Menu terloops
In Recaps & Resensies [20 Apr 2022]

‘Russian Doll’: Krugerrande en Sharlto Copley gee tweede seisoen plaaslike trefkrag


‘Russian Doll’ is terug met ’n nuwe seisoen en ’n nuwe tipe tydsiklus. Die eerste reeks het bykans kultusstatus bereik met kykertalle wat dit ’n wegholsukses gemaak het.

Deur André-Pierre du Plessis
‘Russian Doll’: Krugerrande en Sharlto Copley gee tweede seisoen plaaslike trefkrag
Kyk lokprent

Dis waarskynlik nie die beste tyd om ’n televisieprogram te bemark wat enige verwysing na Rusland het nie. Maar Russian Doll is so ver van enige moontlike politieke kommentaar dat dit waarskynlik nét die ding is vir diegene wat van die huidige politieke klimaat probeer ontsnap.

Begin by die begin

Russian Doll is terug met ’n nuwe tipe tydsiklus wat jou sal verwar én vermaak. Die eerste reeks het bykans kultusstatus bereik met vyf Emmy-benoemings (waarvan die reeks drie gewen het), en kykertalle wat Russian Doll een van 2019 se grootste wegholsuksesse gemaak het.

Die Netflix-reeks handel oor ’n enkele dag in New York deur die oë van ’n game developer Nadia Vulvokov (vertolk deur Natasha Lyonne). Vir die een of ander rede kom haar dag net nooit nie tot ’n einde nie. Nadia bevind haarself in ’n hedendaagse Groundhog Day waarin sy herhaaldelik by ’n partytjie vermoor word. Die gevolge is sowel komies as geweldig traumaties.

Natasha Lyonne as Nadia Vulvokov in Russian Doll.
Natasha Lyonne as Nadia Vulvokov in die eerste episode van Russian Doll S2. Foto: Netflix

In die tweede seisoen moet Nadia se beste vriend, Alan Zaveri (Charlie Barnett), weer bontstaan om te help as sy haarself in ’n nuwe soort time loop bevind. Dié keer het Nadia (en Alan) ’n bietjie meer beheer oor waarheen hulle op pad is. Ook oor hoe hulle hulself uit ’n tydmoles kan kry. Dít maak egter die hele premis ongedaan. Sy klim basies op ’n trein by die Astor Place subway stop en siedaar sy is in die 80’s. Waar sy in die eerste reeks geen beheer gehad het oor wanneer sy kon “huis toe” gaan nie, klim sy die keer net op die donnerse trein en dan is sy terug in 2022. Wat is die punt daarvan?!

As jy nog nie die eerste seisoen gekyk het nie, sou ek sê dis die moeite werd om dít eers deur te draf en dan die nuwe seisoen aan te pak. Tog, hoewel meeste van die karakters weer verskyn, verskil die twee seisoene hemelsbreed.

’n Skoot of twee Suid-Afrikaans in Russian Doll S2

Russian Doll S2
Sharlto Copley as Chezare, Natasha Lyonne as Nadia Vulvokov in Russian Doll. Foto: Vanessa Clifton/Netflix

Die grootste verrassing wat die rolverdeling betref, is ’n ou bekende wat in dié uittog ’n hoofrol vertolk. 

Sharlto Copley (beter bekend as Wikus van der Merwe in District 9) is Nadia se onverwagse liefdesbelangstelling. Sy karakter se naam is Chezare, ’n naam wat ’n duistere geheim wegsteek. As die tweede reeks se antagonis, praat Copley ongelukkig nie Engels met ’n Afrikaanse aksent in dié rol nie. Hy kom eerder oor as ’n tipiese flankerende Amerikaner teen die agtergrond van die 1980’s. Daar’s net iets omtrent sy houding en voorkoms wat jou oortuig dat jy smack bang in die middel van die 80’s is. I mean, just look at the guy.

Naas Copley is daar nog ’n Suid-Afrikaanse verwysing wat ’n sentrale rol in Russian Doll speel: Krugerrande. Dié waardevolle munte word weggesteek, gesteel, en is, natuurlik mos, ook die sleutel tot hoe Nadia haarself uit dié seisoen se krisis moet kry.

Annie Murphy (van Schitts Creek-faam) en Carolyn Michelle Smith (House of Cards) is ook nuwe toevoegings tot die rolverdeling.

Om te boei of nie te boei?

Daar is ongelukkig geweldig baie spoilers wat Netflix ons verhoed om hier te deel, maar meeste sal reeds in die eerste episode begin ontvou.

Die groter vraag is egter of ’n enkele episode jou genoeg sal boei om aan te hou kyk.

Amy Poehler (Parks and Recreation) is weereens uitvoerende vervaardiger saam met Lyonne. Op haar beurt maak Lyonne dit reeds in die eerste episode duidelik sy’s nie veel lus vir enige samehorige dialoog nie.

Sy vloek meer en rook minder maar as jy ’n aanhanger van haar ná die eerste seisoen was behoort haar woeste rooi hare en diep stem genoeg te wees om jou te oortuig om te sien waarheen haar storie dié keer lei.

Kyk Russian Doll S2 vanaf 20 April op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies