Menu terloops
In Sepies [26 Nov 2023]

Sepievoorskou: Bomme bars dié week in ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’


Hou vas aan jou stoel! Daar is aardskuddende drama op pad en niemand sal hierdie kinkels sien kom nie. Hier is waarna jy hierdie week (27 November tot 1 Desember 2023) op ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Bomme bars dié week in ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’

Dié jaar staan dalk einde se kant toe, maar in sepieland raak dinge net warmer. Daar kom groot ontploffings in ons sepies hierdie week en ons sepievoorskou gee vir jou die inside scoop oor die grootste storielyne. 

Diepe Waters

As die dooies jou begin help om besluite te maak, dan weet jy dit kan net moeilikheid beteken! Jacques (Werner Coetser) het vir ’n teken gewag en of Meghan (Lea Vivier) nou regtig die teken gestuur het of nie, kan ek nie antwoord nie… Maar Jacques het gesien wat hy wou sien en nou kan hy nie sy woorde terugvat nie. 

Johan (Liam Bosman) het met verwarring en ’n mond vol tande voor Jacques gestaan toe hy die waarheid oor sy pa uitvind. Johan se wêreld is geruk. Nou gaan almal in die familie moet pa staan vir hul bydra tot hierdie lewensveranderende geheim.  

Ongelukkig is Johan ook nie die enigste een wat geraak word nie. Meer as een verhouding is besig om uitmekaar te val danksy hierdie onthulling. Die Swarts-familie se reputasie is al erg beskadig hierdie jaar, maar ek wil graag ’n vlieg teen die muur van Lettie (Stephanie Baartman) se kafee wees as die gemeente se tonge oor dié skandaal begin klap. Veral omdat boetie en sussie eintlik niggie en neef is… 

Sanet (Nadia Valvekens) is uit vir bloed en sy soek Gys (Justin Strydom) se bloed eerste. Jy mors nie met ’n leeuwyfie en haar welpies nie! Gelukkig het Sanet darem iemand wat haar kan troos. 

Lettie en Henry (Stiaan Bruwer) sukkel om aan te pas met Lettie se busybody ma nou amptelik ’n lid van hul gemeente. Ek dink hulle het hul gebed-kwota vir die jaar al opgebruik. Maar met ’n vrou soos Valencia (Vinette Ebrahim), moet jy maar hare op jou tande hê, want gebed gaan nie vir alles help nie. 

Pam (Tracey-Lee Olivier) se gebede word wél gehoor en sy ervaar ’n wonderwerk van haar eie. 

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster 

Duiwels van ’n ander soort dreig om die Daniels-familie uitmekaar te skeur. Ongelukkig vir Lee-Ann (Portia Joel) kan sy nie regtig simpatie verwag nie. Soos jy jou bed maak, só sal jy immers gaan slaap. Maar haar bed was mos nou maar in elk geval nie gemaak nie en ons weet nou almal sy het ook nie gaan slaap nie… So Lee-Ann is op haar eie met hierdie een!

Intussen bevind Veroné (Zandélle Meyer) haarself in ’n geveg met dit wat haar hart wil hê en dit wat sy weet die regte besluit is. Almal is onkant gevang deur Veroné 2.0, maar Justin (Eden Classens) lewe soos gewoonlik op sy eie planeet. Kom ons hoop maar vir Veroné se onthalwe dat hy haar meer lief het as die gym.

Gary (Craig Adriaanse) se rug is teen die muur. Hy word gedwing om iets te doen wat sy hele toekoms kan benadeel. Hy sal moet besluit of hy sy broer gaan teleurstel en vertrou, en of hy sy eie battle teen Nazeem (Irvine van der Merwe) gaan veg. Maar Gary het al soveel foute in die verlede gemaak dat niks hiervan ’n maklike besluit gaan wees nie. Aiden (Theodore Jantjies) en Gary kom uiteindelik oor die weg, so dit kan moontlik ook die verhouding en vertroue wat hulle opgebou het weer afbreek. 

Rhafiek (Irshaad Ally) maak ’n groot sakebesluit ná die berg-trauma. Sy familie en geliefdes is almal bekommerd dat hy emosioneel optree, maar Rhafiek is oortuig dat dit die regte besluit vir hom is. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies