit by Angie (Char Carrie) en haar fan club kom. ’n Man is mos ook geregtig op sy me-time

Danni (Vashti Prins) bereik haar breekpunt en dit is glad nie wat Siya – of ek – verwag het nie. 

Mymoena (Jill Levenberg) sukkel soos enige ma om te besluit of sy iets vir haarself of haar kinders wil doen. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Diepe Waters

Ek het geweet Rossouw (Altus Theart) en Anja (Reandi Grey) gaan weer by mekaar uitkom, maar hy kon mos eerder net ’n mooi date night beplan het of ’n liedjie geskryf he. Dit sou baie minder dramaties gewees het as sy near death-ontvoering wat verlede week uitgespeel het. Maar tog was dit great televisie. Ongelukkig los verlede week sy sprokiesreünie vir Sanet met nog meer eier op haar gesig. Sy maak dus hierdie week haar eie planne om haar lewe weer op koers te bring. 

Sy is nie die enigste een nie. Dinge by die kompetisie in Doha neem ’n snaakse draai vir Charity (Dané de Waal). Boonop daag iemand uit haar verlede op, wat die hele waentjie van haar lewe omslaan, soos ’n awkward trolly-botsing wanneer jy op jou foon shop en nie besef wat rondom jou omgaan nie.  

Gys (Justin Strydom) moet nou regtig ’n chill pill begin vat, maar soos gewoonlik het hy geen genade met sy kinders nie. Nie eens met Rossouw wat by die dood omgedraai het nie. 

’n Skielike afskeid bring gemengde gevoelens vir meer as een familie. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders 

Net toe kykers dink dat Conrad (Hykie Berg) nie ’n gewete het nie, haal hy nog ’n haas uit sy hoed. Tracy (Melinda Viljoen) is moeg, maar sy weier om haar dogtertjie in ’n oorlogsone groot te maak. Intussen lyk dit asof Naomi (Je-ani Swiegelaar) en Louis (Germandt Geldenhuys) dalk die wit vlag gaan waai.

Nicolette (Kate Roothman) mag dalk onseker wees oor haar toekoms, maar vir Annetjie lyk die toekoms flippen bright. Ongelukkig is sy nie altyd ’n bright spark nie en kry sy dikwels haar signals verkeerd (veral in die liefdesdepartment…) Hierdie keer lyk dit asof Henry (Fancios Lensley) haar nuutste slagoffer is. 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies