Menu terloops

Rosemary’s Hitlist

Op Showmax [Gepubliseer op 14 Jun 2023]


‘Rosemary’s Hitlist’ is Showmax se nuutste ware misdaad-dokkiereeks. Dit vertel die haas absurde verhaal van ’n oudpolisielid wat ’n reeksmoordenaar geword het.

Kyk nou

Rosemary’s Hitlist
Kyk lokprent

Rosemary’s Hitlist is ’n nuwe Showmax ware misdaad-dokkiereeks oor die reeksmoordenaar Nomia Rosemary Ndlovu. 

Dié oudpolisielid het tussen 2012 en 2018 sluipmoorde op haar kêrel en vyf van haar familielede (onder andere haar suster) laat uitvoer om die voordele van hul lewenspolisse te bekom. Rosemary is uiteindelik in 2021 skuldig bevind en lewenslange tronkstraf vir elk van die moorde opgelê. 

Die vierdelige dokkiereeks is deur IdeaCandy vervaardig – dieselfde span wat vir Devilsdorp en die meer onlangse Stella Murders verantwoordelik was. 

Soos met Devilsdorp, word daar onder andere met familielede, die staatsaanklaer, misdaadkenners, die ondersoekbeampte en Rosemary se voormalige stasiebevelvoerder onderhoude gevoer. ’n Bisarre kinkel is dat sy nou ook daarvan beskuldig word dat sy – vanuit die tronk – gepoog het om dié bevelvorder en ondersoekbeampte te laat vermoor.


Rosemary’s Hitlist is vanaf Woensdag, 14 Junie 2023, op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies